{ARGIEF}

parow
Welgelegen-gemeente het jaarliks ‘n Winter-warmte-projek waar daar gevra word vir kombersies, truitjies of enigiets wat die lyfies kan warm hou. Vanjaar het hulle 63 kombersies, 69 truitjies, 61 mussies, 30 paar sokkies, 21 paar handskoene en 29 bababaadjies ontvang. Alles is gebrei of gehekel. Elke jaar is dit baie spesiaal, want die  dames doen dit met soveel liefde. Al die komberse, truitjies, ens is pragstukke en word versprei na kinders/volwassenes in nood bv kinderhuise, weeshuise en ouetehuise. Hulle sê weereens baie dankie aan almal wat by hierdie  projek betrokke is en wil andere uitnooi om deel te word daarvan.
Skakel vir Elma Bosman by die kerkkantoor 021 558 0014/5 as jy betrokke wil raak.