Posts Tagged ‘Heilige Gees’

Israel Leierskapstoer

Written by Wilma le Roux on . Posted in Leierskap, Retraites, VBO

ISRAEL & ISTANBUL LEIERSKAPSTOER

VIR

LERAARS, GADES, KERKLEIERS

Jerusalem_2015

Kom loop saam met ons

in die spore van Jesus!

24 November – 2 Des 2015

                                (30 VBO punte)

Stargate International gee vir kerkleiers wat voltyds in die bediening staan, sowel as hulle gades, SPESIALE AFSLAG. Die maatskappy het ook gereël dat Dr. Jannie le Roux leierskapsbeginsels aanbied waarmee leraars 30 VBO punte verdien – en dit terwyl jy saam met hom die Beloofde Land ontdek!

Stargate International sê: ‘n Spesiale aanbieding vir Kerkleiers wat voltyds in die bediening staan, is beskikbaar teen ‘n koste van slegs R18 980. Indien jou lewensmaat graag met jou wil saamreis, sal die gade-koste R23 500 bedra. Die normale toerprys is R25 980 per persoon (jy is dus welkom om enige ander persoon saam te nooi teen die normale toerprys).

Die toerleiers is dr. Jannie en Wilma Le Roux. Jannie skryf: “Ons probeer altyd op die toere wat ons begelei vir mense help om God (op)nuut te belewe. Nou gaan ons in die bewuswees van die Teenwoordigheid van God fokus op leierskapsbeginsels soos Jesus ons leer en hoor waarmee die Heilige Gees ons aanraak.” (Jannie is een van die 3 medeskrywers van “Leadership for all: Virtue practices to flourish” wat by die US Besigheidskool en elders voorgeskryf word. Hy is ook mede-redakteur van “Christen leiers – God se mense vir nuwe werklikhede”).

Daar is egter beperkte plek …  Kontak asb. dadelik vir Jannie of skakel hom by 0721275043

Vir die toerprogram met volledige inligting, kliek hier: Skematiese reisplan TURKISH AIRLINES

Wanneer jy die aangehegte Registrasievorm per persoon voltooi, en saam met die deposito aan Stargate International instuur:

  • Cc ook vir Jannie.
  • Stuur in elk geval vir hom ’n SMS of epos sodat hy weet jy gaan saam!
  • Onthou om in die verwysing by die inbetaling jou van en LeierIsrael2015 te sit.

 

 

 

 

Kom luister na Ds Dirkie van der Spuy!

Written by Wilma le Roux on . Posted in Konferensies, Nuus

Jy word genooi na twee geleenthede waar Ds Dirkie van der Spuy van Moreletapark as spreker optree. Lidmate, gemeenteleiers en veral predikante sal dit nuttig en leersaam vind. Elkeen van die twee aande is 3 VBO-punte werd.

25 Junie: Hoe lyk en werk ‘n Christelike gemeente? Die vrug van kleingroepe; hulle rol en funksionering.
26 Junie: ‘n Leier se geestelike lewe: Vervulling met die Heilige Gees; Toerusting, die rol van die Heilige Gees en die gawes.

Tyd: 19:00 tot 21:30
Plek: Parow-Panorama Gemeente
Toegang: Gratis

LW Bevestig jou bywoning by die skriba of Ds. Etienne Nolte:

Die skiba: Mariana Botha 021 9303100 of by

Ds. Etienne 083 332 4592

Laat jou bediening weer BLOM!

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

 

NUWE GROEI EN VRUG

‘n VBO-kursus

 MPA
Die Moreletapark Assosiasie (mpa) bied reeds die afgelope 3 jaar ‘n program van ondersteuning aan om leraars toe te rus om nuwe groei en vrug in hulle persoonlike lewe en in hulle gemeentes te vind.  Deur hierdie leiersbyeenkomste het hulle gesien hoe gemeentes verander nadat leraars se diepste behoeftes vervul is en harte opnuut aan die brand geraak het  met ʼn nuwe passie en ʼn visie van wat God wil doen in elke gemeente.

Daarom bied Communitas nou hierdie program aan as ‘n VBO-kursus wat plaasvind op 13-15 Mei.

Wat is die inhoud van hierdie ondersteuningsprogram?

Dit wil leraars help om ʼn breë perspektief te kry van die behoeftes wat daar in die kerk en in hule eie binneste bestaan. Onderwerpe soos “Die Woestynpad” en “Vergifnis en Vryspraak” wil leiers help om vry te kom van bagasie en nuwe vreugde en innerlike vrede te vind.

