{ARGIEF}

[widgetkit id=13389]
Die tema van die gewilde TV-sepie, 7de Laan, was ʼn treffer. Niemand wou dit mis nie. Daarvoor was die verrassingselement net te groot.
Dit het vir groot geesdrif en ondersteuning gesorg toe die Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid van die NG gemeente op Napier ʼn baie prettige

7de Laan-oggend

gehou het – alles vir ʼn baie goeie doel.
• Die plan hiervoor het ontstaan sodat geld ingesamel kon word vir Anelé Fourie (13) se mediese uitgawes. Sy het sistiese fibrose. Dit is ʼn siekte waar ʼn dik, taai slym verhinder dat veral die longe en die pankreas normaal funksioneer. Lyers hieraan het onder meer hospitalisasie en voortdurende medikasie nodig.
Dié oggend is een van die projekte wat aangepak is om die Fourie-gesin geldelik te help.
Op Napier is die insameling vir Anelé bekend as die Pienk Varkie-fonds en op dié oggend het die varkies se pensies sommer boepens gestaan.
Geen wonder nie dat pienk varkies die tafels van Oppie Koffie versier het.
Die toegangsgeld was dan ook ʼn donasie vir die Pienk Varkies.
Alles was daar soos die deli met heerlike wegneemgeregte, blomme, en tuisgemaakte produkte; die slaghuis met onder meer biltong; die boetiek met uitsonderlike uitrustings en handsakke; en die boekwinkel met honderde tweedehandse boeke – en natuurlik ook Napier se Matrone, Hilda en Vince, asook die bekende 7de

Laan-eetgoed soos Hilda se dadelvingers en Matrone se koeksisters en Hertzoggies.En ja, daar was ook ʼn gaskunstenaar.
Nog een van dié kommissie se vele projekte is dat mense met die Pinkster-bidure komberse skenk. Dit word vir verspreiding aan die suster in bevel van die tuisversorgers oorhandig. Hulle weet waar die nood die hoogste is. Dit is verlede jaar ook gedoen, maar vanjaar word ook vir warm klere gevra.