Posts Tagged ‘Jeremia 18:1-10’

Verder Geluister: Jer 18:1-10 ~ Gelukkig is ons klein in ‘n genadige God se hande

Written by Christina Landman on . Posted in Preekstudies, Verder geluister

8 September 2013 ~ Sestiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Gelukkig is ons klei in ‘n genadige God se hande ~ Jeremia 18:1-10

 Ons is die klei. En God is die Pottebakker. Dit is die tema van liedere en preke en kinderbybelverhale.

Dis ongelukkig dat hierdie beeld van God wat so intiem en kreatief met die klei omgaan, dikwels gebruik word om te sê ons moet geen wil hê nie. Ons moet onsself net oorgee aan hoe God ons lewens wil vorm, word gesê, en dis net só maklik om so willoos deur die lewe te gaan terwyl God als doen. Miskien moet ons hierdie beeld ook ’n slag anders lees.