Posts Tagged ‘Handelinge’

Konferensie van Vineyard in Kaapstad

Written by Wilma le Roux on . Posted in Conferences, English, Vennote

Die VBO taakspan bring graag hierdie konferensie van Vineyard onder ons predikante se aandag. Die taakspan “moedig predikante aan om sover moontlik óók konferensies en kursusse van ons ekumeniese vennote by te woon. In die uitleef van ons missionale roeping is dit belangrik dat ons blootstelling kry van ander kerke en groepe.”
Hierdie onderstaande konferensie is reeds verby, en net ‘n voorbeeld van die kwaliteit van geleenthede wat in ons land aangebied word.

 

 

 

 

Craig Keener is opgelei as historikus van die klassieke Grieks-Romeinse tydperk. Hy was ‘n uitgesproke ateïs, maar het tot geloof gekom nadat hy uitgedaag is om die Bybel met ‘n oop gemoed te lees. Hy het by ‘n Pinksterkerk aangesluit en in Nuwe Testament studeer, en daarna gespesialiseer in Grieks-Romeinse en Joodse letterkunde van ongeveer 450 vC tot 250 nC. Sy kennis van die literatuur van hierdie tydperk, wat die konteks is van die Nuwe Testament, is ongeëwenaard – hy word gereeld na verwys as ‘n lopende ensiklopedie!

Daarom skryf Craig Kube en Ricky Cupido, die koördineerders van  Vineyard Western Cape ‘n brief wat hier onder volg, en wat hulle afsluit met:

Pawn your watch, sell your car, drive, Uber, ride a bike, walk or crawl – but get there!

Below is a snippet from a blurb from Costa Mitchell, National Director of Vineyard Churches SA endorsing this EPIC conference and motivating you why you should not miss out on this important event!!!

WHY CRAIG KEENER?

…What you will discover by attending this conference is the blend of passionate commitment to God’s Presence and Power, and resulting encounter with God, together with rigorous scholarship and communication of truth. All of this in a package of humility and self-deprecating humour and thrilling personal story.

You can read more about Dr. Keener’s personal conversion from atheism at http://www.salvomag.com/new/articles/salvo41/the-miracle-writer.php.

 

 

20-22 April: Handelinge-Pinkstervoorbereiding

Written by Admin on . Posted in Kursusse

Handelinge: Pinkstervoorbereiding [VBO 9]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders: Johan du Plessis en Eddie Orsmond
Datum: 20 – 22 April 2010
Plek: Stellenbosch

Die kursus skep ‘n ruimte waarbinne die Boek Handelinge individueel en gesamentlik gelees word. Deur ‘n proses van fasilitering sal deelnemers ingelei word in Communitas se Handelinge-projek, en begelei word om individueel die volledige teks van die Boek Handelinge in ‘n situasie van afsondering deur te lees, asook in groepsverband daaroor te reflekteer. Die gestelde uitkomste van die kursus is dat kursusgangers ingelig word oor die hele Handelinge-projek, asook van die belangrikste planne en uitkomste. Belangriker is dat die kursus in die formaat van ‘n soort Retreat aangebied word waar mense in die drie dae deur die hele Boek Handelinge lees. Dit kan ook dien as voorbereiding vir Pinkster, of vir ‘n leesprogram deur Handelinge in die gemeentes.

Handelinge en Gestuurde Gemeentes

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

Die Handelinge Konferensie wat vandag by die Kweekskool op Stellenbosch begin verteenwoordig ‘n prysenswaardige inisiatief tot grondige Bybelse gesprek in verband met Gestuurde Gemeentes (wens ek kon daar wees!).  Ek het die afgelope jaar hier in die VSA opgemerk dat daar nie alleen ‘n groeiende behoefte in die sg. “missional church” gesprek is vir grondliggende bydraes vanuit die Bybelwetenskappe tot ‘n beter verstaan van kerkwees in ‘n post-Christendom era nie, maar ook dat Ou Testamentiese werk (bv. Brueggemann en Fretheim) en Nuwe Testamentiese bydraes van veral iemand soos N.T. Wright toenemende aandag in hierdie kringe verdien.  Dit is veral wanneer hierdie soort noodsaaklike interdissiplinere akademiese gesprekke kan plaasvind vanuit gemeentelike realiteit waar gemeentelede die Bybel lees as God se lewende Woord vir hulle konkrete situasies dat daar die potensiaal is vir sosiaal-beliggaamde en geintegreerde ekklesiologie wat Bybels begrond is.

