{ARGIEF}

Gestuurde Gemeentes

Wat is jou plan vir ons, dominee?

Ek het sedert my aankoms vier maande terug hier in die gemeente gereeld terug gedink aan ‘n moedswillige episode so twee jaar gelede toe ek gevra was om ‘n kursus in “Congregational Revitalization” aan te bied vir senior studente by Luther Seminary in St. Paul, Minnesota van wie omtrent almal die volgende jaar beroep sou word na hulle eerste gemeentes.  Een van die opdragte tydens die kursus was dat hulle in klein groepies uitgestuur was na Lutheraanse gemeentes in die omgewing om navorsing te gaan doen oor die huidige stand van die betrokke gemeente, en vir elke groepie om dan terug te kom met ‘n aanbieding oor wat hulle sou doen indien hierdie betrokke gemeente hulle die volgende jaar sou beroep met die opdrag om die gemeente te “revitalize”.

Die aanbiedings was professioneel en vindingryk, maar gegewe ‘n sterk pragmatiese kultuur, het teologiese refleksie en ‘n fokus op verhoudinge tussen mense in meeste gevalle vinnig verdwyn agter indrukwekkende lyste “strategies, events, programs, and projects”.  Nadat ek toe vir die soveelste keer na ‘n powerpoint aanbieding van instrumentele rasionaliteit (hierna wil ek graag later terugkeer in ‘n blog bydrae) moes kyk en luister, kon ek my moedswilligheid nie verder inhou nie.  Ek vra toe ‘n vraag terwyl die laaste powerpoint skyfie nog op die skerm verskyn van ‘n pragtige foto van die betrokke groep se gemeente wat hulle besoek het met ‘n lieflike grasperk rondom ‘n groot, groen boom op die voorgrond.

read more

Tussen Akademie en Gemeente

Dit het my 'n lang tyd gevat om weer aan die skryf te kom na die gejaag om my doktorale skripsie betyds klaar te kry vroeer vanjaar.  Die post-skripsie sindroom het beslis sy tol geeis.  Hoe meer 'n mens mos lees en skryf, hoe meer kom jy agter jy het...

read more

Calvyn (geb. 10 Julie 1509) en Gestuurde Gemeentes (Post-Christendom)

Vandag (10 Julie) herdenk ons Calvyn se 500ste verjaardag.  Sy nalatingskap is ryk en kontroversieel.  Daar het juis so pas weer nog ‘n nuwe biografie oor sy lewe verskyn, geskryf deur Bruce Gordon, professor in Reformatoriese geskiedenis by Yale Universiteit (sien http://yalepress.yale.edu/yupbooks/book.asp?isbn=9780300120769).  Die van ons wat vanuit die Calvinistiese (en breer gereformeerde) tradisie wil worstel met identiteitsvorming van gestuurde gemeentes in ‘n toenemende post-christendom era het ‘n ryke teologie ontvang vir hierdie taak.  Die volgende is drie moontlikhede waaraan ek gedink het in die verband nadat ek onlangs weer gekyk het na Coenie Burger se baie toeganklike boekie oor die teologiese impulse van die gereformeerde tradisie, Ons Weet Aan Wie Ons Behoort: Nuut Gedink Oor Ons Gereformeerde Tradisie (Lux Verbi, 2001):

 

