{ARGIEF}

Armoede

Entrepreneurskap – en die Kerk?

Missionaliteit as Entrepreneurskap vir die kerk in konteks: Praktiese uitleef van geloof Waar: Communitas, Stellenbosch Wanneer: 5-7 Februarie 2019 Aanbieder: Nico de Klerk Die tafel is gedek! Ons leef in ‘n tyd van groot uitdagings en geleenthede wat opwindend is vir...

read more

Winterskool – die laaste dag

Gedurende die oggend van dag 3 van die Winterskool het die fokus geval op die kwessie van 'verander die Wêreld'. Kan die kerk 'n rol hierin speel? En hoe kan ons dan hierdie rol defineer? Dr Coenie Burger was die hoofspreker van hierdie oggend. Hy het verduidelik dat...

read more

Winterskool Dag 2

Wat is ons verantwoordelikheid as kerk en as landsburgers? Dit was die onderwerp van Prof Amanda Gouws se rede by die tweede dag van die 2015 Winterskool. kan ons staatmaak op die staat en politici om hierdie land te regeer? Waar pas my en jou verantwoordelikheid in?...

read more

Teologiese Dag 2015

DIE UITDAGINGS VAN ARMOEDE, WERKLOOSHEID EN ONGELYKHEID Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch (US) se jaarlikse Teologiese dag, wat die amptelike opening van die akademiese jaar inlui, vind plaas op Maandag 2 Februarie 2015 van 09:00 – 13:00 in die Attie van...

read more

Armoede: Wat doen JY?

Ons almal weet dat grootskaalse armoede, menslik gesproke, waarskynlik die mees plofbare probleem in Suid-Afrika is.Terwyl dit so is dat baie kerke iets hieraan probeer doen, is die vraag of ons nie veel meer kan doen nie. Ons is van mening dat hierdie ook `n saak is...

read more

Gemeentes te midde van Armoede en Materialisme

Een van my Amerikaanse kollegas hier in Minnesota wou my graag voorstel aan ‘n vriendin van hom wat oorweldig is deur die armoede wat sy in Khayelitsha en Langa ervaar het toe sy onlangs vir twee weke in die Kaap gaan kuier het.  Hy het my vooraf na haar blog verwys waar sy haar foto’s geplaas en refleksies gedeel het terwyl sy daar was (kyk gerus daarna op http://owlrainfeathers.blogspot.com/2009_02_01_archive.html – van 20 Februarie en verder terug op haar blog).  Ons nooi hulle toe oor vir ete een aand verlede naweek, want ons laat ook nooit ‘n geleentheid verby gaan om bobotie (met regte Kaapse blatjang!), geelrys-met-rosyntjies, en melktert vir poeding (wat nie van Nestle produkte gemaak is nie!) voor te sit aan mense wat dit nie ken nie (al is dit ‘n gesukkel om die speserye hier te vind soos wat ons dit in die Oriental Plaza in Johannesburg kon koop, of om die kerrie te laat smaak soos dit in die Bo-Kaap smaak!).

Die gesprek was diep, fasinerend, en uiteindelik ‘n teologiese besinning oor wat dit vir Christene beteken om vanuit bevoorregte omstandighede en te midde van ‘n materialistiese kultuur in verhouding te leef met diegene wat minder bevoorreg is en in armoede leef.  Die worsteling in ons gesprek word goed opgesom in ‘n preek wat my vriend se vriendin (haar naam is Tamie) gelewer het kort nadat sy teruggekom het uit Suid-Afrika.  Ek deel dit graag hier (al beteken dit ‘n langer blog bydrae as gewoonlik), want dit help my om weer te dink oor wat ons in gemeentes doen in die verband.  Ek is veral getref deur die impak wat die mense van Khayelitsha en Langa op hierdie Amerikaanse vrou gemaak het met hulle gasvryheid, en veral die oenskynlike geluk wat hulle vind in ‘n eenvoudige lewenstyl.  Ek het maar net weer besef dat om veel meer gaan as om bloot aan arm mense te dink as die objekte van ons welsynsprojekte, en hoe ons dikwels ons hulp aan ander as ‘n verskoning gebruik om nie verhoudings te bou waarin ons ook ‘n kans het om te verander nie.  Kan ons dalk stories deel van gewoontes en praktyke wat gemeentes in die verband kweek?

Hier is Tamie se preek:

read more