{ARGIEF}

Pieter_van_JaarsveldWat dink jy was die no 1 toe aan mense, in verskeie lande, gevra is wat hulle die meeste begeer? Lang lewe, mooi huis, Mercedes……..?

No 1  was om gelukkig te wees!!

Goeie keuse! Navorsing wys dat gelukkige mense langer lewe, ander hou meer van hulle, hulle trou makliker en bly langer getroud, word ouer en leef langer, het beter verhoudings, is meer suksesvol, is gesonder, is meer produktief, beter selfbeeld, beter leiers. Wow!  Genoegsame rede om dit ‘n doelwit te maak!

Mites oor Geluk

  • Geluk moet gevind word: Nee, dis ‘n keuse wat jy moet maak;
  • Geluk lê in veranderde omstandighede: Omstandighede het weinig invloed op jou welwese;
  • Jy het dit of jy het dit nie: Jy het beheer daaroor.

Interessante navorsing bewys dat 50% van jou geluk wel geneties is m.a.w. jou voorvaders en ouers, 10%  is wel omstandighede gedrewe (moeilike tye), 40% is in jou beheer. Dis juis aan hierdie 40% wat ons dus iets kan doen.

Depressie –geen

Depressie word geassosiëer met ‘n spesiefieke geen nl 5-HTTLPR. In Nieu-Zeeland is gevind dat daar wel mense is wat hierdie geen het , maar nie depressief geword het nie. Hoekom nie? Mense wat baie gelukkig, positief en emsioneel intelligent was, het nie depressie ontwikkel nie. Nog ‘n rede vir geluk!!

Selftoets: My vlak van gelukkigheid

Wees baie eerlik met jouself en probeer nie om jou beter voor te stel nie. Vir elk van die volgende stellings en/of vraag, sirkel die syfer wat jou op die oomblik die beste beskryf:

  1. 1.       Ek sien myself as gewoonlik

1          2          3          4          5          6          7

Nie baie gelukkig                               baie gelukkig

  1. 2.       In vergelyking met my tydgenote, sien ek myself
    1. 1              2          3          4         5         6           7

Minder gelukkig                               meer gelukkig

  1. 3         Sommige mense is oor die algemeen gelukkig. Hulle geniet die lewe t.s.v. wat aangaan. Hoe ‘n mate beskryf dit jou?

1           2          3         4         5         6        7

Glad nie                                            Grootliks

  1. 4         Sommige mense is meestal ongelukkig. Alhoewel hulle nie depressief is nie, is hulle nooit     gelukkig soos hulle hoort te wees nie. Tot watter mate is dit waar van jou?

1         2        3        4         5        6        7

Grotendeels                                Glad nie

 

Kry nou die total van die getalle wat jy  omsirkel het en deel deur 4. As jou gemiddeld 5 is, is dit aanvaarbaar. Hoër as 5 is beter.

PAD NA GEGLUK!

Sonja Lyubomirsky het navorsing met duisende mans en vrouens gevind dat daar twaalf intervensies is wat mense gelukkig maak. Alhoewel dit sielkundige navorsing was, sal jy verbysterd wees om te sien hoeveel van hierdie dinge die Bybel ons  ook maan om te doen!! Ons dien darem ‘n wonderlike God met ‘n Lewende Woord! Ons moet net meer doen wat Hy sê! 

GELUKS-INTERVENSIES VIR BLYWENDE GELUK

  1.  Leef ‘n lewe van dankbaarheid (Fil 4:4): Bepaal elke aand in jou stilteyd wat is die 5      dinge waarvoor jy daardie dag dankbaar kan wees.
  2.  Leef ‘n lewe van optimisme. Optimiste gee nie maklik op nie. Dink aan Thomas Edison en die gloeilamp! Sien meer oor optimisme in my vorige artikel.
  3.  Doen goeie dinge aan ander (1 Tim 6:18). Koppie sop waar nodig, klere vir behoeftiges….
  4.  Vertroetel goeie verhoudinge.
  5.  Ontwikkel strategieë om te cope (Rom 5:5). Die van julle wat my boek oor EI het, kyk na die ABCDE tegniek, strestegnieke…
  6. Leer om te vergeet en te vergewe. Onthou wat Madiba gesê het toe hy losgelaat was: “When I walked out of the gate, I knew that if I continued to hate these people, I was still in prison!”.” Onse Vader” in praktyk?! Sê TOTSIENS aan die verlede.
  7. Hou op om jou te bekommer! Ralph Emmerson het gesê: “Finish each day and be done with it. You have done what you could; some blunders and absurdities have crept in: forget them as soon as you can. Tomorrow is a new day; you shall begin it serenely and with too high a spirit to be encumbered with your old nonsense.” Onthou uit ‘n vorige geselsie van ons: 5 minute van negatiwiteit het ‘n ses uurlange negatiewe effek op jou immuunsisteem!
  8. “FLOW”: Doen meer van daardie dinge waar die tyd stilstaan en jy jou net gate uit geniet. Bv lees, naaldwerk, musiek luister… Jy kan “flow” bewerkstellig terwyl jy onbenullige take doen soos stofsuig. Terwyl jy dit doen luister na mooi musiek in jou gedagtes, teken cartoons in jou kop, ens.
  9. Geniet meer die mooi van elke dag! Ruik weer die rose, sien weer die sonsopkoms met emosie, geniet jou kinders… Soek vir hierdie gelukkige oomblikke!
  10. Leef ‘n toegewyde christelike lewe. Toegewyde christene is gelukkiger en leef langer.
  11. Kyk na jou liggaam (oefening en meditasie)en jou gees (verander jou mindset soos in vorige artikels gesê). Word dus meer emosioneel intelligent. In die volgende artikel gaan ons spesifiek oor die stress as ‘n moordenaar van geluk gesels.
  12. Kry weer doelwitte wat jou opgewonde en gelukkig maak en doen dit! Reis na Rome en bestudeer argitektuur, loods ‘n projek vir straatkinders, word die vonkelvrou van jou dorp…. Die hartseer is nie dat ons nie ons doelwitte bereik nie, maar dat ons nie meer doelwitte en drome het nie!!

Toe! Spring nou aan die werk! Toets jouself, kies 3 van hierdie intervensies, doen dit vir 3 maande, toets jou weer en sien hoe jy ’n gelukkige emosionele intelligente sieraad geword het! Sterkte!