{ARGIEF}

geletterheidHilde Liebenberg van Bonnievale het ‘n geletterdheidspakket saamgestel wat bestaan uit lesse wat spesifiek gebruik kan word om volwassenes wat nie op skool was nie, binne ‘n jaar te leer lees en skryf. Die pakket is verbruikersvriendelik –  elke les is woord vir woord, stap vir stap uitgewerk en bevat al die hulpmiddels en aktiwiteite mbt die les, asook ‘n boek met 26 Bybelverhale. Hierdie Bybelboek gee ‘n goue draad deur die Ou en Nuwe Testament en eindig by die verlossing in Jesus Christus. Ons het die pakket saamgebind en verkoop dit. Dit mag egter nie herverkoop word nie. Die beskikbaarstelling van so ‘n pakket in julle gemeenskap is net so ‘n groot bydrae tot geletterdheid as die aanbieding van lesse. Kontak die Kantoor vir Vrouelidmate vir meer inligting – Esther Blackaller 021 808 9060 / estherb@sun.ac.za