Twitter by communitasweb!

Twitter is 'n gratis diens aan gemeenskappe oor die wêreld om met mekaar te kan kommunikeer.  Deur die uitruil van kort gereelde boodskappe - amper soos sms'e - kan 'n mens in voeling bly met wat in hierdie gemeenskappe aangaan.

Communitas sluit hierby aan en wil leraars, leiers en lidmate help om in voeling te bly met mekaar, sowel as met alles wat Communitas deur die loop van die jaar aanbied.  Hier sal jy nou eerste kan kennis neem van verwikkelinge in die Communitas-stal en die varste nuus uit ons Communitas-gemeenskap kan hoor.

Dit werk as volg:

  • Registreer by www.twitter.com.
  • Gaan na ons Twitter rekening by www.twitter.com/communitasweb en klik op Follow
  • Dan sal jy alle Tweets van Communitas af ook op jou Twitter blad (www.twitter.com/jounaam) kan sien, soos en wanneer dit gestuur word.
  • Alle tweets (of kwetters soos Die Burger dit nou die dag gebruik het) sal ook op hierdie blad verskyn.

Hier is 'n paar kortpaaie:

  • Begin jou boodskap met D communitasweb en jy kan 'n direkte boodskap stuur aan ons, wat net vir ons toeganklik is.
  • Begin jou boodskap met @communitasweb en dié tweet kom outomaties op ons webtuiste, sodat ander dit ook kan lees.
  • Indien jy 'n skakel met ons wil deel, kan jy die adres intik - die eerste 30 karakters sal net so deurgaan; as dit langer is, sal Twitter dit vir jou verkort.

Daar is natuurlik baie meer wat 'n mens oor Twitter kan sê.  Dit het bv. reeds een van die vinnigste nuusverspreiders in die wêreld geword, met nuus oor wêreldgebeure wat nou al eerste hier verskyn, voordat selfs van die groot nuusnetwerke daarvan kennis geneem het.  Die nuus uit Iran oor die verkiesing daar, is tans eintlik net op Twitter beskikbaar.  Die president van Amerika, Barack Obama, beskou dit as só belangrik, dat hy onlangs vir Twitter gevra het om hul beplande instandhouding uit te stel, sodat die nuus uit Iran nie onderbreek word nie.

Lees meer oor die gebruik van Twitter by http://help.twitter.com/portal.

NUWE BLOGS

GEBED LEWENSWAARDES PADLANGS PREEKSTUDIES TUSSEN-IN OUERSKAP LEIERSKAP NUUSPERSPEKTIEF

Communitasweb Tweets

  • Communitas

    As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis

    by Communitas Maandag, 30 Augustus 2010 07:30

  • Communitas

    Feel it - it is here! As ons oor Soweto verkeerd kan wees, waaroor nog alles?: http://bit.ly/d0Iyvt - artikel by Sokker Wêreldbeker forum

    by Communitas Donderdag, 10 Junie 2010 17:37

  • Communitas

    RT @chrisvanwyk: Rekordmaand vir Seisoen van Luister: http://bit.ly/cqJ8F5 via @addthis

    by Communitas Saterdag, 01 Mei 2010 11:26

  • Communitas

    Meeting with God's voice - Frederick Marais: http://bit.ly/bNDYIg | extensive guide using Listening Cycle to facilitate meetings

    by Communitas Vrydag, 09 April 2010 15:31

  • Communitas

    RT @chrisvanwyk: plaas die finale weergawes van die PowerPoint/Word preekhulpe vir Pinkster 2010 | Seisoen van Luister: http://bit.ly/9CAKHG

    by Communitas Donderdag, 01 April 2010 00:06

Tweets aan Communitasweb

Twitter

AddThis Social Bookmark Button
AddThis Social Bookmark Button

Twitter is 'n gratis diens aan gemeenskappe oor die wêreld om met mekaar te kan kommunikeer.  Deur die uitruil van kort gereelde boodskappe - amper soos sms'e - kan 'n mens in voeling bly met wat in hierdie gemeenskappe aangaan.

Communitas sluit hierby aan (klik hier om direk na die Twitter blad by Communitas te gaan) en wil leraars, leiers en lidmate help om in voeling te bly met mekaar, sowel as met alles wat Communitas deur die loop van die jaar aanbied.  Hier sal jy nou eerste kan kennis neem van verwikkelinge in die Communitas-stal en die varste nuus uit ons Communitas-gemeenskap kan hoor.

Dit werk as volg:

  • Registreer by www.twitter.com.
  • Gaan na ons Twitter rekening by www.twitter.com/communitasweb en klik op Follow
  • Dan sal jy alle Tweets van Communitas af ook op jou Twitter blad (www.twitter.com/jounaam) kan sien, soos en wanneer dit gestuur word.
  • Alle tweets (of kwetters soos Die Burger dit nou die dag gebruik het) sal ook op ons Twitter blad by Communitas verskyn.
Tagged undertwitter
Add a comment
AddThis Social Bookmark Button

Net so verbaas soos die Israeliete was oor die brood uit die hemel (Eks 16), so is sommige vandag nog verbaas oor die mikro-gesprekke van Twitter.  Dit is nou as mense enigsins weet van die bestaan van Twitter, darem al sedert 2006 met ons (Jack Dorsey)!  En waar die vraag van die Israeliete, "Wat is dit dié?" , of in Hebreeus, "manna?", die naam geword het van dié brood, is tweets die naam van die 140 karakter gesprekke op Twitter.

In 'n uitstekende artikel in Time (15 Junie 2009), How Twitter Will Change the way we live (in 140 characters or less), deur Steven Johnson spel hy uit hoe dié gier in 'n kragtige vorm van kommunikasie ontwikkel het.  Dit is nou benewens die "ambient awareness" wat dit tot gevolg het, waar jy 'n kykie in ander se daagliks roetines kry.  Dit is amper soos die "Hoe gaan dit? " gesprekke wat ons oor die telefoon het, sonder dat jy eers die telefoon hoef op te tel.

Konferensies begin die waarde van 'n dialoog op Twitter besef, deur lewendige kommentaar oor die konferensie op 'n skerm te flits, terwyl 'n referaat gelewer word.

Add a comment

Verwante artikels

Tweets met woord communitas

Tweets oor Theology

Kommentaar en gesprek