Posts Tagged ‘gesin’

oueRSkAp in ‘n nUWe paKkiE

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse

 ’n Nuwe tyd vra baie nuwe dinge, maar wat van

Ouerskap?

  • Hoe hanteer jy selfoon en internet gebruik in ’n nuwe generasie?
  • Hoe beskerm jy jou kinders teen al die invloede in ’n tyd waar hulle toegang tot alles het?
  • Hoe gee jy nie net vir jou kinders goeie waardes nie, maar ook die vaardighede om die waardes toe te pas en uit te leef?
Ouerskap2

Kom skryf in vir die Ouerskap-kursus wat op 2-4 September by Communitas aangebied word as jy antwoorde op hierdie vrae wil hê.

Padlangs Ouerskap: ‘n VBO-kursus  wat só ingerig word dat deelnemers toegerus word om die kursus self te gaan aanbied nadat hulle die inhoud met hulle eie gesin en drie ander gesinne oor ʼn tydperk van ʼn kwartaal gaan inoefen het – aangebied deur Gielie Loubser & Jan van Zyl

Hierdie 7 module-kursus het die potensiaal om jou te help om net een keer met jou kinders te praat, minder bakleiery te hê; beter kommunikasie te hê ( ook met tieners) en ja, ook vir die huwelik te help! Meer as 1000 egpare is die afgelope 3 jaar deur die kursus, en die getuienis is oorweldigend.

Die doel van hierdie kursus is om ouers te begelei in deelnemende positiewe ouerskap.

  • Ouers word toegerus met gereedskap om hulle te help om ʼn veilige ruimte te skep waar elkeen in die gesin die geleentheid kry om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.
  • Kinders word ook geleer om self verantwoordelikheid vir hulle gedrag te neem. In die proses waar kinders geleer word om keuses te maak, leer hulle selfstandigheid.
  • Die einddoel is ʼn plek waar almal in die gesin gelukkig en tevrede is.

Vaardighede en gereedskap wat deelnemers ontvang:

  • om die belangrikheid van kwaliteit-tyd te besef;
  • hoe om empaties te wees – hier word verskeie kommunikasie-vaardighede aangeleer soos om te eggo, hoe om kinders se emosies te erken, refleksiewe luister;
  • positiewe geloofwaardige terugvoer;
  • nie-bedreigende kommunikasie;
  • ek-boodskappe;
  • dissipline en
  • hoe om ʼn huisvergadering in te rig.

Die bou van verhoudings speel ʼn belangrike rol, asook die vestiging van waardes en die leef daarvan.

Na afloop van hierdie kursus sal jy die oor vaardighede beskik wat jou in staat sal stel om die positiewe deelnemende ouerskap-vaardighede in jou eie lewe te gaan toepas.

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO 23 Padlangs Ouerskap of kontak Wilma

 

Inter-generatiewe Gemeentes

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, Uncategorized, VBO

 EENDAG-KONFERENSIE oor INTER-GENERATIEWE GEMEENTES:  

Perspectives

on being an

Intergenerational Church

 intergenerative

Hoofspreker: Marcia Bunge, Professor of Religion, Gustavus Adolphus College, Minnesota, USA.

  • Gedurende die laaste 13 jaar het Prof Bunge baie gepraat en gepubliseer oor religieuse perspektiewe op kinders en ons verpligtinge teenoor hulle.
  • Sy was redakteur van vier boeke oor die onderwerp, waaronder The Child in Christian Thought en The Child in the Bible.

Verskeie sprekers tree by hierdie geleentheid op, en praat oor ‘n aantal aktuele onderwerpe. Daar is ook ruim geleentheid vir bespreking.

Dirk Coetsee van die Petra Instituut praat eers oor Inclusion or exclusion of children in the church and how we think about children  en hierna tree die hoofspreker, Prof Marcia Bunge op wanneer sy praat oor Biblical Perspectives on Children and Childhood:  Resources for Youth and Family Ministries and the Intergenerational Church

Die onderwerp The quest for a new theological paradigm for children’s ministry in the intergenerational church word hierna deur Jan Grobbelaar van die Petra Instituut hanteer, waarna Shantelle Weber (US) gesels oor The role and importance of children in an intergenerational church

Die laaste onderwerp van die oggend, Celebrating a shared identity in being an intergenerational church: A narrative of Paarlberg congregation word aangebied deur Bernard Malherbe (NGK Paarlberg) en Hannelie Yates (NWU).

Na ‘n middagete waarby al die kursusgangers kan aansit, gesels  Dirk Coetsee en persone van verskillende gemeentes oor Workshop and Story sharing: Practices for an intergenerational church.

Die dag sluit af teen ongeveer 16:30.

Datum: 7 Augustus

Tyd: 08:30 – 16:30

Plek: VGK Cloetesville Hoek van Langstaat en  Williamstraat, Cloetesville, Stellenbosch

Koste: R100 (Middagete ingesluit)

 Vir meer inligting, kontak Jan Grobbelaar by jan@petracol.org.za

LW Sluitingsdatum: 1 Augustus 2014