Die gesprek was diep, fasinerend, en uiteindelik ‘n teologiese besinning oor wat dit vir Christene beteken om vanuit bevoorregte omstandighede en te midde van ‘n materialistiese kultuur in verhouding te leef met diegene wat minder bevoorreg is en in armoede leef. Die worsteling in ons gesprek word goed opgesom in ‘n preek wat my vriend se vriendin (haar naam is Tamie) gelewer het kort nadat sy teruggekom het uit Suid-Afrika. Ek deel dit graag hier (al beteken dit ‘n langer blog bydrae as gewoonlik), want dit help my om weer te dink oor wat ons in gemeentes doen in die verband. Ek is veral getref deur die impak wat die mense van Khayelitsha en Langa op hierdie Amerikaanse vrou gemaak het met hulle gasvryheid, en veral die oenskynlike geluk wat hulle vind in ‘n eenvoudige lewenstyl. Ek het maar net weer besef dat om veel meer gaan as om bloot aan arm mense te dink as die objekte van ons welsynsprojekte, en hoe ons dikwels ons hulp aan ander as ‘n verskoning gebruik om nie verhoudings te bou waarin ons ook ‘n kans het om te verander nie. Kan ons dalk stories deel van gewoontes en praktyke wat gemeentes in die verband kweek?
Hier is Tamie se preek: