NUWE BLOGS

GEBED LEWENSWAARDES PADLANGS PREEKSTUDIES TUSSEN-IN OUERSKAP LEIERSKAP NUUSPERSPEKTIEF

Kommentaar

AddThis Social Bookmark Button
Communitas het 'n nuwe sisteem om kommentaar te lewer.  Dit is - vir die tegniese lesers - die Superblogger uitbreiding wat die Disqus kommentaar sisteem gebruik.

Die voordele is onder andere die volgende:

  • Die webtuiste word daarmee baie meer interaktief .
  • Jy kan met jou sosiale netwerk naam hier inteken, en kommentaar lewer.
  • Die 5 nuutste artikels van die betrokke skrywer word gelys.
  • Die 5 nuutste tweets van Communitas word ook gelys.
  • Jy kan jou kommentaar ook na jou sosiale netwerk stuur.
  • Kommentaar kan op ander kommentaar gelewer word.
  • As jy 'n avatar by een van die netwerke het, sal dit ook hier vertoon.

Ons hoop werklik dat hierdie nuwe uitbreiding tot meer interaksie sal lei:

  • Klik op die skakel "Comments and Reactions" aan die onderkant van elke artikel en skryf jou kommentaar in die ruimte wat dan aan die onderkant van die artikel oopmaak.
  • Kyk in die linkerkantse module op elke blad vir die nuutste 5 stukkies kommentaar op die webtuiste.
  • Ondersoek al die ander opsies wat op elke blad beskikbaar is.
Vir dié wat na die kommentaar (166 items!) in ons vorige sisteem wil kyk, het ons dit gerieflik in een artikel gekombineer.
Add a comment
AddThis Social Bookmark Button
Untitled Document

Kommentaar - alle vorige kommentaar op die webtuiste (166)

Jesus is inderdaad oppad dit is tog Advent

1 Monday, 07 December 2009 12:26
Frederick
Magda sluit haar kommentaar oor teologiese strominge af met 'n wekroep dat ons moet onthou dat Jesus oppad is. Dit is 'n wekroep wat in die geskiedenis van die kerk so belangrik was dat hulle 'n seisoen daarvoor uitgesit het- ADVENT- letterlik beteken dit- Die Koning Kom! Ek dink dit is belangrik dat ons hierdie perspektief behou. Jesus is inderdaat oppad- maar anders as vir Magna is dit iets wat my nie onrustig maak nie- hoop nie ek het haar verkeerd verstaan nie- maar eerder tot rus en hoop stem. Want sien die Koning wat oppad is, gaan ons almal help om met groter perspektief na sake te kyk- dinge wat nou vir ons lewensbelangrik is sal dan minder belangrik wees en andersom. Ook dit is vir my belangrik in die manier waarop ons met mekaar praat oor die teologiese storminge en verskilpunte- die saak waaroor die gaan is groter as ons begrip- ons kan ons verwonder, ons kan daaroor getuig ons kan daaroor lofliedere sing, maar ons kan nooit maak asof ons die Waarheid oor God volledig verstaan en kan of wil beheer nie. ONs kan getuig oor die Koning wat kom, maar ons is nooit self die Koning nie. Dit is hoekom ons elke jaar advent moet vier.

Geen titel net gewone kind van God

2 Sunday, 06 December 2009 22:04
Magda Kopp
Ek het nie n web of titel nie maar net n gewone kind van God. Daar is net een waarheid en dit is Jesus Christus buiten Hom is daar geen ander nie en daar is ook geen ander evangelie nie. Jesus is gekruisig en het opgestaan hy leef. Ek se dit omdat so baie siele moslems, hindoes, katolieke wat tot bekering gekom het se getuienise vertel hoe Jesus aan hulle verskyn het. Meer as dit hoef ek nie te weet nie net dat hy n liefdevolle God is wat mense liefhet. Jesus het met een doel na hierdie aarde gekom en dit is om verlore siele te red. Die Bybel is die enigste boek waaruit ons leer hoe om te lewe en wie Jesus is. Jesus het gese gaan heen maak dissipels van al die nasies doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle geleer het. Die kerk het in sy roeping gefaal omdat hierdie opdrag nooit uitgevoer was nie daarom loop alles skeef. Ongehoorsaamheid is aan die orde van die dag. Sondes word goedgepraat en die kerk word wereldvriendelik. Word wakker Jesus is op pad!

Tydige boodskap vir ons land in die Kersgety

3 Monday, 30 November 2009 15:47
Webmeester Communitas
Wat 'n tydige woord vir ons verdeelde gemeenskap, waar die onreg van die verlede sowel as die onreg van die hede mense in kampe jaag en polariseer.

Is dit nie presies wat Johannes die Doper in Lukas 3 in die oog het, as hy 1) aan die een kant vir alle mense vra om hulle klere en kos te deel en aan die tollenaars om billik te wees in hulle invordering (die "haves"), en 2) aan die ander kant vir die soldate om nie hulleself te verryk deur ander met geweld af te pers met valse aanklagte nie (die "have-nots")?

Herstellende geregtigheid het met beide kante te make - oorvloedige omgee sowel as billike verwagtings, mededeelsaamheid sowel as magsbeperking, interafhanklikheid sowel as selfstandige verantwoordelikheid.
Verder geluister: Maleagi 3:1-4 , Webmeester Communitas

Die God van geregtigheid is oppad

4 Monday, 30 November 2009 14:11
Pieter v N
Dit is skitterend, Chris! Dankie
Verder geluister: Maleagi 3:1-4 , Webmeester Communitas

Hoe kan gemeentes inskakel by die Vennootskap vir Gestuurde gemeentes?

5 Saturday, 28 November 2009 23:12
Frederick
Fredinand spreek waardering uit die konferensie Leef die Gestuurde Roeping wat onlangs in Helderberg gehou is en vra hoe kan gemeentes inskakel by die Vennootskap?

Oor die konferensie-ons is almal steeds baie dankbaar vir die konferensie en die hernuwde entoesiasme vir die gestuurde reoping waarmee ons almal daar weg is. Ek is soos jy getref deur die eerlikheid van die verhale wat gemeentes vertel het. Dit het miskien meer as enigiets anders aan ons almal hoop gegee, dat ons ten spyte van die probleme in gemeentes om hulle gestuurde roeping te lees, deur die Here geseen is in Suider Afrika met soveel gemeentes en leiers wat met moed en toewyding die roeping leef in hulle konteks.

Hoe skakel 'n gemeente in vra jy?

1. Indien die gemeente in 'n streek is waar daar nog nie Vennootskap clusters is nie sal die Vennootskap van die naaste streek- in julle geval die Oos-Kaap aanbieders aanwys wat bekendstellings sal kom aanbied totdat sit blyk dat genoeg gemeentes in julle omgewing is wat 'n cluster kan vorm. In julle geval kan julle vir Danie Mouton van die Oos-Kaap kontak by danie@ngkok.co.za en met hom 'n strategie bespreek oor hoe om ander gemeentes te nooi om saam met julle 'n cluster te vorm. Hoe ingedagte dat die Vennootskap 'n ekumeniese beweging is en dat julle gerus gemeentes van 'n verskeidenheid van Denominasies kan nooi om saam met julle op die reis te gaan.
2. Indien 'n gemeente in 'n streek is waar daar reeds clusters van die Vennoodskap is kan die gemeentes gekontak word wat julle sal verwys na die Vennootskap konsultante in julle streek.
3. Vir gemeentes wat nie enige kontak het met ander gemeentes wat aan die Vennootskap deelneem nie, kan hulle my gerus kontak by jfm@sun.ac.za sodat ek hulle kan verwys.

