Posts Tagged ‘dankbaarheid’

Dankbaarheid is soos ‘n stringetjie krale

Written by Mariette Steyn on . Posted in Aktueel, Vrouelidmate

deur Amanda Kruger-van Deventer

il_fullxfull.421894581_ofpaSaam met buurvrou lê ek op my maag op haar bloublommetjie-sitkamermat. Ons het kleine Emily op haar magie gedraai. Haar beentjies trek sy op in die kruipposisie maar haar armpies is nog net te swak om haar op te lig. Skielik lig sy haar koppie, skuif haar armpie onder haar lyfie in en lig haarself. ‘n Wye lag staal uit haar gesiggie. Ons asem snak lagbly. Die oomblik vries in vreugdevolle dankbaarheid.
Die ou bekende spreekwoord sê: “Geniet die klein dingetjies, want jy gaan later terugdink en besef hulle was die groot dinge van die lewe.” Dankbaarheid is soos krale wat ek een vir een inryg. Hiermee maak ek vir myself ‘n dankbaarheid-stringetjie krale wat ek om my nek hang of om my pols bind as herinnering in tye wat dit moeilik gaan met my.
Sy sit langs my in die wagkamer. Haar drie kinders om haar. Al vier paar oë lag bly. Die oomblik vries in vreugdevolle dankbaarheid, want dit is die mooiste vier paar oë wat laggend my groet. Elke kind sowel as die mamma het ‘n ander kleur oë – so so mooi.
My selfoon beep. Deur “whatsup” stuur my vriendin vir my ‘n bossie blomme, vars gepluk uit haar eie tuin – vroegdag, vandag!
Die dag is lank en volgepak. My lyf is moeg. Die lakens is vars en skoon. Dankbaar vou ek die wit linne lakens oop en vly my neer tot rus.
Dit reën. Ek ry na ‘n vergadering en ek is behoedsaam vir wat op my wag. In my truspieëltjie vang my oog die reënboog in die sproei wat opspat by my agterwiele. Dit lyk kompleet of ek ‘n reënboog agter my aansleep. Ek besef ek moenie bang wees nie. God is lief vir my. Dankbaarheid kom lê die vrede in my hart.
Met die beker koffie stomend in my een hand en ‘n beskuitjie in my ander hand stap ek voordag uit op my stoep. Kosbare heilige stilte vou om my. Die dagbreek blom pienkrooi op die horison. Dankbaar verdwaal ek in hierdie oomblik.
Dis droog. Warrelwinde stofdraai dansend oor barre grond. Dan, asemsnak-bly plof ‘n groot reëndruppel in die stof. Ek ruik die vars reën. Ek ruik die dankbare veld.
Ek is alleen. Dit is donker. Skielik gaan al die ligte af. My hande soek na die kers en vuurhoutjies en ek vind dit. Dankbaar sprei die kerslig tot in elke donker hoekie.
Die ry waarin ek staan is lank. Almal wag moedeloos. Skielik borrellag iemand en die lag borrel op in my. Almal in die ry lag saam. Ons weet nie waaroor nie, maar lag is so bevrydend – skaterlag lekker.
My kind se hart is seer. My kop hang voor die opwasbak en ek huil saam met my kind stil. Skielik, dankbaar, voel ek my man se arm vol vertroostende verstaan om my skouers.
My vriendin. Ek verlang na haar. Ek wag dat sy die telefoon antwoord. ‘n Blyheid om van my te hoor straal uit haar stem en ek is so so bly.
Hy staan honger op die sypaadjie. Die drank het diep spore getrap deur sy gesig. Ek stap na hom en lê die brood in sy hande. ‘n Verbasing sprei onverwags oop oor sy gesig. “Most appreciated … most appreciated !”, sê hy en my asem snak dankbaar oor hierdie onverwagse dankbare nederigheid.
My kinders kom aangestap na my. My seun sê: “Hello Ma!” My dogter sê:
“Hello Mamma!” My hart begin bokspring soos sneeuwit lammers op die groen land.
Sy kom die winkel ingestap met haar baba op haar arm. Sy sit die kind neer op die grond. Skielik slaan sy haar hande voor haar mond in opregte verwondering en roep uit: “Kyk, kyk, hy loop! My baba loop!” Ons almal in die winkel kyk en sien hoe die seuntjie sy eerste treetjies gee en ons is dankbaar opgewonde saam met haar. ‘n Dankbaarheid sprei oop in my hart, want ek het nou net ‘n kosbare moment beleef. ‘n Seuntjie het begin loop.
“Dankbaarheid is die onthou van die hart.”
“Dankbaarheid is die moeder van alle deugde.”
“Dankbaarheid gee sin aan gister – gee vrede aan  vandag en skep ‘n droom vir môre.”
“Vrede woon in ‘n dankbare siel.”

