{ARGIEF}

dirigent

Luister soos dirigente

Leierskap, veral geestelike leierskap, is om oop en sensitief te wees vir die Stem van God. Leierskap is ‘n akoestiese kuns, herinner Leonard Sweet. Daarom is geestelike leiers eerder dirigente as afrigters, reken ek.

Geestelike leiers is heilige dirigente, ingestel om eers in hulleself die harmonie van God se roeping en wil op te tel, en dan ander te begelei om in harmonie saam te speel. Daarvoor het ons ‘n ander manier van kyk na ons sisteme nodig wat anders werk as sekulêre leierskapsbeoordelings. Hoewel ons baie te leer het by ander modelle, werk ons met die vermoëns van die Gees en gees, en dis op sekere punte anders as algemene leierskap.

read more

Geestelike leiers… is dirigente van hoop

Besef jy dat 'n dirigent van 'n orkes geen klank maak nie? Sy arms mag dramaties swaai en met die stokkie 'n EKG patroon skets, die hare wildswaaiend en sy gesig meegevoer in die misterie van die bladmusiek wat in sy hart resoneer. Haar oë mag subtiel die speler van...

read more