{ARGIEF}

r1deur Joanie Pretorius
Rivierdoop! Vanjaar was geen uitsondering nie.  Oudergewoonte is ‘n baba weer in die rivier gedoop tydens ons buitelugdiens en gemeente-ete by die karavaanpark in Riviersonderend.
Die Wêreldbiddag vir Vroue se tema is visueel-aanskoulik onverbeterlik aangebied. Met Harry Belafonte se calypso-musiek en die diep geestelike boodskap, is ons almal vervuld huis toe.
Al wat leef en beef het hard gewerk om van die basaar ‘n plaasbasaar te maak. Daar is heerlik gewerk, gekoop en gekuier.  Ons beplan nog steeds die tafels hoofsaaklik vanuit die Vrouediens. Die mans het darem ook volle aanspreeklikheid vir die braaivleis, potjiekos en sosaties aanvaar en dit was lekker.
Een maal per kwartaal kom die vroue bymekaar vir interaksie en dan is dit oor kerk- en taalgrense heen. So is ons in die eerste kwartaal ingelig oor ‘n busdiens, buurtwagstelsel en gebottelde water.
Nou onlangs het Handia Human kom vertel van die dierebeskerming op ons dorp en ‘n heerlikheid was Marieta Stipp se praatjie oor die gebruik van die prutpot.
 
r2
Klub 65-Plus is trakteer op ‘n driegang Kersfeesete aan die einde van laasjaar en vanjaar kon hulle aansit vir soet- en soutgebak, terwyl hulle items, deur laerskoolkinders aangebied, kon geniet. r5
Tabita-dames werk deurgaans in ons Vroue-dienswinkeltjie, wat vir talle mense ‘n uitkoms bied. Klere, skoene, juwele en linne word daar te koop aangebied. Die Vrouediens se “Mad Hatters Tea Party” is dan ook getrakteer op ‘n modeparade met klere uit ons eie boetiek.
r3
 
 
 
Ons Kreatiewe Werkswinkel, afsluitingsvergadering met Elsa Winckler as spreker oor, die ma-kindver-houding en die kersmark met ons teetuin lê nog voor.
Intussen kuier die wyke, waar moontlik, maandeliks saam en word pitkos met mekaar gedeel. Soms berei ons sommer op daardie byeenkoms ook die uitnodigings-kaartjies vir spesifieke geleenthede voor. Rondom die tafels en spoeg-en-plak, bou ons aan verhoudings.
 
r4