{ARGIEF}

Luister

Kinders meet kragte met ouers

My kind meet kragte met my – en wen

‘n Radelose ouer vertel dat haar voorskoolse kind weier om opdragte uit te voer. Hy weier onder andere volstrek om sy speelgoed op te tel as hy klaar gespeel het. Sy gee dan vir hom ‘n keuse soos: “As jy nie jou speelgoed optel nie, kan ons nie die storie lees wat jy so graag wil hoor nie.” Hy kies dan om nie die storie te hoor nie. Dit maak nie saak wat sy probeer nie – hy hou voet by stuk en gee nie in nie.

Iemand anders vertel dat sy as klein kind geweier het om in opdrag van haar ouers vir haar boetie verskoning te vra omdat sy “lelik” was met hom. Sy is aangesê om op ‘n stoel te sit tot sy kans sien om verskoning te vra. Sy het ure op die stoel deurgebring, maar kon nie beweeg word om verskoning te vra nie.

Ouers beland onverhoeds in so ‘n “oorlog” of “magstryd” met weerstandige kinders oor hulle verantwoordelikhede en pligte. Wat ouers moet verstaan is dat hulle nie die stryd kan wen nie. Kinders het al die tyd in die wêreld om die magspel te speel en jou te toets en te beproef. Al raad is om die kind oor te haal tot ‘n ander siening.

1.  Fokus op die probleem en nie op jou kind of die stryd nie, want as ma op die kind  fokus en hom beskuldig, byvoorbeeld: “Jy is ongehoorsaam/ stout”, verstaan hy dat hy die probleem is. Hy voel dan veronreg en jammer vir homself en nie oor sy ongewenste gedrag nie. Boonop sal die kind ervaar dat sy ouer onbillik teenoor hom is.  As sy in ‘n stryd tree met haar kind oor byvoorbeeld optel van speelgoed, kan ‘n volskaalse magstryd ontstaan sonder dat die probleem opgelos word. Dit help die ouer om minder emosioneel te reageer en gee perspektief as sy in haar gedagtes die probleem van haar kind skei en vir haarself sê dat hy nie die probleem is nie. Sy is vir hom lief en hy is pragtig en is nie ‘n slegte mens omdat hy nie die speelgoed optel nie. Die probleem is dat die speelgoed nie opgetel word nie.

read more

OUERS VERTEL HOE HULLE NA KINDERS LUISTER

Ons kyk na die pad om te volg as ons waardes wil vestig:

Doeltreffende kommunikasie → positiewe verhoudings → Veilige ruimte vir vestiging van waardes

Kinders se grootste klagte oor ouers is: “Hulle luister nie na wat ons sê nie”. Ouers se reaksie:Dit is nie waar nie”. Om ons einddoel te bereik, begin ons dus heel voor,  by kommunikasie. Klaarblyklik is ouers van mening dat hulle wel luister, terwyl hulle kinders dit anders beleef.  Wat kan ouers doen om hulle kinders te oortuig dat hulle luister?

Hier volg wenke van ‘n aantal ouers:

read more

Die Luisterende Simfonie van Gestuurde Advent Gemeentes

Advent breek weer ons gejaagde lewens in.  Skielik, onverwags, elke jaar hierdie tyd, uit die toekoms.  Soos die bruidegom in die nag. Dan is dit tyd om die simfonieorkes tot bedaring te bring.  Die gewone uitvoerings van die jaar te stop.  Die musiek te verdoof. 'n...

read more

Hoop se Absurde en Omgekeerde Logika

Ek speel nog steeds rond met die onlangse Verantwoordelike Vernuwing konferensie se hoop tema, want dit duik oral op in leeswerk waarmee ek tans besig is vir navorsing oor imagination.  As die christelike hoop primer hoop is in die moontlikhede van God self (sien vorige blog bydraes hieroor van Chris Jones en myself), dan sou hoop ook beskryf kon word in Richard Kearney se metafoor van “desire of God” (in ‘n bundel oor God, the Gift, and Postmodernism wat deur John Caputo en Michael Scanlon geredigeer is).
Kearney beweer daar is twee verskillende maniere waarop God “begeer” kan word.

Die eerste is vanuit ‘n skaarsheidmentaliteit wat absolute kennis begeer vanuit die bewustheid van ‘n gebrek daaraan.  Hierdie soort begeerte kan terug herlei word na Bybelse verhale oor Adam se val en die Toring van Babel.  Dit verteenwoordig wat Kearney, in sy boek The Wake of the Imagination, na verwys as “the ‘evil drive’ (yezer hara) to be God by refashioning Yahweh in our own image.”  In sy Confessions verwys Augustinus hierna as “an empty curiosity… dignified and masked by the name of learning and science… to investigate the concealed working of nature beyond our ken, which it does no good to know  and which men want to know only for the sake of knowing” (soos aangehaal deur Kearney).  Uiteindelik is dit ‘n hoop in wat ons kan sien eerder as Paulus se hoop in dit wat nie gesien kan word nie (Rom. 8:25).  Luther het telkens gewaarsku teen hierdie soort begeerte om God te reduseer tot ‘n besitting van ons metafisiese visie (visio dei), en dat dit niks anders is nie as ‘n begeerte om te domineer en bemeester.  Hoop neem die vorm aan van ons begeerte om ons beperkinge te oorkom met die mag van sekerheid.

read more