SAVGG Konferensie Helderberg

6 Friday, 27 November 2009 17:41
Ferdinand van Niekerk
My ouderling en ek is geborg om te kom uit Vryheid, die Noorde van Kwazulu Natal. Ons is nie deel van die Venootskap. God wou ons daar hê want toe ons nog saam met Pat in dieselfde grênd Mushroom Boutique Hotel van Wynand Nel (die beste innie Kaap!)bly en tot 2uur in die oggend rondom goeie Kaapse wyn en Pat se sigaar oor God se hart vir sy kerk praat, toe weet ek hierdie is nie 'n gewone afspraak - dit is Gods gewil. Om die stories van vasgelopenheid en wanhoop te hoor en hoe met God en mekaar op reis gegaan word, het ons 2 opgewonde laat moed skep.

Ons het teruggekom en met die oortuiging dat ons die eerste cluster in KZN tot stand wil bring, het ons Kerkraad die week besluit om by die Venootskap aan te sluit! Soos van die dierbare kleurlingchristene op die konferensie gesê het: "Halleluja!"

So, Frederick, DANKIE, DANKIE, DANKIE! Ons is in en oppad. Dis julle "skuld" dat ons in en nou moet julle ons asb help. Wat is die volgende stap? Soos ek verstaan moet iemand van die Venootskap vir ons kom kuier om met ons leiers, ons gemeente en die ander gemeentes wat ons dink deel van die cluster kan word, te kom gesels. Ons hoor graag van julle.

Shalom!

ferdinand

Meer inligting oor die Eerstejaarskamp 2010 te Stellenbosch

7 Wednesday, 18 November 2009 16:33
Webmeester Communitas
Gaan na hierdie artikel vir meer inligting: http://www.communitas.co.za/index.php/tuis-communitas/nuus/nuusberigte/1628-eerstejaarskamp-2010
Mnr. , Besoeker

Mnr.

8 Wednesday, 18 November 2009 15:11
Coenraad Grunschloss
Kan u vir my asb meer inligting oor die kamp stuur. Dankie.

Hekel patroon (DIE ONSE VADER)

9 Tuesday, 17 November 2009 15:18
Susan
Aan Marietjie

My moeder is nog in besit van die Onse Vader hekelpatroon.

Laat weet jou posadres, dan stuur ons met graagte vir jou die patroon aan.

Groete
Susan
Sel: 084 501 3127

Mej

10 Sunday, 15 November 2009 20:52
Eleonore Slabbert
Stuur asb vir my meer inligting oor die eerstejaarskamp so gou as moontlik. Datums, plek en tye asook koste daaraan verbonde. By voorbaat dankie, Eleonore.

Meer inligting oor die Eerstejaarskamp 2010 te Stellenbosch

11 Sunday, 15 November 2009 17:07
Webmeester Communitas
Gaan na hierdie artikel vir meer inligting: http://www.communitas.co.za/index.php/tuis-communitas/nuus/nuusberigte/1628-eerstejaarskamp-2010

eeerstejaarskamp 2010

12 Sunday, 15 November 2009 16:32
Juliana Kotze
Kan u asb. vir my meer inligting gee oor die eerstejaarskamp voor die Universiteit van Stellenbosch begin in 2010. Ek benodig datums en wat dit behels asb.

dr

13 Sunday, 15 November 2009 08:11
Mary-Anne Plaatjies Van Huffel
Dankie Coenie vir die tweede gedagte God is inderdaad getrou en Hy doen wat Hy beloof het. Mag ons midde 'n wêreld wat dikwels gekenmerk word deur moedeloosheid, wanhoop, teleurstelling, hopeloosheid draers van die hoop in Christus sal wees.
Verder geluister: Heb 10:11-25 , Chrisna van der Merwe

Leer engels

14 Friday, 06 November 2009 15:08
Charlotte
Dagse, dit is nogal oulike site, maar ek wil engels leer en weet nie hoe nie, ek woon in PTA, ag tog

hoe kan ons betrokke raak by Amazing brains?

