Na aanleiding van die vrae wat in die media gevra word oor wat ons op ‘n Sondag mag doen en wat nie, het ek weer ‘n artikel wat ek destyds daaroor geskryf het gaan opdiep.
1  Waar kom die Opstandingfees vandaan?

Die belangrikste fees wat die eerste Christene gevier het, was die opstanding. Die opstandingsfees was ʼn nuwe fees wat die identiteit van ʼn nuwe radikale geloofsgemeenskap bevestig het. Vandag noem ons dit Sondag. Dit was die enigste fees wat die vroeë Christene gevier het. Dit het natuurlik baie verskil  van die Joodse Sabbat. Die Joodse Sabbat was ʼn fees op die 7de dag, maar die Christelike opstandingsdag was ʼn nuwe fees met nuwe inhoud op die eerste dag van die week.

read more