Ek het al dikwels van my knieë opgestaan en gewonder of my voorbidding werklik ʼn verskil maak. Dit gebeur soms dat ons kragtig bid vir ʼn saak of persoon en nooit weet wat die uiteinde daarvan is nie. 

Openbaring 8 het my weer herinner hoe kosbaar ons gebede  in God se oë is. In die teks word vertel dat daar met die eindoordeel ʼn halfuur stilte in die hemel sal wees. Tradisioneel word daar twee verklarings vir die gedeelte gegee. Albei het met gebed te make en sluit baie nou bymekaar aan. 

read more