Posts Tagged ‘leier’

‘n Hartseer dag

Written by Wilma le Roux on . Posted in Nuus, Predikante begeleiding, Taakspanne, VBO

Hulde aan Freddie Schoeman

Nelis Janse van Rensburg bring treffend hulde aan Freddie Schoeman van die Oostelike Sinode, wat gister skielik oorlede is.

“Freddie Schoeman se skielike heengaan vandag, is vir die NG Kerk ‘n reuse-verlies. Hy was ‘n toegewyde leraar, pastor, priester, begeleier van mense, wonderlike liturg, uitnemende teoloog, dosent, leier, denker, innoveerder, profeet. Met sy skerp intellek, wydbelesenheid en heelhartige verbintenis om God in sy beweging in die wêreld te volg, het hy ons gehelp met diep insigte in Godskennis en menswees.

Freddie was onder baie meer onder-voorsitter van die Oostelike Sinode se Diensraad, voorsitter van die Algemene Sinode se Taakspan Vir Missionale Transformasie, NG Kerk verteenwoordiger in die bestuur van die Seisoen van Menswaardigheid, leier in die Taakspan vir Liturgie en betrokke by die ontwikkeling van preekprogramme en liturgieë. (André Bartlett skryf: ‘Freddie het ‘n fyn aanvoeling vir liturgie en ook ‘n uitgebreide kennis van die geskiedenis van die erediens en die ontwikkeling van die kerklike jaar gehad. Hy het ‘n waardevolle bydrae gelewer as lid van die eindredaksie van die “Handleiding  vir die Erediens” en het ook gereelde liturgiese bydraes gelewer vir die eredienspublikasies “Woordwyser” en “Woord en Fees “.’)

Hy het ook in die Seisoen van Luister ‘n leidende en deurslaggewende rol gespeel. Hy het ook in talle sinodale werksaamhede leiding geneem en ‘n rol gespeel. Intussen het hy sy gemeente getrou bedien en begelei.
Sy deeglikheid en hardwerkenheid het menige hardwerkende kollegas telkens beskaam.

Maar dit was sy menswees, sterk en sag, gefokus en ruimhartig, taak- en mensgerig, wat my sal laat verlang na Freddie. Sy kalmte onder druk, lojaliteit en hulp, omgee en vriendskap het oor die afgelope jare vir my en talle ander oneindig baie beteken. Ons gaan swaar die leemte vul wat sy heengaan laat.

Ons bid vir Alma en sy kinders. Ons kan maar net raai hoe hulle voel. Mag ons almal in hierdie dae, ingeneem in die verhouding tussen Vader, Seun en Gees, ervaar hoe God ons troos en saamneem in die koms van sy koninkryk.
Ons opregte simpatie gaan ook aan sy gemeente, Lyttelton-Oos, sowel as die Oostelike Sinode.”  *

Frederick Marias, PSD vir Kerklike Opleiding by Communitas op Stellenbosch, voeg by:

“Freddie was ʼn medewerker by Communitas en het o.a. help ontwerp aan die Sertifikaatkursus en van die modules aangebied. Hy was sedert 2016 ook voorsitter van die VBO-Forum.

Ons eer sy nagedagtenis en bid vir sy vrou Alma, hul kinders en kleinkind.

Om te wát met ʼn Gevorderde Sertifikaat?

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

 Logo's Sentra  VBO Nuut en Geintegreerd

Waarom 9 kursusse in 3 jaar? Hoekom sal ek nodig hê dat iemand namens my besluit wat ek moet leer? So vra iemand oor die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing, ʼn reeks kursusse wat jou oor ʼn tydperk van 3 jaar op ʼn nuwe leerkurwe neem.

In hierdie tyd gaan jy delf in werke van die mees relevante teologiese werke van ons tyd; gaan jy gesels saam met kollegas oor vraagstukke en vrese en saam na oplossings en antwoorde soek.

Iemand wat in 2014 die eerste 3 blokke deurloop het, som dit so op:

“’We read to know we’re not alone,’ het C.S Lewis blykbaar gesê. Ek het onlangs by ‘n nuwe gemeente begin werk en in my veertien jaar van bediening is dit my eerste een-man gemeente. Meer as ooit verlang ek na my kollegas – nie net wat werkverdeling betref nie maar veral wat goeie wederkerige vorming en saam groei binne ‘n unieke konteks betref. Die sertifikaat-kursus kom regtig tot my redding wat ‘n paar aspekte van my (een-man)bediening behels: Ons is ‘n groep leraars, van uiteenlopende kontekste, wat saam vir drie jaar op reis is.

