Posts Tagged ‘identiteit’

VBO Nuut en Geïntegreerd

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

Nuwe en Geïntegreerde

Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing

ʼn Gesamentlike projek van die drie VBO-sentra

 Communitas Logo  Excelsus logo  Logo Shepherd

                                               

Ons begin in 2015 met ʼn nuwe, tweede groep wat die gevorderde Sertifikaatkursus in Bedieningsvernuwing gaan deurloop!  

Ons nooi leraars wat 5 jaar of langer in die bediening is om saam te kom dink oor hoe ons ons bediening sinvol en verantwoordelik kan inrig.  

Die eerste groep van 35 leraars het vanjaar die eerste drie modules voltooi en ons kry baie positiewe terugvoer.

Maar wat behels hierdie sertifikaat?

Die bedoeling van die Geintegreerde Sertifikaatkursus is om leraars wat al `n rukkie in die bediening is op ʼn dieper en grondiger vlak te geheroriënteer t.o.v. hulle bediening.

  • Die kursus word dus in ʼn formaat van nege blokke (van 3–4 dae) oor die loop van drie jaar gedoen.
  • Dit wil inklusief werk deur teologie, vaardighede, houdings, roepingsbewustheid en spiritualiteit te bevorder
  • Die kursus gee nuwe insigte, maar is ook baie prakties en help mense om innoverend te werk.
  • Die struktuur van die M Th kursus word as ʼn vertrekpunt geneem, maar ʼn belangrike verskil is dat daar geen skripsie geskryf word nie.
  • Om kursusgangers dieper aan die dink en werk te kry word o.a.  ʼn joernaal gebruik.

 

Die datums vir die nuwe groep van 2015 is die volgende:

Blok 1 Om die Tye en Geleenthede te Verstaan 17-19 Feb
Blok 2 Gemeentelike Ekklesiologie 21-23 Apr
Blok 3 DIE TRINITEIT-Die Wonderlike, Vreemde God in Wie Christene Glo 1-3 Sep

Jou gebed veraai jou geloofsidentiteit.

Written by Quintus Heine on . Posted in Gebed en Spiritualiteit

Hoe weet jy watter god iemand aanbid? In die Bybelse tyd is mense herken volgens die Naam wat hulle aanbid.

Gebed is ʼn universele saak wat in byna al die godsdienste op een of ander manier beoefen word. Mense se godsdienstige oriëntasie word herken deur die identiteit van die god waarvoor hy bid. As Christene roep ons God aan omdat ons glo Hy bestaan en luister na ons gebed. Ons identiteit is in die wêreld bekend omdat ons in die Naam van Jesus Christus bid.

In Hand 9:14 en 21 word die dissipels van Christus uitgeken aan hulle gebed in die Naam van Christus. Hulle word deur die omstanders genoem: “die mense wat hierdie Naam aanroep”. Ons lees ook in 1 Kor. 2:1 dat Paulus homself identifiseer as iemand wat ook niks anders as Jesus Christus wil praat nie. Die vroeë Christene was duidelik wie hulle aanbid en in wie se krag hulle glo. Hulle is in die openbaar geïdentifiseer omdat hulle Jesus aangeroep het.

Ons geloofs-identiteit word raakgesien in ons gebede. Dit is ook die rede waaroor ek die vorige blog oor ons identiteit as gelowige weer opgeroep het. Jy sal mos nie vir God kan aanbid, as jy nie glo in die krag van Jesus nie.

Dit is dus belangrik dat ons besef tot wie ons bid en watter krag ons gebed dra. Dit openbaar ons geloofsidentiteit.
Rom. 10:14 “Maar hoe kan ʼn mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie?….”

As jy weer huiwer om te bid, dink net weer hieroor, want jou gebed openbaar jou geloofsidentiteit.