Posts Tagged ‘preek’

VBO vir eerste kwartaal

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

Die eerste kwartaal is nou volstoom aan die gang. Ek weet ek moet VBO-kursusse bywoon en aan my VBO-profiel aandag gee, maar WAT kies ek?

Hier is die tabel met die eerste kwartaal se VBO-kursusse in kort aangedui:

Datum Kursus
24-26 Jan Certificate Mod 4: Identity– who are we and where do we fit in?
31 Jan–2 Feb Sertifikaat Blok 7: Missionale Gemeentes – hoopvol en energiek vir ons roeping
14-16 Feb Padlangs Ouerskap
17-18 Feb Lidmaatprediker kursus
21-23 Feb Certificate Mod 1: About our context – a deeper

understanding of the world and times we live in

21-23 Feb Praktiese preekmaak: Ontwikkel jou preekmaak-vaardighede  
28 Feb–2Mar Gemeente en Gemeenskap (Diaconia)
6-9 Mar Retraite oor Dissipelskap – ‘n opvolg op Geloofsreis 2
9-11 Mar Geestelike Sorg en Berading
22,23,27 Mar; 18,19  Apr SA Lectionary – Die gebruik van die SA Leesrooster
17-18 Mar The Justice Conference South Africa
22-23 Mar ‘n Eties-Relasionele Benadering (kontekstueel) in die Pastoraat –

‘n Benadering op die voetspoor van die Hongaarse Psigiater

Ivan Boszormenyi-Nagy

30 Mar Geloofsonderskeidingskursus opvolg

 

Groot Konferensie, Groot Sukses!

Written by Wilma le Roux on . Posted in Ekklesia, Konferensies, VBO

Worship

Conference

2015

 Worship Conference

Hierdie is waarskynlik die omvangrykste konferensie nóg in Suid Afrika oor die erediens en liturgie – ons dink nie daar was al `n liturgiekonferensie van hierdie omvang in ons land gehou nie.  48 temas is deur 34 sprekers en predikers aangebied – sprekers vanoor die hele land, asook 4 van die Calvin Institute van Amerika.

Ons weet dat gereformeerdes deur die tyd nie baie aandag aan erediens en liturgie gegee het nie.  Hierdie instituut is besig om ons te help om in te haal op die agterstand.

Ongeveer 200 mense het ingeskryf vir hierdie konferensie met sy unieke en baie interessante reeks temas, wat ingesluit het:

Die betekenis en doel van Aanbidding/ Wat maak `n erediens goed?/ Om die liturgie van swart kerke beter te verstaan/ Om God te verheerlik in die erediens…/ Kreatiwiteit in ons aanbidding / Hoe word mense verander deur die erediens?/ Die rol van tegnologie in die erediens / Die plek van musiek in die erediens/ Wat maak dat mense na `n preek luister/ Plek vir die sakramente / Erediens en Pastorale Sorg / Kinders in die erediens… en nog veel meer!

Die fasiliteite van Helderberg Gemeente in Somerset-Wes leen hom uitstekend vir ‘n konferensie van hierdie omvang, en benewens die hooftemas kon ‘n groot verskeidenheid van wegbreeksesssies bygewoon word.

Gedurende teetye en etenstye (wat aangebied is deur ‘n baie bekwame spysenieringspan) het konferensiegangers wat bestaan het uit ‘n groot verskeidenheid van kultuurgroepe en denominasies, lekker saamgekuier en mekaar leer ken.

In Frederick Marais se woorde:  “Ons is baie trots om deel van so ‘n uitstekende konferensie te kan wees. Die samestelling van die gehoor is so hoopvol in tye wat ons land se mense sukkel om mekaar te hoor en te waardeer!”

Op die foto wat geneem is van die Beplanningskomitee saam met die 4 Amerikaners, is van links na regs:

Keith Griffiths, Debbie van de Laar, David Rylaarsdam (VSA), Duane Keldermann (VSA), Ankia du Plooÿ, Coenie Burger, Kathy Smith (VSA), Bruce Theron, John van de Laar, James Nicolson en Neal Plantinga (VSA).

Groepsfoto IMG_3129

Die volgende foto het verskyn op Helderberg Gemeente se webblad met die titel: Oor grense heen – wat ‘n pragtige illustrasie is van die gesindhede en uitreik na mekaar tydens die konferensie.

Oor grense heen_Worship Conf

(Beide foto’s geplaas met erkenning aan Jan Branders, kommunikasiebeampte by Helderberg Gemeente.)

Wat gebeur as ‘n mens preek?

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

DIE PATOS VAN PREDIKING

‘n Praktiese kursus oor die prediking

16-18 September 2014

 prediking

Die vraag wat ons in hierdie kursus interesseer, is die vraag na die eie aard van die prediking. Wat gebeur as ʼn mens preek? Ons werk met die Woord van God, maar ons weet dat die proses om hierdie goddelike Woord te ontrafel, in ʼn nuwe vorm te giet en uiteindelik voor te dra ʼn menslike proses is. Dis iets wat tegelyk ʼn kruis, ongelooflike moeite en harde werk is en terselfdertyd iets wat nie die produk is van ons harde werk nie.

ʼn Mens kan ook die vraag vra: hoe praat God deur die stem van die prediker? Of ʼn mens kan dit andersom vra: Hoe kommunikeer die prediker die stem van God?

Die rede hoekom dit belangrik is, is omdat die antwoord op hier “wat” van die prediking die “hoe” daarvan ingrypend beïnvloed. Alles wat ons kan praat oor die konteks waarin ons onsself bevind, alle spreke oor kreatiwiteit in die prediking rus ten diepste in hierdie verstaan van wat gebeur as ʼn mens preek.

Waaroor gaan die kursus?

  • Hoe gaan dit met die prediking in ons gemeentes? En met ons as predikers?
  • Ons kyk na ‘n kort inleiding oor die homiletiese situasie. Wat gaan aan in die wêreld waarin ons moet preek en wie is die mense vir wie ons preek?
  • Wat is die elemente van ‘n preekverhaal? Vertel jou eie preekverhaal  – ontdek sterk punte en leemtes  rondom die “ek” in die prediking
  • Wat is die ideaal? Wat kan prediking doen? Wat kan dit nie doen nie? Wat verstaan ons onder prediking? Teologie van die prediking.
  • Wat leer ons uit die Joodse en vroeg-Christelike tradisie in verband met die prediking? Watter rol het prediking in die Nuwe Testament gespeel?
  • Wat is ‘n geloofwaardige respons? Hoe maak ons skuiwe? Ons kyk na ‘n preekmaakmetode. Aandag aan vormgewing in die preek.

Na die tyd sal jy:

  • ʼn Beter begrip vir die homiletiese situasie hê en wie die mense is vir wie ons preek.
  • Verstaan wat die eie aard van die prediking is en wat gebeur as ʼn mens preek.
  • Beter insig hê in die rol wat die prediking in die vroeë kerk gespeel het.
  • Groter duidelikheid hê oor ʼn preekmaakmetode en aandag vir die vormgewing van die prediking.

Vir meer inligting, kontak Wilma

Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm: VBO 24 Patos van Prediking