21 Oktober 2013 ~ 21e Sondag in die Koninkrykstyd ~ Jes 53:4-15

In die afgelope week was die media vol van die SKA (Square Kilometre Array) stelsel by Carnavon. Met die skottels kan wetenskaplikes miljoene jare terugkyk na die ontstaans¬geskiedenis van die heelal.

Jesaja 53 kyk terug oor die kerkgeskiedenis en sien die diepste DNA patroon van ons geloof en wat ons geskape wees raak. Iets van die onbegryplike grootsheid van die missio Dei tree helder na vore in die skrifgedeelte. Die intellektuele krag van hierdie hoofstuk, geteleskoop deur die Heilige Gees, is so verstommend soos wat die SKA in terme van die wetenskap is. As jy meer inligting oor die SKA wil hê, gaan kyk by http://www.ska.ac.za/about/project.php .

read more