Christo Benade vra aan die aan die einde van verlede jaar die volgende vraag: Weerhou ons Gereformeerde DNA ons daarvan om ‘n missionêre kerk te wees? Sy agument is dat ons gerefomeerde tradisie ontstaan het in ‘n tyd van die Christendom en dat ons daarom willens en wetens, of einde willens en onwetens ‘n Christendom DNA in ons dra en dat di tons daarvan weerhou om missionaal te wees.

Ek dink Christo maak ‘n waardevolle waarneming.  Ons moet eenvoudig eerlik wees oor die Christendom erflating waarmee ons leef en dit eerlik in die oe kyk dat dit ons in hierdie era van ‘n post-christedom kniehalter. Te veel van ons verwag nog dat die gemeenskap regop sal staan as die kerk verbykom, of meer nog dat die vernuwing eintlik daaroor gaan dat die kerk weer die sentrale posisie(mags) moet inneem in die samelewing. Vir ‘n groot deel van ons kerk is dit byna onmoontlik om iets anders te verbeel as ‘n Christendom toekoms. Dit is voorwaar in ons DNA.

Ek dink egter daar is ook ‘n ander kant van die saak. Die gereformeerde tradisie het ontstaan in die Noord-Europese kultuur van vaste strukture en die beliggaming van die gereformeerde visie het binne hierdie kultuur haar eerste baba-treetjies gegee. Indien dieselfde visie in Suid-Europe, of Afrika, of Suid-Amerika die eerste keer geinkulturaliseer sou word, sou ons vandag verseker met ‘n ander gereformeerde gemeenskap gesit het.

 

read more