Posts Tagged ‘God’

Florerende Gemeentes

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

Hierdie hedendaagse verstaan van florering as satisfaksie het heeltemal ‘n ander fokus in vergelyking met twee ander verstaansparadigmas van florering in die geskiedenis van die Westerse tradisie.  Die een tradisie, met Augustinus as invloedryke figuur, sien “human beings flourish and are truly happy when they center their lives on God, the source of everything that is true, good, and beautiful.”  In sy Cities of God het Augustinus dit gedefinieer as “completely harmonious fellowship in the enjoyment of God, and each other in God.”  Die ander tradisie, wat veral sedert die 18de eeu prominensie begin kry het, word deur Volf ‘n antroposentriese skuif genoem.  Dit is die tradisie van ‘n nuwe humanisme wat die gebod om God lief te he vervang met ‘n morele verpligting om die naaste lief te he.  Volf haal Charles Taylor aan om dit te beskryf:  “This new humanism was different ‘from most ancient ethics of human nature,’ writes Charles Taylor in A Secular Age, in that its notion of human flourishing ‘makes no reference to something higher which humans should reverence or love or acknowledge.'”

Die verskil tussen hierdie twee tradisies en die hedendaagse tendens om florering as satisfaksie te beskou word dan deur Volf soos volg opgesom:  “Having lost earlier the reference to “something higher which humans should reverence or love,” it now lost reference to universal solidarity, as well. What remained was concern for the self and the desire for the experience of satisfaction. It is not, of course, that individuals today simply seek pleasure on their own, isolated from society. Others are very much involved. But they matter only to the degree that they serve an individual’s experience of satisfaction. That applies to God as well as to human beings. Desire—the outer shell of love—has remained, but love itself, by being directed exclusively to the self, is lost.”  Uiteindelik kom dit neer op ‘n geskiedenis van wat Volf noem ‘n “diminution of the object of love: from the vast expanse of the infinite God it first tapered to the boundaries of the universal human community, and then radically contracted to the narrowness of a single self—one’s own self.”  Saam hiermee kom natuurlik die redusering van hoop tot blote selfbelang.  Die gevaar is dan dat ook God ingepas moet word by ‘n skema van hoop wat selfbelang gedrewe is.

Volf keer later in sy praatjie terug na vier oortuigings van Augustinus om hierdie gereduseerde verstaan van hoop te rehabiliteer, en om die fokus terug te plaas op God:  “First, he (Augustinus) believed that God is not an impersonal Reason dispersed throughout the world, but a ‘person’ who loves and can be loved in return. Second, to be human is to love; we can chose what to love but not whether to love. Third, we live well when we love both God and neighbor, aligning ourselves with the God who loves. Fourth, we will flourish and be truly happy when we discover joy in loving the infinite God and our neighbors in God.”  Volf meen die grootste uitdaging vir gemeentes is om werklike te glo “that the presence and activity of the God of love, who can make us love our neighbors as ourselves, is our hope and the hope of the world—that that God is the secret of our flourishing as persons, cultures, and interdependent inhabitants of a single globe.”

Dalk kan ons almal weer ‘n slag krities kyk na die veronderstellings van florering onderliggend aan ons wense en gebede vir onsself en ons gemeentes in 2010.  Mag 2010 ‘n jaar wees van gestuurde gemeentes en hoopvolle christene wat floreer in hul deelname aan waarmee God besig is in hul buurte, gemeenskappe, en die wereld!

Herwin Hoop in die Batebouer

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

Hall se woorde spreek van hoop in beweging eerder as ‘n statiese hoop.  Dit mag ons dalk help om nie bates te sien as iets wat ons opbou en opgaar nie, maar iets wat eintlik nooit ons s’n is op ons geloofsreis nie.  Gemeentes as geloofsgemeenskappe van hoop is dus altyd ‘n communio viatorum, ‘n gemeenskap op reis, eerder as ‘n gearriveerde gemeenskap.  En wanneer jy op reis is kan jy nie altyd so baie bates saamvat of dit regtig opbou nie.  Maar jy kan wel die bates wat jy saam met jou op pad neem opnuut waardeer vir die waarde wat dit vir die doeleindes van die reis self het, en dit maksimaal aanwend in verhouding met diegene wat jy op reis ontmoet.  Dit maak van hoop ‘n hoop in aksie.  Toe 7 prominente teoloe in 2000 in Atlanta (onder voorsitterskap van die Ou Testamentikus, Walter Brueggemann) besin het oor die vraag, “What is the mission of the church in the 21st century?”, het hulle na maande se besinning tot die volgende antwoord gekom:  “The mission of the Christian Movement in the 21st century is to confess hope in action.” Hoop is altyd aan die beweeg in die rigting van diegene wat God se geregtigheid, heling, en vrede die meeste nodig het.  ‘n Gemeenskap van hoop wat altyd aan die beweeg is kan nooit bates opgaar vir die doeleindes van die bates self nie, maar kan wel die Batebouer vertrou dat Hy altyd op pad sal voorsien wat nodig is om saam te bou aan die Koninkrykswerk waarmee die Batebouer alreeds besig is in die wereld.