15 Tuesday, 03 November 2009 08:36
Hettie

Is betrokke by plaas sorg sentrums op Piket-bo-Berg. Sal ons ook hierby betrokke kan raak. Wat is die prosedure wat ons moet volg.
Amazing Brainz , Frederick

Kultuurtransformasie van gemeentes (VBo 18)

16 Tuesday, 20 October 2009 20:48
Charl Stander
In aanloop na die kursus – kultuurtransformasie van gemeentes – het ek, grappenderwys vir my vrou gesê: "Kan jy glo daar is steeds mense wat dink hulle kan my iets leer?". Sy het met ‘n skalks glimlag opgemerk: "Daar skuil altyd ‘n bietjie waarheid in jou grappies". En dit verklap seker iets van die gesindheid waarmee ek daar opgedaag het.

Sommer in die eerste sessie het ek tegelyk ontdek hoe baie die kerk al oor die afgelope 30 jaar verander het, maar ook hoe verskriklik min die kerk al verander het. Die ergste was om teenoor myself te moes erken dat die kutuurtransformasie wat daar in my en my gemeente plaasgevind het, ook maar net ten dele was. Nog erger was egter om te moes toegee dat hierdie ‘n gedwonge verandering was. Ek, die gemeente, die kerk is aan die hare gesleep tot hier. Die kultuurtransformasie wat wel al plaasgevind het, was nie uit eie oortuiging nie, maar die gedwonge gevolge van ingrypende sosiale -, ekonomiese - en tegnologiese transformasie in ons samelewing. Ja, ek (ons?) is nie kultuurskeppers nie.

Ons is navolgers!
Ons kultuur, synde die manier waarop ons lewe, ontbloot ons denke en waardes baie meer as wat ons sou verkies. Gemeentekultuur, synde die manier waarop ons dinge doen in die gemeente, is seker die sterkste aanduider van wat regtig binne die hart van ‘n gemeente leef. ‘n Gemeente se kultuur is ‘n openbare getuigskrif vir almal om te lees, terwyl ons dikwels elemente daarvan sou wou ontken.

Die vraag wat onmiddelik opkom is: hoe gaan die kerk oor 10 of 20 jaar lyk? En veral: gaan ons in hierdie proses weer slaafse navolgers wees, of gaan ons kreatiewe kultuurskeppers wees? Hierdie brandende kwessie en veral die vraag hoe ek as gemeenteleier hierin instrumenteel kan wees, is wat my betref grootliks beantwoord toe ons tot die slotsom gekom het dat:
• kultuurtransformasie plaasvind wanneer leiers die nuwe kultuur self moduleer;
• kultuurtransformasie gebeur waar leiers afstand doen van mag en lidmate geleentheid bied om belangrike rolle te vervul in bv. eredienste en die formaat daarvan;
• kultuurtransfomasie geskied wanneer gemeentes uitgedaag word om buite die gevestigde spirituele gemaksone te beweeg (mense verskuif gevestigde gebruike wanneer hulle emosioneel geraak word);
• kultuurtransformasie is ‘n dinamiese proses waar nuwe gewoontes voortdurend ingeoefen moet word.

Hierdie kursus het ‘n spieël voor my gehou en ek het nie altyd gehou van die prentjie wat ek daarin gesien het nie. Dit het my veral laat ontdek dat ekself, meer as enige iemand anders, die kultuur in die gemeente bepaal. En daarmee saam het ek geleer dat die gemeentekultuur slegs kan verander as ek as predikant verander. Die verandering van die gemeentekultuur begin in die finale instansie hier binne-in myself.

Dankie aan die kursusleiers, Frederick Marais en Leon Venter wat daarin geslaag het om nuwe grond te breek. Ek is seker daarvan hierdie kursus gaan ontwikkel word tot ‘n substantiewe diens aan gemeentes.

mevrou

17 Sunday, 18 October 2009 17:42
Surita Lotz

Ek is dringend opsoek na n hekel patroon vir die ONSE VADER en die Biddende Hande.Baie dankie

Ook geluister na Ps 8

18 Tuesday, 29 September 2009 11:47
Martin Heyns
Psalm 8, God se poëtiese Woorde, draai my voete vanoggend ten minste oor twee dinge op die pad agter Hom [sy Koninkryk] aan. Uit myself sou ek nooit hiertoe wil omkeer; koerskry nie:

* Ons lewe maak net sin as alles daarvan; alles ewe belangrik in en om ons, net oor Hom gaan --- aanbidding en lof!
* En wat is ‘n Bybelse manier om Hom só singewend in die erediens die week te loop prys, te loof en te aanbid?

