Meeste Suid-Afrikaners is waarskynlik bewus van die Amerikaners se Thanksgiving tradisie, maar ek is nie seker hoeveel mense weet dat Thanksgiving Donderdag gevolg word deur Black Friday nie.  Black Friday verteenwoordig die amptelike opening van die seisoen vir Kersfees inkopies en winkels bied spesiale winskopies aan vir die dag.  Gevolglik staan mense tou dwarsdeur die nag en vertrap hulle mekaar om betyds by die winskopies uit te kom wanneer die winkeldeure vroegoggend op Vrydag oopmaak.  Om dit sagkens te stel… dit is ‘n verbruikeristiese kultuur in sy mees vulgere vorm. Die naam, Black Friday, het eintlik in die jare 60’s in Philadelphia ontstaan om die ontwrigting van die besige verkeer op die dag na Thanksgiving te beskryf, maar later het dit die betekenis begin aanneem van besighede wat ‘n wins maak (om “in die swart te wees”).

Dit is ironies dat Swart Vrydag tussen Thanksgiving en die begin van die Adventseisoen val.  Dit is asof dit ‘n bisarre teken is van hoe dankbaarheid gedefinieer word in ‘n verbruikeristiese kultuur… dankbaarheid gedefinieer deur die selfbevrediging van kommoditeite wat onmiddellik beskikbaar moet wees.  Dit is asof Swart Vrydag letterlik in die pad staan van ‘n dankbaarheid wat gedefinieer word deur ‘n seisoen van afwagting op wat die Here gaan doen…  ‘n Treffende beskrywing van die dilemma en uitdaging kom uit die pen van Walter Brueggemann in sy 2007 artikel (in Journal for Preachers) oor Advent: Departure and Homecoming.   Hier is ‘n aanhaling uit die begin paragrawe van die artikel:

read more