Posts Tagged ‘Personeel’

Bêre jou kerkskoene en trek jou “gumboots” aan …

Written by Wilma le Roux on . Posted in Communitas Inligting, Nuus, Personeel, Personeel-funksies

Communitas Spandag

2017

… ons gaan aarbeie pluk !

Vrydag 17 September was Communitas se verjaarsdag, en na die koek-en-tee om die geleentheid behoorlik te vier, het die span letterlik hul gumboots aangetrek en gaan aarbeie pluk.

Polkadraai het pas oopgemaak en die kompetisie was groot om te kyk wie … die meeste kan EET, en … die grootste aarbei kan pluk!

 

Communitas-samesyn

Written by Wilma le Roux on . Posted in Argief, Communitas Inligting, Ekklesia, Personeel, Taakspanne

Op Maandag 11 Julie toe die meeste van Communitas se personeel weer terug op kantoor was na ‘n lekker winterbreek, het die dames besluit om pannekoek te bak in die boonste kombuis en almal  in die gebou te nooi om te kom saamkuier  met lekker koffie en pannekoek. (Eintlik het Adrienne en Mathilda al die werk gedoen!) Amanda was so gaaf om ‘n yslike kaaskoek te organiseer, en skielik was daar ‘n fees waar twee nuwelinge verwelkom is (Pieter van der Walt wat op 1 Augustus as PSD:Navorsing aansluit en Isabelle Murray wat op 1 Junie begin het as Argiefbeampte); twee verjaarsdae gevier is (Amanda van Niekerk, 26 Junie en Peter Adams, 30 Junie) en die personeel van Communitas se verskillende afdelings saam met dié van Ekklesia, die Seminarium en die Argief kon kuier en mekaar beter leer ken, en sommer net die nuwe kwartaal en die lewe vier!
Hier onder is ‘n paar foto’s om dit uit te beeld: (kliek op Continue Reading) – elke foto se byskrif verskyn bokant die foto.

Communitas Personeelfunksie 2014

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies

Christmas candles

 Jaar-eindfunksie by Zevenwacht

  • P1090277
  • P1090276
  • P1090272
  • P1090281
  • P1090287
  • P1090285
  • P1090286
  • Zevenwacht Restaurant
  • Pragtige uitsig oor die dam
  • 'n Keurig gedekte tafel wag vir ons
  • Joanie en Sharon by Die Burger se Moeder Kersfees ... ongelukkig was sy reeds weg toe ons ander daar kom!
  • Die personeel se een helfte ...
  • ... en die ander helfte
  • Frederick sê dankie

“Baie dankie aan ieder en elk wat die funksie ‘n sukses gemaak het; ons waardeer mekaar! ”

“Dankie vir die lekker saam kuier en saamwerk. Dankie ook aan Sharon en Joanie vir die reëlings en lekker bederf!”

“Dit was ’n voorreg om saam met julle al die geleenthede van 2014 kon uitkoop en saam met julle die uitdagings van die jaar kon aanpak.  Een ding wat ek hierdie jaar geleer het, is dat families hoogs aanpasbare sisteme is . Daar is min situasies wat families kan breek! Ek beleef dat ons saam ook ’n familie is en daarom land ons altyd weer op ons voete! Mag julle goed rus en reg wees vir die nuwe jaar.”

Sekretaressedag 2014

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies

Ons bederf-dag by Molenvliet was heeeerlik!

Baie dankie aan ons werkgewers wat dit moontlik gemaak het … Dis lekker om gewaardeerd te voel!

“Ek hoop julle geniet die ete baie en glo my julle verdien elke moontilke dankie van ons kant. Communitas is baie afhanklik van julle diens en julle gesindheid in ons dienslewering aan gemeentes.

Julle gee meer as wat van julle gevra word en ek wil graag op die dag weer dankie sê daarvoor.”

  • IMG-20140903-01055

  • IMG-20140903-01056

  • IMG-20140903-01061

  • IMG-20140903-01067

  • IMG-20140903-01069

Sekretaressedag 2013

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies

Woensdag 4 September was weer sekretaressedag, en die dames van Communitas is getrakteer op ‘n ontbyt by Jan Cats restaurant by die Stellenbosch Hotel. Is ons nie bevoorreg om vir sulke wonderlike base te werk nie?! Hulle is mense wat raaksien wat ons doen en het o.a.gesê:

“Aitsa, maar ons het darem ‘n paar pragtige en deftige sekretaresse. Julle lyk tog te fraai so op die trappies.”

“Hoekom dink ek dan nou aan Jabob se droom!  Aan die leer en die engele en al die klippe wat julle uit ons pad rol!  Dankie vir julle onvermoeide diensbaarheid.”

“Dankie vir julle gesindheid waarmee julle werk. Ons kan ver kom daarmee!”

“Baie dankie ook vir wie julle is en vir wat julle doen!  Ons voel geseënd om saam met julle te kan werk!”

Ons ís bevoorreg …
 

 P1070934  P1070935  Terugstap
 Om die tafel in Jan Cats  Die dames – stairway to Heaven!  Die terugstap in ons prentjiemooi omgewing was sommer deel van die bederf