{ARGIEF}

BENODIGDHEDE
• SIRDAR TIMY TOT DL of enige ELLE DK in kleure van jou keuse – 4 van A, 3 van B en 2 van C (50g-balle)
• 4mm-breinaalde
MATE
Ongeveer 61 cm x 76 cm
Brei 'n laslapkombers
SPANNING
Spaar tyd en doen eers ‘n spanningstoets
21 ste en 42 rye = 10 cm oor reksteek met 4 mm-naalde
Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde
AFKORTINGS
alt – alternatiewe
aw – aweregs
beg – begin
herh – herhaal
ks – koussteek
oorbl – oorblywende
pat – patroon
r – regs
rs – regsteek
R(V)K – regte (verkeerde) kant
R(V)KV – regte (verkeerde) kant voor
st(e) – steek(steke)
tes – tesame
vermin – verminder
vermeer – vermeerder
vlg – volgende
REKSTEEKBLOK (MAAK 20)
Met 4 mm-naalde en duimmetode en Bol A stel 65 ste op.
1ste ry: Met Bol A, r. Hierdie ry sal nou bekend staan as rs (regsteek).
2de ry: r31, r3 tes, r31.
63 ste
3de ry: r
4de ry: r30, r3 tes, r30
61ste.
Werk in rs en r3 tes in middel van elke vlg alt ry soos tevore (deurgaans) en gaan soos volg voort:
Werk nog 12 rye. 49 ste.
Met Bol B werk 16 rye. 33 ste.
Met Bol C werk 16 rye. 17 ste.
Met Bol A werk 14 rye. 3.
63ste ry: Met A, r.
64ste ry: Met A r3 tes, 1st.
Breek draad af en werk weg.
OM TE VOLTOOI
Werk blokke in 4 stroke van 5 blokke elk met patroon telkens in dieselfde rigting.
Werk stroke aan mekaar en sorg dat hoeke mooi ooreenkom.
Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word.
(Ons dank aan Vrouekeur, November 2011.Red)