Belhar en die Holocaust Museum

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

Die fokus van hoofstroom nuus hierdie week in Amerika was, en is steeds, die geweldsdaad in die Holocaust Museum (waarin ‘n sekuriteitsbeampte gesterf het), en wat volgens alle tekens gemotiveer was deur ‘n verregse ekstremis se haat teenoor Jode en swartmense.  Dit is uiters relevant dat dit juis in ‘n week gebeur waar kerklike nuus toegespits was op die Reformed Church in America (RCA) se aanvaarding van die Belhar Belydenis as hul vierde belydenis naas die Heidelbergse Kategismus, die Dordtse Leerreels, en die Nederlandse Geloofsbelydenis (sien http://www.rca.org/Page.aspx?pid=5728).  Die relevansie het alles te make met Belhar se belydenis oor diversiteit as konstituerend vir eenheid, in verhouding tot haatgroepe se belydenis oor diversiteit as ‘n bedreiging vir eenheid.

Dit is ‘n relevansie wat my veral opgeval het toe ek vandag Brian Levin, direkteur van die Center for the Study of Hate and Extremism (wat vanjaar ‘n boek uitgebring het oor “Hate Crimes: Understanding and Defining Hate Crimes”), se CNN kommentaar lees waarin hy o.a. op die bedreiging van diversiteit wys as onderliggende oorsaak van hierdie soort geweld (sien http://www.cnn.com/2009/CRIME/06/11/levin.hate/index.html).  En dit het my onmiddellik laat dink aan ‘n referaat wat Piet Naude al in Januarie 2003 by die Vyfde Ekumeniese Forum in Heidelberg, Duitsland gelewer het oor Confessing the One Faith: Theological Resonance between the Creed of Nicea (325 AD) and the Confession of Belhar (1982 AD).  Hierin skryf Piet o.a. die volgende oor Belhar se belydenis aangaande die identiteit van die Kerk:  “The reference to the church as a communion of saints enables Belhar to implicitly assert a contradiction to a view of community where differentiation is seen as ground for separation in stead of opportunities for mutual service and enrichment in the one visible people of God.” In terme van die Belhar belydenis beteken dit, skryf Piet op ‘n ander plek (in sy Mei 2007 lesing by die Universiteit van Chicago oor “It is Your Duty to be Human: Anthropology and Ethics in a Post-Liberation South Africa”), dat andersheid en diversiteit “should not be embedded in a tyrannical separateness, but in a celebration of difference within a constitutionally guaranteed commitment to unity and equality.” Die RCA het duidelik gedink dat Belhar uiters relevant is vir hierdie belydenis van die Kerk in ‘n Amerikaanse konteks van toenemende diversiteit waar eendersheid dikwels verabsoluteer word as ‘n vereiste vir die oorlewing van gemeenskappe of groepe wat hulself as bedreigd beskou deur “die ander”.

Vir Belhar is hierdie belydenis oor diversiteit as konstituerend vir eenheid nie gebore uit politieke opportunisme wat diversiteit romantiseer nie, maar diep gewortel in die Kerk deur die eeue se belydenis oor wie God is.  Die Drie-enige God is immers in wese een identiteit wat ons vanuit die Bybel alleen maar ken as ‘n ryke diversiteit van drie Persone in trinitariese verhouding binne daardie eenheid.  Piet skryf, “(in Belhar) the trinitarian base of faith is translated into more elaborate ecclesiological terms so that the unity of the triune God becomes motivation for an is reflected in the unity of the community of saints.” Daarom begin Belhar met ‘n trinitariese belydenis (eerste twee artikels) en sluit dit af met ‘n trinitariese doksologie (artikel 5).  Is hierdie belydenis oor die Drie-enige God blote dogma vir meeste gemeentes, of kan dit dalk ‘n bron van inspirasie wees vir hoe ons gestalte gee aan gemeentelike identiteit te midde van diverse gemeenskappe?  Is gemeentes meer gesteld daarop om laaste bastionne van eendersheid te wees te midde van die bedreiging van andersheid, of kan dit dalk ‘n omhelsing wees van diversiteit as ‘n verryking en voorwaarde vir ware eenheid?  Gemeentes wat iets van hierdie moeilike uitdaging regkry moet asseblief aanhou vertel van die mislukkings en die suksesse, sodat ons kan leer…