  • Calvyn se uitdrukking dat ons altyd moet besig wees om “die gesig van God te bedink” herinner ons dat die Lewende God self in die sentrum staan van waarmee ons besig is.  Die gereformeerde coram Deo (om voor die aangesig van God te leef) verstaan van die lewe het veel te bied vir ‘n terugkeer na God as die aktiewe agent in die ganse skepping nadat moderniteit die self (rede, ervaring, aktiwiteit) na die sentrum gestoot het.  Gestuurde gemeentes dink nie oor hulself as gestuurdes van wie dit afhanklik is om God se koninkryk gestalte te gee nie, maar as gestuurdes om deel te neem aan die beweging van God in die wereld, met die taak om gewoontes en praktyke te onderskei van hoe om voor die aangesig van God te leef in die wereld.  God sal self sorg vir Sy koninkryk; selfs met gebruikmaking van die kerk!  Heelwat beginsels en strategiee vir kerklike vernuwing van diegene wat dit ernstig bedoel om die kerk relevant te maak vir ‘n post-christendom era beland steeds in die slaggat van ‘n optimistiese geloof in die vermoens van christenmense om die primere verskil te maak in plaas van ‘n realistiese hoop op wat God reeds besig is om in die wereld te doen en hoe christenmense daarvan kan deel word.  Post-christendom verteenwoodig ‘n skuif weg van die mag van die kerk na ‘n nuwe openheid vir die kragtige teenwoordigheid en aktiwiteit van God self, waarin die kerk bevoorreg is om deel te neem.  Calvyn kan ons dalk help om dieper teologies na te dink oor die radikale verskil tussen hierdie twee posture.
  • Calvyn se beeld dat ons die bril van die Skrif nodig het om sin te maak van die lewe herinner ons daaraan dat die God voor wie se aangesig ons leef die lewende, Drie-enige God is wat ons in die Bybel leer ken.  Gestuurde gemeentes word nie gestuur met ‘n netjies verpakte God in die vorm van dogmatiese reels en resepmatige beginsels nie, maar in die teenwoordigheid van ‘n lewende God wat gestuurde gemeentes vergesel as ‘n sprekende God deur sy Woord.  Op die reis van gestuurdheid funksioneer die Woord as “gids en onderwyser” (Calvyn se beeld in die opskrif van Hoofstuk 6 in Boek 1 van sy Institusies) wat telkemale opnuut weer die wereld van gestuurdheid her-beskryf (ek dink onwillekeurig aan Walter Brueggemann se formulering wat hy by Paul Ricoeur leen om op die Bybel van toepassing te maak, nl die Woord van God as “redescribing the world”).  Die uitgediende Christendom era was dikwels gekenmerk deur ‘n magtige kerk wat die Bybel as ammunisie gebruik het om die kerk se magte posisie te regverdig en verskans in die samelewing.  Gestuurde gemeentes se uitdaging in ‘n post-christendom era is om nie die Bybel instrumenteel te gebruik as ‘n bepaalde kennis wat die kerk besit en na willekeur kan gebruik vir ons eie agendas nie, maar as die enigste bron wat ons op die reis van gestuurdheid te alle tye op die lewende, sprekende God rig sodat ons kan onderskei wat die wil van God eerder as kennis van die Skrif is.  Calvyn kan ons dalk help met kwessies van Skrifbeskouing wat onderliggend is aan sovele relevante en sensitiewe debatte in tipiese post-christendom tye.

read more

Wandel in die Daaglikse Lewe van ‘n Spesifieke Plek

Die mees treffende oomblik vir my tydens laas naweek se ASM konferensie was Sherry Maddock se aanbieding oor die verhaal van Communality, 'n gestuurde gemeente inisiatief in Lexington (Kentucky, VSA).  Wat veral treffend is van hoe Sherry die verhaal vertel, is die...

read more

Die Herontdekking van ‘n Missionale Etos

Ek woon tans die jaarlikse byeenkoms van die American Society of Missiology in Chicago by.  Vanjaar se byeenkoms fokus op die verskyning van nuwe missionale gemeente-ontwikkelings en die uitdagings wat dit vir sending bied in die Noord-Amerikaanse post-Christendom...

read more

American Society of Missiology 2009 Kongres

Die American Society of Missiology (http://www.asmweb.org) se 2009 kongres vind hierdie komende naweek, 19-21 Junie, in Chicago plaas.  Die tema hierdie jaar is "Emerging Churches and Other New Christian Movements in North America:  The Challenge to Missiology"....

read more