{ARGIEF}

Die sinodale kommissie skep jaarliks vir verteenwoordigers uit alle ringe ‘n vergader geleentheid om te kyk na tendense en behoeftes. Dit help gemeentelike vrouebedieninge om die groter prentjie van die kerkverband waarbinne hulle funksioneer, raak te sien.  Die sinodale kommissie is ‘n vennoot van elke gemeentelike vrouebediening om optimaal te funksioneer.

Die sinodale kommissie se dienste is beskikbaar vir alle gemeentes. Gemeentelike vrouebedieninge se outonomiteit word erken en gerespekteer.

In die Wes- en Suid-Kaap is die sinodale kommissie vir vrouelidmate  se fokus  om gemeentes en vrouebedieninge te inspireer, te ondersteun en te begelei in hulle unieke bediening aan vrouelidmate.

Dit word gedoen deur die verskaffing van inligting tov kerklike werksaamhede waarby vroue belang het, die identifisering van behoeftes wat as projekte gebruik kan word, die ontwikkeling en beskikbaarstelling van hulpmiddels wat deur vrouebedieninge gebruik kan word, bv vir geestelike toerusting, riglyne vir vrouebedieninge, ens; die skep van ‘n netwerk vir gemeentes om met mekaar te deel en by mekaar te leer en die gee van leiding op versoek van gemeentes.  Vrouekampe en leierskapstoerusting word op beperkte skaal aangebied as geleethede vir vroue van kleiner gemeentes vir wie dit nie koste-effektief is om dit self aan te bied nie.  Dit vervang nie die gemeentelike inisiatief nie. Die kantoor vir vrouelidmate  gee uitvoering aan die werksaamhede van die Kommissie vir Vrouelidmate.