Dis moeilik om verby die bedoeling van Ps 8 te kyk as mens die begin en einde van die lied saam begin sing: Die digter loof, prys en aanbid God! Hy weet: Dit is die sin van almal se lewe!

Maar die lof, prys en aanbidding val nie sommer uit die lug nie. Ons aanbiddingsboek, die Psalms, val nie sommer met hierdie lof en aanbidding weg nie. Ons is by Psalm 8 en nie 1 nie. Hierdie ‘erediens’ vir God word nie opgewek en stemmingsvol gekry deur lofprysing en aanbiddingsliedere nie! Dis onmoontlik. Waarvoor sal God sommer só geprys wil word? Die Eerste Gemeente se voete is op die aarde. Dis ‘n harde, stukkende aarde vol wrede vyande; vir baie voel dit of daar nie meer ‘n God oorgebly het nie! [Ps 3]. Die aand- en oggendgebede [Ps 4 en 5] wat die ritme van die Hebreeuse [Bybelse!] skeppingsdag bely [“dit was aand en dit was môre”] vertel van dieselfde gevaarlike; uitmergelende pad wat God se mense elke dag agter Hom aan moet loop. Ps 6 en 7 smag en kla in dieselfde idioom, na redding; na uitkoms.

Elke keer, só weet die Ou aanbiddingsgemeenskap egter, val hulle gesmeek/klagtes om hulp op die moeilike pad agter God aan, nie op dowe ore nie. Die kyrie eleison waarmee die erediens vir God begin, word dus verseker deur God gehoor!

En nou maak Ps 8 onmiskenbaar duidelik Wie die Eerste Gemeente se ware hulp in hulle ellende is. Daar is geen twyfel nie. Dis die wonderbare, grote God, die Skepper en Onderhouer van almal en alles. Die Een wat gedurig [uit liefde] aan mens en skepping dink en hulle besoek. Niks en niemand kan ‘n moment sonder Hom lewe nie! Hy is wonderbaar! En het Hy ons nie Persoonlik besoek en sommer by ons ingetrek nie?! Dis daarom dat die gemeente so eg vanuit hulle sonde en ellende getysterde lewens agter God aan [Ps 3-7], uitbars om Hom te loof, te prys en te aanbid.

Ek sal dus hierdie week, hierdie orde van die Psalmboek-openbaring duidelik moet onthou as ons saam aan die diensorde werk. Die ou liturgië begin nie toevallig met die kyrie eleison nie; nie met ‘praise and worship’ nie!

En die crescendo van die pryslied vir God, styg na mate die gemeente daarin ontdek, dat hulle wat só sukkel; ellendig voel en is, verrassend, amper onmoontlik!! maar tog Goddelik waar, Sy spesiale aangestelde, uitgesoekte, verkose mede-werkers [ampsdraers] is; dat Hy hulle so hoog ag; dat hulle sowaar sy ‘gekroondes’ is, om namens Hom sy Skepping [alles omvattend] al dienende te versorg. Dis ‘n mondvol --- maar dis dié mondvol wat sy mense nie anders kan as om ‘uit te bars’ van lof nie! En dit alles gee hoop. Lof en dank aan God maak sy mense bly en hoopvol. Dis die Evangelie!
Verder Geluister: Psalm 8 , Chrisna van der Merwe

Hekel patroon vir die Onse Vader gesoek

19 Friday, 18 September 2009 10:42
Webmeester Communitas
Ek het nie self so iets nie, maar wil vra dat van die ander Communitas gebruikers dit hier plaas, as hulle toegang daartoe het.