ʼn Tema soos “Leierskap” wil leraars help om meer effektief leiding te neem en ʼn groter verskil in mense se lewens te maak.  Praktiese sake soos “ ʼn Gebalanseerde lewe” wil die werk van predikant-wees ʼn lekkerder ervaring maak.

Miskien is die bespreking oor “Die werk en toerusting van die Heilige Gees” die belangrikste onderwerp wat leraars help verstaan wat dit beteken om onder die beheer van die Heilige Gees te lewe. So kan jy met groter krag en invloed jou bediening  doen.

Hoekom die kursus bywoon?

Die kursus is gerig op die praktyk en wil leraars bemoedig en met nuwe entoesiasme en visie toerus om God se wil vir hulle gemeentes beter te laat realiseer.

Uiteindelik is ons gebed dat elke leraar ʼn nuwe ontmoeting met die Here sal ervaar wat verseker nuwe blydskap, groei en vrug gaan bring.

Boeke

Die volgende twee boeke sal as basis vir die kursus dien:

  1. Wanneer die Heilige Gees Werk. Dirkie van der Spuy. Struik 2012
  2. Leierskap sonder grense. Dirkie van der Spuy. Struik. 2010
Om in te skryf, kliek hier:  VBO 16 Nuwe groei en vrug
Vir meer inligting oor plek en tye, kontak vir Wilma

 

 

Geloofsgemeenskappe as Lokus eerder as Agent van Sending

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

As verwysings na die rol van die Heilige Gees dalk ietwat ontbreek het in die ander drie ASM aanbiedings (sien http://www.communitas.co.za/tussenin/ vir ‘n oorsig van hierdie aanbiedings), dan het Inagrace Dieterrich opgemaak daarvoor in die vierde (en laaste) ASM aanbieding oor “A Vision for the Sending of the Church in North America – Ten Years On”.  En dit het alles te make met haar basiese vertrekpunt dat daar nie ‘n model vir “missional church” is wat net so oorgedra kan word van een geloofsgemeenskap na ‘n ander nie, maar dat gewoontes en praktyke van geloofsonderskeiding nodig is vir gemeentes om hul unieke deelname aan God se sending in die wereld te ontdek.  Haar basiese definisie van missional church is “Faith communities of God’s people faithfully discerning their participation in God’s mission”.  In so ‘n definisie is die fokus op die primere agentskap van God in die wereld d.m.v. die teenwoordigheid en aktiwiteit van die Heilige Gees, en meen sy tereg dat die kerk eerder die lokus van sending is (die plek waar die Gees praat en werk) as die agent van sending is (sy haal Lesslie Newbigin aan in die verband).  Op die manier maak sy die belangrike konneksie tussen sending en doksologie:  “Mission as acted out doxology… the purpose of mission not to enlarge the church or to extend its purpose, but to glorify God as the present and acting Agent in the world”.

In haar aanbieding oor die persoon en werk van die Heilige Gees het sy veral gefokus op “the missional Spirit as Creator Spirit, Eschatological Spirit, and Koinonia Spirit”. Elkeen van hierdie drie beklemtonings bring ‘n noodsaaklike perspektief op geloofsgemeenskappe se deelname aan God se sending in die wereld:

  • Skepping:  “The Spirit of life is at work in the entire creation… continuing to recreate… creation and redemption belong together.  False distinctions between spiritual and material… realistic understanding of the work of the Spirit in all of creation.” So ‘n pneumatologie verhoed gemeentes om hul verstaan van kerk-wees te vergeestelik in verhouding tot die alledaagse lewe en die materiele wereld waarin ons leef.
  • Eskatologie:  “Spirit as transcending immanence (involved in reality, but beyond our capacity to imitate)… we are drawn beyond ourselve.  The beyond draw human persons out of themselves into an eschatological openness to God’s transforming presence and activity.  The power of God’s future is active in our midst… a future beyond our imagination.  The church has its roots in the future and its branches in the present.” So ‘n pneumatologie verhoed dat die Gees geidentifiseer kan word met die self of die materiele wereld, en beklemtoon juis die noodsaaklikheid vir voortdurende prosesse van geloofsonderskeiding met ‘n openheid vir die Gees om ons voortdurend buite ons gemaksones te beweeg.
  • Koinonia:  “Koinonia is not a romantic idea but the messiness of concrete real life relationships”. So ‘n pneumatologie beweeg ons ook buite die self na die sentraliteit van verhoudinge met God, mekaar, en die vreemdeling, as die manier waarop gemeentes geloofsonderskeiding beoefen te midde van al die moeilike dinamikas en grys areas teenwoordig in verhouding met die Ander en ander.

