{ARGIEF}

Gemeentenuus  Laingsburg  Lisa Cronje

Ons het tydens ‘n vroueverrykingsfunksie wat in die winter 2012 gehou is, stilgestaan by “Wat is jou droom.. vir Laingsburg?” Dit laat ‘n mens dink.

Almal het iewers ‘n droom. Wat is die werklikheid en waar begin ons drome verander in die werklikheid wat ons elke dag sien en waarmee ons elke dag gekonfronteer word? Orals sien en hoor ons dit: “Leef jou droom. Soek jou droom. Beplan jou drome”. Die droom wat ‘n werklikheid kan word.

Die oues en wyseres van dae, sal dalk sê: Lank gelede was daar ‘n droom … Moet ons ooit ophou droom? Self al skud die realiteite van die gebroke lewe met sy koue hande die appelkar soms om … Wat bly oor in ons harte en waar kan ons gaan om ons droom-emmertjies vol te maak as ons een dag wakker word en geen droom of visie meer in die lewe het nie?

Hap en stap

Hap en stap

Jesus is die Droomgewer.

En soos Bruce Wilkinson in sy boek “Die Droomgewer” ons bewus maak op die reuse waarteen ons te staan kom in die soeke om ons drome te vind en uit te leef: Reuse in die vorm van mense wat negatiwiteit spreek oor ons kosbare pêrels of gedagtes van moedeloosheid. Of situasies wat vir die gewone ou “onmoontlik” lyk. Ons weet dat God die God is vir die onmoontlike. Hy spesialiseer daarin om meer te doen as wat ons ooit kan droom of dink. Glo ons dit werklik of weet ons dit net?