hekel patrone

20 Friday, 11 September 2009 10:08
Marietjie
Ek is op soek na 'n spesifieke hekel patroon (DIE ONSE VADER)
Kan u my miskien help?

vergeet dit

21 Friday, 11 September 2009 09:29
Jurgens Hendriks
Jannie het 'n baie waardevolle opmerking gemaak wat ek graag wil onderstreep met 'n voorbeeld. Die inhoud en doelwitte van die "bateouers" is na my oordeel bo verdenking en beklemtoon die belang en wyses waarop mens basiese lewenswaardes in gesinne en gemeenskappe kan vestig. Maar die gevaar van een metafoor en die assosiasie wat dit onwilleurig kan skep is 'n tydige waarskuwing. Toe ek in 1985 by die Stellenbosch Kweekskool begin klasgee was die towerwoord GEMEENTEBOU. Jannie self en baie dominees en gemeentes kan getuig dat dit vir ons almal 'n geloofsreis was waar ons moes leer hoe om op God te fokus en waar ons ontdek het dat ons verstekopsie is om prosesse self oor te neem en met "strategiese beplanning" te bestuur. Dis net 'n halwe graad wat jy jou fokus wegdraai van afhanklikheid en bly luister na die Woord en Gees en jy sit weer vas in die ou institusionalisme. Dit gaan op die ou einde nie om gemeentes of bates nie, dit gaan om God en sy missie... wat hoop bring.

Vraag oor teks van Sondag

22 Thursday, 03 September 2009 18:22
Johan T van Rooyen

Chris, Wil net dankie sê. Ek kon nie aan die gang kom met die teks nie totdat ek jou interpretasie gelees het. Ek het ook iewers gelees dat Jesus die woord hond hier gebruik omdat - as Hy iets anders sou gebruik het - die vrou Hom nie sou verstaan nie. Hy gebruik die woord om verstaan-baar te wees - nie neerhalend nie. Of is ek verkeerd? Dankie nogmaals Johan (Cradock)
Verder Geluister: Markus 7:24-37 , Chrisna van der Merwe

Effektiewe vennootskappe munisipaliteite en gemeenskappe PowerPoint

23 Friday, 28 August 2009 09:32
Webmeester Communitas
Die bydrae wat jy gesoek het: Effektiewe vennootskappe tussen munisipaliteite en gemeenskappe http://bit.ly/rovik
Groete

Toolkit vir Batebouers in gemeentes

24 Friday, 28 August 2009 00:19
Frederick
Toolkit for Integrating Developmental Assets Into Your Congregation kan afgelaai word by http://www.search-institute.org/congregations/thriventpartnership/toolkit

Dit sluit oa die volgende in:

1. Asset-Building Foundations for Christian Congregations
2. The Important Role of Congregations in Building Assets
3. Reports and Articles for Deeper Understanding and Sharing
4. Getting Started with Asset Building in Your Congregation
5. Asset-Building Strategies and Presentation Resources for Congregations
6. Growing Asset Builders in Your Church and Community
7. More Resources
8. Handouts 1-12: Training
9. Handouts 13-17 and 22: Program and Evaluation
10. Handouts 18-35: Asset-Building Ideas for Many Audiences

_______________________________________________________

This Toolkit for Integrating Developmental Assets in Your Congregation has been made possible through Search Institute’s support in 2005 from Thrivent Financial for Lutherans. This kit includes some content adapted from Integrating Asset Building into Love INC Ministries. Portions of the toolkit are excerpted or adapted from previous Search Institute publications and are used with permission from Search Institute. The following are registered trademarks of Search Institute: Search Institute® and Developmental Assets®. Used with permission of Search Institute. All rights reserved.

Search Institute, 615 First Avenue Northeast, Suite 125, Minneapolis, MN 55413, 800.888.7828, www.search-institute.org.

