Posts Tagged ‘sekretaresse’

Totsiens, José!

Written by Wilma le Roux on . Posted in Jeug en familie, Personeel, Personeel-funksies

Ons groet

José

van die

Jeugkantoor

Vandag het ons afskeid geneem van José Layman, die vriendelike stem van die Jeugkantoor by Communitas. José gaan eers ‘n sabbatstydperk neem waarin sy kan rus en meer aandag kan gee aan haarself, haar gesin wat haar so na aan die hart lê, en haar sang as deel van die Libertaskoor, haar ander groot passie in die lewe.

Anriëtte de Ridder het haar afskeidsboodskap aan José gekoppel aan José se naam, en spesifiek verwys na José se karakter as

  • Jesus-volgeling – wat sy met haar lewe en haar sang uitleef,
  • Opregtheid – in haar belangstelling in ander,
  • Standvastigheid – die rots in haar familie – en
  • Entoesiasme, die manier waarop sy almal verwelkom het en elke taak met ywer aangepak het.

José, geniet die ruskans, en sterkte met die nuwe pad wat jy vroeg in die nuwe jaar in ‘n nuwe loopbaan gaan aanpak.

Ons gaan jou mis!

Vlnr: Adrienne Bester, Amanda van Niekerk, Divine Robertson, Julia Daniels, José, Susan Marais, Sonia van Rooyen José en Anriëtte de Ridder, PSD Jeug- en Familiebediening

 

 

 

 

Sekretaressedag 2014

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies

Ons bederf-dag by Molenvliet was heeeerlik!

Baie dankie aan ons werkgewers wat dit moontlik gemaak het … Dis lekker om gewaardeerd te voel!

“Ek hoop julle geniet die ete baie en glo my julle verdien elke moontilke dankie van ons kant. Communitas is baie afhanklik van julle diens en julle gesindheid in ons dienslewering aan gemeentes.

Julle gee meer as wat van julle gevra word en ek wil graag op die dag weer dankie sê daarvoor.”

  • IMG-20140903-01055

  • IMG-20140903-01056

  • IMG-20140903-01061

  • IMG-20140903-01067

  • IMG-20140903-01069