{ARGIEF}

Die Damesoggend van 16 Februarie 2013 by Onrus-gemeente was so ‘n positiewe ervaring. ‘n Wonderlike oggend waar meer as 120 vroue saamgekom het en rondom die Woord gekuier het.

Menige dame het agterna spesiaal kom “dankie sê”, vir bevestiging, gemoedsrus en moed wat hulle ontvang het na ons gesprekke rondom Lukas 1:27-38.Die oggend het afgeskop met ‘n pragtige lofdans-item deur ‘n gekombineerde lofdansgroep uit die lofdansers van die omgewing. Dit het gesorg vir die rustige en gewyde atmosfeer waarin ons rondom die Woord kon vergader.Alle eer aan die Here, wat ‘n besondere dame soos Antoinette Muller so seën met die gawe om sy dogters nader aan Hom te help groei! Sy het vir ons die geloofsreis verduidelik en ons kon dit inoefen …
In ons twee-twee gesprekke, asook in die groot groep, het ons beter begrip gekry dat ons wel soms verbysterd staan oor dinge wat in ons lewe gebeur (v29). Tog is God of sy engele (in dié geval, Gabriël), daar, gereed om ons te beskerm en moed te gee. Selfs vir moeilike of onmoontlike take. (v 30)
Ons het bevestiging ontvang dat ons vir mekaar ook ‘n ”Elisabeth” moet wees. Ons moet en mag, mekaar se laste dra en vir ‘n wyle tyd vir gebed namens ons vriendin/dogter/ma oorneem, totdat ons “Maria” weer kan voortgaan met haar taak.