Batebouers begin by hulleself

25 Thursday, 27 August 2009 20:42
Frederick

Dit was ‘n wonderlike konferensie…Uit die konferensie was dit duidelik dat hoop uit ons self moet kom! Ek was tydens die konferensie die hele tyd in trane. Ek het later besef dat ek nie eintlik vir die mooi stories van hoop huil nie maar vir myself. Ek het besef dat ek eintlik hoop in myself verloor het en as gevolg van die ongemak om dit aan myself te erken op al die swaar dinge in ons land geprojekteer. Al die mooi stories, het my nie net weer hoop vir ons land gegee nie maar belangriker nog MYSELF! Weereens baie dankie Groete Godfried

Teologie wat leef vanuit probleemstellings

26 Tuesday, 25 August 2009 21:17
Frederick
Prof Stan du Plessis het sy lesing begin deurte verwys na hoe maklik ons as gemeentes en teoloë met 'n algemene houding van die "agteruitgang" van die ekonomie en die groeiende armoede werk. Hy het oortuigend aangetoon dat die teendeel waar is, naamlik dat ons in 'n tyd leef van ongekende ekonomiese groei en vooruitgang - ten spyte van die huidige ekonomiese krisis.

Ek het op die oomblik uitgevang gevoel - ek dink hy is reg - ons hou van slegte nuus -nie net oor die ekonomie nie, maar in die algemeen is ons geneig om eers te verduidelik hoe dinge besig is om uit mekaar te val en agteruit te gaan, en as ons ons gehoor oortuig het, kom ons met ons oplossing.

Batebouers - ons denkraamwerk vir die konferensie - dink natuurlik anders - vra nie wat verkeerd is nie, of wat die probleem is nie, maar waar daar bates is waarop ons kan bou. Maak geen fout nie, dit gaan so 'n bietjie teen ons teologiese grein in - en ek weet daar is 'n gevaarlike eensydige kant hieraan - natuurlik moet ons in hierdie tyd bv ernstige vrae vra oor die prys wat die sg groei-ekonomie ons kos in terme van die oorbenutting van bronne ens.

...maar daar is 'n ander kant waar ons ewe ernstige geloofs- of kan ek sê Godsvrae moet vra - is God teenwoordig in die ekonomiese groei wat ons geslag beleef het, of sien ons God net raak in die skadukante en nie ook in die herstel en vooruitgang van die wetenskap en die ekonomie nie!

Dit is tyd dat ons bewus moet raak van die dikwels onbewuste magstoe-eiening van 'n teologie wat net fokus op die probleme en nie ook sigself kan verwonder aan die herstel nie. Sulke teologie en gemeentepraktyke is geneig om God net raak te wil sien in die formules van ons kerklike en teologiese tradisies, en sonder dat ons dit besef, haal ons almal uit spel wat nie ook soos ons in die taal van die Teologie met 'n hoofletter kan praat nie.

Hoe kan ons met Stan en kie teologie praat vanuit die perspektief van verwondering oor 'n God wat omgee en sorg? Dalk moet ons Pat Keifert se bekende stelling weer hier onthou: "the question is not what the hell is going on, but what in heavens name is God up too!?"

Dalk moet ek 'n wag voor my mond sit wanneer ek weer 'n preek begin met 'n probleemstelling ...

Oor die Leesrooster ...

27 Friday, 21 August 2009 10:50
Webmeester Communitas
Lidmate het die leesrooster baie geniet, omdat dit hulle baie sistematies deur die Bybel geneem het en omdat baie die droom kon vervul om die "Bybel deur te lees" Hierdie is ongelukkig nou nie meer so deel van die leesrooster nie, dit lyk vir my of die leesrooster meer begin fokus het op kleingroepe. Ons gemeente se preekwerkgroep, drie groepe met 'n bywoningstal van 60, wil nie volgende jaar weer die leesroosters gebruik nie, vir my persoonlik baie hartseer.

Ek self het die Preekstudies begin gebruik in 'n tyd toe ek nuut/anders begin dink het oor die inkleding van die erediens/liturgie. Ook in hierdie aspek is ek die afgelope twee jaar teleurgesteld. Daar word baie min nuwe liturgiese voorstelle gemaak. Ek wil nie 'n uitgewerkte liturgie en preek ontvang nie, maar het nogal al die variasies en voorstelle geniet. Gelukkig het ek nog al die ou preekstudies en blaai baie lekker terug in die verlede.

