{ARGIEF}

herbertsdaleAlgemene vergadering
Tydens ons laaste vergadering het ons met groot welslae Eva se gebed tydens die opening  behandel. Heelwat vroue het na die vergadering die gebed aangevra om dit aan ‘n  ander vriendin te gaan gee.
Bybelstudiegroep
Ons Bybelstudiegroep het in April ons studie oor Spreuke voltooi en dadelik besluit om die opwindende geloofsreis saam met God aan te pak – soos ons dit vind in die brosjure wat deur die Vrouebegeleidingtaakspan van Wes- en Suid-Kaap voorgestel word. Ons het besluit om almal saam (al agt van ons) die reis aan te pak. Dit was van die begin af duidelik dat hierdie ‘n unieke reis is wat ‘n groeiende hongerte en dors in elkeen van ons geskep het om saam te soek na die volle impak en betekenis van elke vers in die gedeelte wat ons biddende in verskillende vertalings lees. Ons het geleer dat ons God se stem herken in sy nabyheid, sy Woord en in mekaar se woorde.
Hy het ons geleer dat Hy met elkeen van  ons  ‘n  eie unieke geloofsreis aanpak met die gevolg dat elke lid se bydrae waardevol is en betekenis dra. Daarom luister ons waarlik na mekaar se woorde en is elkeen se insig op hierdie geloofsreis belangrik op hierdie geloofsreis.
Ons het vier weke geneem om die eerste gedeelte oor Maria en vyf weke om die tweede gedeelte oor Elisabet te voltooi. Ons reis saam met Christus, deur in sy Woord te wandel, is rustig, vol vreugde, Skrifvaslegging, nuwe geestelike groei en ‘n duidelike visie as gestuurdes na ons naaste, die behoeftiges in ons omgewing en ongeredde mense. God bemagtig ons  met sy Woord en nabyheid by elke stasie (weeklikse Bybelstudie) sodat ons met nuwe krag en geesdrif toegerus en lus voel om die wêreld in die oë te kyk en saam met Hom in sy liefde en krag ‘n verskil te maak.