Inagrace het die ASM gehelp met ‘n bruikbare missionaal-teologiese raamwerk waarin die agentskap van God tot die reg kom.  ‘n Mens wonder hoe dit in die alledaagse roetines van geloofsgemeenskappe lyk.  Die konferensie was bevoorreg om ten minste een so ‘n storie te hoor… wat ek graag more in ‘n volgende blog bydrae wil vertel.

Pinkstergemeenskappe 7: ‘n Vertrek vol begaafde mense

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

In hierdie laaste van my sewe blog bydraes oor Pinkstergemeenskappe – geinspireer deur Coenie Burger se werk oor gemeentes as bewegings in die kragveld van die Gees, en in teologiese gesprek met Peter Block se boek oor hoe gemeenskappe vorm en transformeer – is die fokus op gawes.  Ek verkies Coenie se voorkeur om te praat van begaafde mense (mense met gawes) eerder as bloot gawes (bl. 191), want dit verhoed ons om saaklik en instrumenteel oor gawes te dink, en dit herinner ons dat dit primer oor mense gaan wat met hulle Gees-gegewe gawes in verhouding met mekaar leef.  ‘n Fokus op begaafde mense verklaar ‘n erns oor die verskil wat God self maak as Hy nie maar bloot ‘n abstraksie, idee, of beginsel is nie, maar waar Hy werklik self teenwoordig en aktief is te midde van die morsigheid en tekortkominge waar gewone mense geloofsonderskeiding en bediening saam met mekaar beliggaam.  Coenie skryf:  “Ons glo dat die Gees nie net mense se gawes en planne in diens wil neem nie, maar dat Hy mense self (met hulle volle wese) wil intrek in die proses van die kerk en die koninkryk.”

Peter Block wys op ons natuurlike gewoonte om maar al te graag te wil fokus op probleme, tekortkominge, en behoeftes in gemeenskappe.  Hy skryf tong in die kies:  “The only cultural practices that focus on gifts are retirement parties and funerals.  We only express gratitude for your gifts when you are on your way out or gone.  If we really want to know what gifts others see in us, we have to wait for our own eulogy, and even then, as the story goes, we will miss it by a few days.” Vanuit teologiese uitgangspunt en die werklikheid van Christelike geloofsgemeenskappe is dit selfs ‘n nog groter aanklag, want dit beteken dat ons ook nie die teenwoordigheid en aktiwiteit van God in mense se lewens ernstig neem nie.  Ons realisme oor gebrekkige situasies en die sondige menslike natuur (wat natuurlik altyd so is) word dan al te maklik ‘n eensydige beklemtoning van wat nie moontlik is vanuit menslike oogpunt nie, sonder dat ons ewe gretig is om die beweging en gawes van die Gees as ‘n ewe groot realiteit in dieselfde situasies in ag te neem.  Dan bestaan die gevaar dat ons realisme bloot ‘n verskansing is van ‘n dieperliggende skaarsheidmentaliteit wat nie meer kan glo dat God ‘n verskil in en deur mense kan maak nie.

Block skryf:  “Instead of problematizing people and work, the conversation that searches for the mystery of our gifts brings the greatest change and results.” Pinkstergemeenskappe, met hul onwrikbare geloof in die misterie en realiteit van die beweging van die Gees waarvan hulle deel geword het, plaas hulle hoop op transformasie wat net in die kragveld van die Gees moontlik is, maar wat juis gebeur daar waar gewone, kwesbare mense met hul tekortkominge en swakhede worstel in alledaagse lewensituasies.

Pinkstergemeenskappe 6: ‘n Vertrek waarin mense leer om na mekaar te luister

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

Wanneer gemeentes nie bloot die objekte is van leierskap se passies, belange, en agendas nie, kan ‘n kultuur geskep word van luisterende gemeenskappe waarin daar ‘n openheid is vir mekaar se verskille van opinie, kritiek, en besware.  Dit is wat vir my so treffend is van die vroee Pinkstergemeenskap se Handelinge 6:1-7 episode, want die Handelinge 2:44 beskrywing van die eerste gemeente se “eensgesindheid” was duidelik nie ‘n romantisering van gemeenskap waarin daar nie ‘n openheid is vir “klagtes” en verskil van mening nie.  Luister is die gewoonte wat Pinkstergemeenskappe kultiveer om onderlinge verskille van mening integraal deel te maak van hul geloofsonderskeidingsprosesse.