Baie van ons wat op ekklesiologiese vlak worstel met Gestuurde Gemeentes vanuit die praktyk en gewoontes van spesifieke gemeentes het veral ‘n behoefte aan kritiese Bybels-teologiese refleksie op hoe Bybelse interpretasie funksioneer in teologiese begrondings van missionale ekklesiologie in die sg. sendingteologie.  So bv. het David Bosch se fenomenale werk, Transforming Mission (wat steeds hier in die VSA, veral in Protestantse kringe, as die klassieke baanbrekerswerk vir ‘n nuwe sendingteologie beskou word), al dikwels kritiek ontlok vir die gebrek aan Ou Testamentiese begronding vir sy argument.  Hoe kan ons Bybels-teologies in gesprek bly met Bosch?  Maar gegewe die Handelinge konferensie, wil ek veral na een ander belangrike werk verwys wat so vyf jaar gelede uit die pen van twee Katolieke sendingteoloe verskyn het, en wat hier in die VSA gegroei het tot die status van ‘n soort Katolieke ekwivalent en aanvulling tot Bosch.  Ek verwys na Stephen Bevans en Roger Schroeder se Constants in Context: A Theology of Mission for Today (Orbis, 2004).  Die rede hoekom ek hierna verwys is dat Bevans and Schroeder in die eerste hoofstuk van hulle boek kies vir ‘n sending-teologiese begronding vir ekklesiologie vanuit Handelinge.

Bevans en Schoeder skryf, “Our thesis is that a study of Acts will confirm that the church only comes to be as it understands and accepts mission anywhere and everywhere in the world”, en dat “our contention is that the disciples really do not fully recognize themselves as church – a separate reality from Judaism – until they recognize that they are called to a mission that has as its scope ‘the ends of the earth'”.  Vir hierdie twee Katolieke sendingteoloe is sending nie alleen die moeder van all teologie nie (Martin Kahler), maar ook die moeder van die kerk.  En hulle beweer dat dit veral Handelinge is, meer as enige ander Nuwe Testamentiese boek, wat “points to the origin of the church as it engages in missionary activity“.  Hulle onderskei dan veral tussen sewe narratiewe fases in Handelinge, wat elkeen ‘n spesifieke moment in die vroee Christelike gemeenskap se selfverstaan as gestuurd en terselfdertyd as kerk verteenwoordig:  Voor-Pinkster (Hand. 1); Pinkster (Hand. 2-5); Stefanus (Hand. 6-7); Samaria en die Etiopier (Hand. 8); Kornelius en sy huishouding (Hand. 10 – 11:18); Antiochie (Hand. 11:19-26); die sending na die heidene (Hand. 12-28).  Hulle konklusie is dat “what we hope emerges from our reading of Acts is, first, a clear realization that the church, even at its origin, is ‘missionary by its very nature’; mission, in other words, is prior to the church; and, constitutive of its very existence.  Secondly… that the church’s missionary nature only emerges as the community engages with particular contexts, under the direction of the Spirit.”

Hierdie soort sendingteologiese konklusies, wat in hierdie geval gegrond is op ‘n bepaalde lees van Handelinge, het verreikende implikasies vir ons denke oor die kerk en oor gestuurde gemeentes in spesifieke kontekste.  Ek het gewonder hoe Bybelwetenskaplikes sou reageer op hierdie soort verstaan van Handelinge?