“Ons kom sit elkeen met ons eie unieke konteks rondom hierdie tafel en tree in gesprek daarmee en met mekaar. Dit is dus ‘n skeppende proses waarin ons saam groei in sekere kern gesindhede, vaardighede en gewoontes vir bediening in ons tyd. Die aanbieders lewer nie teologiese monoloë uit hul akademiese kokonne nie, maar bring dit deurgaans terug na ons konteks en praat vanuit hul bedieningskontekste. Vir iemand soos ek wat baie bewus van die konstante vloeibaarheid van ons tye soms paniekerig die nuutste boek gryp (in die hoop op antwoorde, inspirasie en groei), is hierdie sistematiese bedieningsrelevante reis inderdaad ‘n pelgrimstog soos Eugene Peterson se “A long obedience in the same direction.” Ek kan nie wag om te sien wat met ons om die volgende draai gaan gebeur nie.

“Die drie blokke het vir my as mens persoonlik en as predikant baie beteken.  Uiteindelik is van dié kennis ook met gemeenteleiers bespreek en begin implementeer vir die gemeente se rol en taak as gestuurde geloofsgemeenskap.”

Kyk verder onder oor die uiteensetting van die eerste drie blokke waarmee ons weer vanjaar begin.

Kom luister na Ds Dirkie van der Spuy!

Written by Wilma le Roux on . Posted in Konferensies, Nuus

Jy word genooi na twee geleenthede waar Ds Dirkie van der Spuy van Moreletapark as spreker optree. Lidmate, gemeenteleiers en veral predikante sal dit nuttig en leersaam vind. Elkeen van die twee aande is 3 VBO-punte werd.

25 Junie: Hoe lyk en werk ‘n Christelike gemeente? Die vrug van kleingroepe; hulle rol en funksionering.
26 Junie: ‘n Leier se geestelike lewe: Vervulling met die Heilige Gees; Toerusting, die rol van die Heilige Gees en die gawes.

Tyd: 19:00 tot 21:30
Plek: Parow-Panorama Gemeente
Toegang: Gratis

LW Bevestig jou bywoning by die skriba of Ds. Etienne Nolte:

Die skiba: Mariana Botha 021 9303100 of by

Ds. Etienne 083 332 4592

Spesiaal vir alle Leiers

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

 PEAK

PEAK LEADERSHIP:

Hoe persoonlike leierskap die gemeente en gemeenskap na nuwe hoogtes (“peaks”) kan begelei.

Wanneer?   18 –20 Feb 2014

Waar?     Stellenbosch

Aanbieders:  Jannie le Roux & Peet Bester

Tema en Doel 

Dis nie net ’n kursus vir besigheidsleiers nie. Dis ’n tydige kursus vir geestelike leiers vir die huidige werklikheid waarin God ons plaas!

Hierdie kursus help leiers om te ontdek wat is die sogenaamde “Nuwe Ekonomie” en hoe om mense te begelei om mede-skeppend te word. Deelnemers leer hulle eie VISA-styl ontdek wat hulle in staat stel om beter as span (“village”) te werk. Die krag van die kollektiewe wysheid word deurgaans beoefen sodat leiers by mekaar leer asook eer wat ander aan te bied het.

3 ANKERS OM JOU ANGSTIGHEID TE FOKUS

Written by Jannie le Roux on . Posted in Inspirasie

 Anker3  Anker2  Anker1

Angstigheid is deel van die leier se lewe.

Normaalweg is angstigheid die aansporing om gereed te maak vir gevaar. Dis die aanmoediging om jou posisie te skuif, te leer en verander. Ongelukkig loop sommige leiers met soveel angstigheid rond dat die lewe gewoon verbygaan sonder vervulling en vreugde.

Hoewel die kerk bekend is vir die boodskap van vrede en vreugde, steel hierdie vryvloeiende angstigheid leierskap in die kerk se vrede en vreugde. Dit hou die leier die heeltyd op sy of haar hoede teen kollegas en medegelowiges, en veroorsaak dat jy almal as vyande begin beleef. En jy begin verloor jou liefde vir almal. Jou taal verander van oorvloedstaal na gebrekstaal. Jy begin praat van “hulle” in plaas van “ons”.

In die PEAK Leadership kursus wat ons aanbied, is een van die meta-vaardighede “Embracing Anxiety”. Dis juis toe ons dit nou weer aanbied dat ek besef hoe angstigheid verhoudinge en vernuwing belemmer.

Hier is drie ankerspreuke om te help.

MISSIONÊRE KLEINGROEPE – wat is fout met kleingroepe?

