{ARGIEF}

Die geestelike bediening van plaaswerkers lê die vroue van Richmond na aan die hart. Jesus se dissipels was mense wat

OORGEE, OMGEE EN AANGEE

in kort die belangrikste opdragte in die Woord: liefde tot God, liefde tot my naaste en die sendingopdrag.
Kerk GordonsbaaiOns as gelowige vroue gee om. Omgee is om liefde ‘n werkwoord te maak: gee om vir mekaar, mense in fisiese en emosionele nood. En om ander te help om te kan oorgee, omgee en aangee.
Maar die vraag bly, waar en hoe begin ons? Teen hierdie agtergrond het die vroudienskomitee olv Annatjie Reynolds besluit om ons onlangse byeenkoms (21 Mei) hier rondom te bou. Die plaas Boomanulla in ons omgewing is ‘n baken. Hier het die prentjie handomkeer verander. David het enkele jare gelede begin om die Amos boekies wat die evangelie met treffende eenvoud oordra, met sy mense deur te werk.
Die mense van Boomaulla het toe vir ons kom vertel. Soos die verhale ontvou, kom die sekere wete die Gans Andere is aan die werk. David sê Angus het hom wakkergeskud en in sy ywer het hy “foute” gemaak. Maar die groot Skepper sorg en die bybelstudies, die saambid en praat het hul verhouding met mekaar aangeraak. Toe hy sy pa verloor, het sy werkers hom gedra. Ander vertel van die lewe vóór en na alkholmisbruik en alles wat daarmee saamgaan – die wat weet en hulle lank ken, knik instemmend. Die elektriese skok-dood van ‘n plaaskind, beste speelmaat van Louis, David se seun, het almal geruk. Ook die ma wat haar kind verloor het, getuig “as die nie vir die Here was nie…”
“As dit nie vir die Here was nie…het die geestelike nood van plaaswerkers nie die hart geraak van’n merkwaardige gelowige vrou nie. Seppie Oosthuizen is reeds oorlede, maar haar nagedagtenis is ‘n getuienis vir die Amos bediening. Op haar plaas het sy klaskamers ingerig om Amos kursusse aan te bied. Haar dogter, ook Seppie (Peyper) het vir ons vertel van haar ma se besondere geloof, omgee en toewyding om die Woord aan plaaswerkers oor te dra en hulle op te lei om ook die Woord “aan te gee”. Maar die humor het ook nie uitgebly nie. Soos toe hulle by Gafoor se winkel verbyry en haar ma sê sy wil graag sien hoe lyk die winkel. In die winkel koop jy soos in toeka se tyd – toonbank voor, ware agter en jy moet maar vra wat jy wil hê. Die ingang na die drankwinkel is ook daar. Dis toe net dáár wat haar pad kruis met ‘n Amos-leerling. Dié is net daar kortgevat en Seppie sê sy dink hy sit tot vandag toe nie sy mond aan drank nie.
“Ek kon nie lees of skryf nie, sy het my eers geleer,” is die pragtige getuienis van die man wat ten volle opgelei is in die Amos bediening en vandag groot werk onder plaaswerkers doen.
Van ons plaasvroue het begin om die Amos kursus saam met hul huishulpe deur te werk.
*Ons Vrouedag op 9 April kan kortom beskryf word as verrykend. Ds René Potgieter van Beaufort-Wes het met ons gesels oor diensbaarheid teen die agtergrond van Ester (Hadassa). Vroue het later die kans gekry om ‘n hoender te ontbeen. Die dag is op vrolike karaoke noot afgesluit.
*Rooi polkadot tafeldoeke, kerse, kaasborde, hoenderhappies en koffie met hartjie koekies het gehelp om die atmosfeer te skep vir die jaarlikse Valentynskonsert in Februarie . Pluimpie in die hoed vir Louisa en Mike, begelei deur Ronel, wat met hul sangtalent reg laat geskied het aan pragtige liefdesliedere.