{ARGIEF}

  • Stel ‘n gebedsgroep saam uit vroue wat ‘n passie het vir ‘n vrouebediening. 
  • Bid vir leiers wat hulleself bereid verklaar om leiding te neem.
  • Sodra daar leiers is, tree in gesprek met die kerkraad/leierskap van die gemeente en verkry hulle toestemming om die saak met die vrouelidmate te kommunikeer en hulle behoeftes te hoor.
  • Doen ‘n behoeftebepaling onder die vroue.  Maak gebruik van kort vraelyste, formele -, informele gesprekke en ander soos nodig. 
  • Raadpleeg ook die navorsingsresultate oor vroue se geestelike behoeftes wat in 2007 landswyd onder vrouelidmate gedoen is.
  • Indien daar wel ‘n behoefte aan ‘n vrouebediening is, reël ‘n geleentheid met soveel vroue as moontlik waartydens ‘n doel vir die bediening geformuleer kan word.
  • Hou altyd die volgende in gedagte: die gemeente se visie, die gemeenskap se profiel en behoeftes, en die vrouelidmate se profiel en behoeftes.
  • Formuleer die visie duidelik en breek dit af na werkbare projekte, take, ens en formuleer dit vir ‘n vaste tydperk, bv 2 jaar ens. 
  • Herhaal na afloop van die tydperk weer dieselfde oefening om te verseker dat die bediening relevant bly.
  • Raadpleeg die kantoor vir vrouelidmate
  • Raadpleeg die reglement vir die Vrouebediening