“When you feel grateful for existence itself,
you move from doing grateful too being grateful.”
“Gratitude is the fairest blossom which springs from the soul”

Dankbaarheid en wysheid string aan mekaar. “Om die Here te dien, dit is wysheid.”(Miga 6:9) “Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil” (Ps.34:9) “Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof!”(Ps.30, Ps.28 en Ps. 136)
“Sê gereeld dankie vir alles wat God vir julle doen, maak nie saak wat met julle gebeur nie. Dan maak julle Hom baie gelukkig.” (1 Tess. 5:18)

Mag ons dankbaarheid, deur 2015, soos ‘n stringetjie krale om ons nek hang of om ons pols dra. Aan ons klere of aan ons skoene vaswerk. Mag ons deur 2015 elke aand terugdink aan al die dankbaarheidsdinge wat my bly gemaak, vandag. Mag ons hierdie dankbaarheidsdinge soos dankbaarheidskrale versamel elke dag en inryg as ‘n bemoediging, veral, in stormtye. “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes, deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”(Fil. 4:6)
want:
“Ek die Here het julle gemaak en
Ek sal julle vashou,
julle dra en julle red,
tot in julle oudheid en grysheid
sal Ek julle dra.”
(Jesaja 46:4)

Tussen Swart Vrydag en Advent

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

“It is exceedingly difficult to live in the tension and maintain the tension between Advent and “early Christmas” in a consumer culture… There is a-waiting that is required, and a summons to wait with discipline. But our Advent preaching must be done in a culture of instant gratification that wants to wait for nothing, a self-indulgent culture that resists any inconvenient discipline. The consumer orgy that has come to dominate Christmas shopping is the most vulgar form of “realized eschatology”; it imagines we have it all now. Consequently there is nothing yet to receive and nothing for which to hope. But Advent is the insistence that “coming soon” is the great “plus” of the newness that is “at hand” but not yet visible. In the Church season, there is a wait until Christmas, for the time when “the wondrous gift is given.” In Advent that wondrous gift is “at hand”…but not yet in hand. Thus I suggest that Advent preaching is about hope in a culture that attempts to fend off its despair by frantic self-indulgent busyness that is determined to work itself into a frazzle; that frazzle serves a) to keep from hoping and b) to keep from the hopelessness that saturates our common polity.”

 

Dankbaarheid en Verwagting

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

Dit is vandag “Thanksgiving Day” in Amerika.  Afgesien daarvan dat ek nou nie vreeslik mal is oor kalkoen nie, is dit nogeens ‘n gesekulariseerde kommersialisering van ‘n gebruik wat tradisioneel eeue gelede ontstaan het as ‘n godsdienstige geleentheid van dankbaarheid vir die oorvloedige oes wat die Here voorsien.  En tog bring dit elke jaar die geleentheid vir gemeentes om die sekularisering en kommersialisering teen te werk met die manier waarop ons dit vier.  Hier in Oil City het ons gisteraand ‘n gesamentlike (ekumeniese) erediens gehad wat deur al die kerke ondersteun is.  Ek het die geleentheid gehad om aan die hand van Habakkuk te preek.  Habakkuk se uiteindelike berusting in wat die Here in die toekoms gaan doen ten spyte daarvan dat dit mag beteken dat daar geen oes gaan wees nie het die ideale geleentheid geskep om te fokus op of ons die Here dien vir wie Hy is en of ons die Here dien vir Sy seeninge alleen.  Kan ons hom vertrou vir die toekoms ongeag die uitkoms daarvan of kan ons Hom net raaksien as die toekoms ontvou soos ons dit graag wil he?

Na die tyd vertel ‘n vrou my dat sy nou al vir jare probeer om haar seun se toekoms te beheer en dat sy besef sy het ‘n ondankbare mense geword a.g.v. haar neiging om God se toekoms vir Hom te probeer reel.  Ek het net weer besef dat die verband tussen dankbaarheid (“thankfulness”) en verwagting (“anticipation”) bitter moeilik is in ‘n gesekulariseerde kultuur.  As jy ten diepste dink dat die toekoms die uitkoms is van menslike pogings, dan kan jy alleen dankbaar wees wanneer dit uitwerk soos jy dit beplan het, en dan pas die Here in die prentjie in as die een wat daai pogings geseen het (al dan nie).  So ‘n wereldbeeld leef in die voortdurende spanning en angs dat die toekoms nie gaan gebeur soos beplan nie, en dankbaarheid (al dan nie) kan alleen geskied afhangende van hoe die uitkoms in die verlede of hede bepaal is.  Dit is die tragiese implikasie van ‘n gesekulariseerde “buffered self” wat geen invloed verwag van buite die self nie (soos Charles Taylor dit beskryf in sy “The Secular Age”).  Maar hoe lyk dankbaarheid as dit gewortel is in ons verwagting/antisipasie dat God op sy eie terme Sy toekoms tussen ons gaan voortbring ongeag of dit gaan lyk soos ons dit verkies of nie?  Iewers tussen Habakkuk 2 en 3 het Habakkuk klaarblyklik iets daarvan verstaan.