Peter Block skryf:  “Listening is the action step that replaces defending ourselves.  Listening, understanding at a deeper level than is being expressed, is the action that creates a restorative community… This then is a key role of leadership:  get interested in people’s dissent, their doubts, and find out why this matters so much to them.  Dissent becomes commitment and accountability when we get interested in it without having to fix, explain, or answer it.” Nadat Block aandui dat daar wel “inauthentic forms of dissent” bestaan (hy verwys na “denial, rebellion, and resignation”), suggereer hy ‘n paar vrae wat die potensiaal het om ‘n openheid te skep vir “authentic dissent”:

 

  • What doubts and reservations do you have?
  • What is the no, or refusal, that you keep postponing?
  • What have you said yes to, that you no longer really mean?
  • What is a commitment or decision that you have changed your mind about?

En dan ook twee moeiliker vrae wat met diskresie hanteer moet word:

  • What forgiveness are you withholding?
  • What resentment do you hold that no one knows about?

As ons oor Pinkstervertrekke dink as plekke waar dit oor die onderskeiding van die beweging van die Gees in ons midde gaan (eerder as ons eie voorkeure, hoe sterk ookal), behoort ons nie dalk minder angstig te wees oor onderlinge verskille, en meer gefokus te wees op hoe goed ons werklik na mekaar kan luister nie?  Hoe kan ons dit beter doen?

 

Pinkstergemeenskappe 4: ‘n Vertrek met oop vensters van moontlikhede

Written by Jannie Swart on . Posted in Tussenin

Gemeentes wat beweeg in die kragveld van die Gees is oop vir die inbreking van God se toekoms op enige gegewe oomblik (“God’s promised and preferred future”, soos Pat Keifert dikwels daarna verwys).  Gemeentes is vertrekke met oop vensters waar die Duif verrassend kan invlieg.  Dit is nie iets wat vanuit die vertrek self georkestreer kan word nie.  Dit is altyd die verrassende inisiatief van God self.  Die Christelike pneumatologie ken nie die teleologie van die moderne humanisme se drang tot liniere progressie en ontwikkeling nie.  Pneumatologie is ingebed in die Christelike eskatologie, wat iets heeltemal anders is as teleologie.  Dit is georienteer aan praktyke en gewoontes van geloofsonderskeiding rondom Woord en sakrament, en in verhouding met die ander, eerder as die gekontroleerde middele van strategiese beplanning (alhoewel oomblikke van beplanning belangrik kan wees op gegewe momente binne die groter prentjie van geloofsonderskeiding). 

Peter Block, in sy boek Community: The Structure of Belonging, onderskei tussen “possibility… which lives into the future” en “problem solving… which makes improvements on the past”.  Hy skryf:  “The possibility conversation frees us to be pulled by a new future…  The leadership task is to postpone problem solving and stay focused on possibility until it is spoken with resonance and passion”.  Block meen dit is fataal wanneer ons moontlikhede begin verwar met doelstellinge, voorspellings, en optimisme.  Lg. vorm eintlik niks nie.  Dit sus net ons gewetens dat dinge darem nou ‘n bietjie beter is, en dit lig net die gemoed so effens met die illusie dat ons die toekoms kan beheer.  Block skryf:  “Possibility is not about what we plan to happen, or what we think will happen, or whether things will get better…  Nor is possibility simply a dream.  Dreaming leaves us bystanders or observers of our lives.  Possibility creates something new.  It is a declaration of a future that has the quality of being and aliveness that we choose to live into.”  Teologies sou dit vertaal kon word tot ‘n radikale toespitsing op die nuwe moontlikhede van wat God in ons midde inisieer.

Ek doen tans navorsing in ‘n gemeente wat besluit het om te eksperimenteer rondom gewoontes en praktyke van geloofsonderskeiding as hulle eenvoudig die vraag, “when we bring our gifts and desires, how do we imagine the future God bringing forth among us?”, in hulle midde plaas vir ‘n jaar lange proses van gesprekke met mekaar en in die breer gemeenskap.  Dit is vroeg in die proses alreeds vir my duidelik dat ‘n organiese benadering van geduldig wag op wat God te voorskyn gaan bring rewolusioner is in verhouding tot die tipiese visie-gedrewe benaderings.  Block skryf oor visie:  “Even the creation of a vision is part of the problem-solving mentality.  A vision is something we must wait for to realize and is most often followed by an effort to make it concrete and practical.  Even a vision, which is a more imaginative form of problem solving, needs to be postponed and replaced with possibility.”  Dit voel vir my dat Pinkster ons help verstaan hoekom ons, wanneer ons oor gemeentes dink as bewegings in die kragveld van die Gees, ons meer energie behoort te spandeer aan die kweek van gewoontes en praktyke wat kan lei tot ‘n voortdurende postuur en kultuure van geloofsonderskeiding eerder as die implementering van ‘n instrumentele benadering gebaseer op visie-doelstellings-planne-bronne-oorreding.