Posts Tagged ‘Hooploosheid as werklikheid’

Verder Geluister: Jer. 8:18-9:1

Written by Donald Katts on . Posted in Preekstudies, Verder geluister

22 September 2013 ~ Agtiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Jer. 8:18-9:1

Uit hierdie week se teks kom drie gedagtes na vore:

1.     Hooploosheid as werklikheid

In die geheel, lees die perikoop baie somber, neerslagtig en hooploos. Dit blyk dat die volk onder die oordeel van God staan – dat hulle oorgelaat is aan vernietiging en ondergang en niks maar niks hulle sal kan red nie. Op die oog af, gaan God hulle ook nie red. Dit is bestanddele vir wanhoop en hooploosheid. Dit en die woorde van die profeet wil ons herinner dat oomblikke en situasies van wanhoop en hooploosheid wel kan opduik – ons kan gekonfronteer en laat voel asof God ons verlaat het – versaak het, afwesig is, aan die vyand en of dood oorgegee het.