Written by Jannie le Roux on . Posted in Ontwikkeling

Ek wonder al ‘n paar jaar hoekom kleingroepe oftewel omgeegroepe nie in ons gemeente so lekker van die grond kom nie. Na die bekende 40-dae storie van Rick Warren se doelgerigte lewe, was die groepe vir daardie tydperk meer, maar krimp toe weer drasties. Ek troos myself soos Rick en die ander dat daar darem meer is as waarmee ons begin het.

Ons is deur die fase van die struktuurgedrewe model van “Die Selgemeente” wat ons daar by George geleer het, en ek moet bieg ek is nie so struktuurgedrewe nie. Toe volg die fase wat ons by die Jetro-model en die G-wat-ook-al geleer het, wat baie mooi op papier klink, maar my nog meer laat besef hoe vrot ek organisatories met hierdie goed is. Die goed laat net die skuldgevoelens vermeerder. Daarna het ons begin fokus op die 40-dae veldtog van Rick Warren se doelgerigte lewe. Vir daardie tyd was almal wonderlik doelgerig, om daarna aan te gaan met die res van hulle lewe. Vir daardie tydperk was die groepe baie meer, maar krimp toe weer drasties. Ek troos myself soos Rick en die ander dat daar darem meer is as waarmee ons begin het.

Regdeur het ons agtergekom dat vermenigvuldiging nie by ons mense so maklik is nie. Hulle hou nie van afskeid neem van mekaar nie. Uit elke drie groepe wat vermenigvuldig, bly een of hoogstens twee oor. Ook is die dilemme met Rick se “gasheer” gedagte dat niemand regtig leierskap neem waaruit dissipels kan ontwikkel nie. Niemand sê “Volg my” nie,  en ons leer al hoe meer by die mense wat die DVD’s maak, maar neem steeds nie eie verantwoordelikheid nie. Omdat ons as ‘n bestaande gemeente transformeer, is ons ook nie soos gemeentes waar mense van dag een af moet inskakel by kleingroepe nie. Ons is eintlik besig om die hele kultuur van ons gemeentewees te verander. En ek lees op die internet dat die bekende transformasiekundige prof John Kotter in sy onlangse boek A Sense of Urgency beweer 70% van die organisasies slaag nie met verandering nie. Wat ‘n soberende gedagte! Die goeie nuus is dat 10% wel slaag, en dan met verrassend goeie resultate. Blykbaar is dit die groep wat voortdurend sy eerste beginsel bly toepas, en dis om voortdurend ‘n besef van dringendheid in die hele organisasie te handhaaf.

PARADIGMASKUIF. Verlede jaar het ek begin om anders te begin dink oor ons kleingroepe. Ek dink steeds dis een van die beste maniere om saam te groei as dissipels, maar ek het begin dink aan die kleingroep as ‘n sturende groep. En gemotiveer dat elkeen van ons kleingroepe moet begin bid en vra dat een van hulle as ‘n “sendeling” afvaardig moet word om ‘n nuwe groep te begin. Wel, dit het in vanuit van ons groepe begin!

Ek dink nie dis net een metode of verstaan wat help nie, maar ‘n verskeidenheid. Vandag het ek nog ‘n tree verder geskuif. Dis om die kleingroepe as missionêre gemeenskappe te verstaan.

Omdat ons die gemeente in ‘n nuwe fase lei, het ek gewonder of daar nog mense soos ek is wat wonder oor die kleingroepe. Toe google ek. In Februarie skryf Geoff Surratt Why small groups don’t work. Sy argument in kort is dat baie beweer dit moet werk, maar sukkel daarmee WANT ONS MIS DIE PUNT. Die punt van kleingroepe is nie om relasioneel te wees, of dissipels te maak, of diens te lewer nie, dis alles ‘n effek daarvan. DIE PUNT IS:

The point of small groups should be to rally around a cause, a purpose, a mission and to change the world. Our normal expectations for small groups is tragically anemic. Your small group shouldn’t just change you, or change your friends; your small group should rock the world. “They have turned the world upside down, and now they have come to our town.”

Daarom dink ek: MISSIONÊRE KLEINGROEPE… Ons kleingroepe is missionêre gemeenskappe BINNE die gemeenskap wat lankal nie meer aan die kerk behoort nie. ONS GEMEENSKAPPE IS ONS SENDINGVELD. Lokaal. Rondom ons.

Hoe verander dit jou persepsie? En waarmee kan jy leiers help? Laat weet asb.

MISSIONÊRE KLEINGROEPE – wat is fout met kleingroepe?

Written by Jannie le Roux on . Posted in Kleingroepe