Die tot standkoming van die preekwerkgroepe in die gemeente het my ook genees om te swaar te leun op die preeksketse in die preekstudies, daaroor is ek baie bly (ek werk deesdae harder aan my preke! :-)

Dankie vir al die hulp deur die jare, maar ek verlang so effens terug na die "ouer" weergawe van preekstudie en leesrooster.

Fanus Hansen
Fokustekste vir Leesrooster 2010 , Webmeester Communitas

Gebed wat die hemel oopsluit

28 Tuesday, 18 August 2009 09:38
Sybrand Engelbrecht

Ons gemeente het 'n behoefte om deur gebed die hemel oop te sluit. Hartbeespoort NG

Huisbesoek en die platteland

29 Friday, 14 August 2009 10:56
Frederick
Vollie se opmekrings oor huisbesoek in die platteland maak ons gesprek ryker en waarsku dat ons nie die verskeidenheid van kontekste waarin gemeentes is uit die oog moet verloor nie. Die gevaar van 'n artikel oor huisbesoek is dat dit nie spesifiek genoeg is oor watter konteks 'n mens in die oog het nie.

Die punt is dat die bou van verhoudiings tussen die leraar en gemeentelede deur die konteks en die getal lidmate beinvloed word. Ek verwys oa na Alice Mann se teorie hieroor. In kleinder plattelandse gemeentes soos in Vollie se geval sal persoonlike kontak tussen die leraar en lidmate individueel altyd baie belangrik wees, want dit sal die primere manier wees waarop 'n vertrouensverhouding gebou word. Die kritiese vraag is dan natuurlik hoe gereelde besoeke of kontaksessies benut kan word om hierdie lidmate verder toe te rus vir hulle dienswerk en nie net as 'n "geestelike versorging" waar die lidmaat afhanklik gemaak word van die besoeke van die leraar nie. Ek weet Vollie het hieroor interessante perspektiewe wat hy met ons moet deel.
Huisbesoek? , Frederick

Vir watter soort leierskap/gesagsuitvoering kies Salomo in 1 Konings 3?

30 Thursday, 13 August 2009 13:09
Martin Heyns
* Die teksdeel hierdie week laat by ons geen twyfel hoe mense leierskap en gesag daagliks voor God behoort uit te leef nie.

* En Salomo kies wat God wil hê. Die Deutronomistiese geskiedskrywer maak seker dat ons dit nie dalk mis nie.

Die volgende praat duidelik met my:

- Salomo maak sy keuse in die raamwerk van aanbidding; van afhanklikheid; van oorgawe aan God [3:3-4 en 3:15]. Hy gee hom algeheel aan God oor. Hy bring duisend offers! Dalk 10x10x10= 3 keer volledig! En hierdie aanbidding word progressief intens [dalk beter?] want dit vorder van die twyfelagtige ‘hoogtes’ van aanbidding to in Jerusalem in die Tabernakel.
- In hierdie gees/gesindheid van aanbidding voor God, maak Salomo ‘n lewensbelangrik keuse. Hy kies teen die destydse [en huidige] vorms van leierskap/gesagsuitvoering: Hy kies teen mag [met sy liefling bedmaat geld] en die voorspoed/vooruitgang-kultuur [Deut 17:14-20].
- Hy kies daarvoor om net ‘n nederige slaaf-kneg van God te wees. Iemand wat soos ‘n kind [afhanklik] nie weet hoe om te maak nie[3:7]. En die uitstaande geaardheid van so ‘n nederige kind-kneg, is ‘n hart/gesindheid wat luister/gehoorsaam. Dit is wat wysheid is! So ‘n Kneg van God het eintlik net een posisie voor Hom: Luister fyn wat Hy sê en voer Sy plan uit [Die ‘kneg-wees’ wysheid wat 4 keer in die gedeelte herhaal word, is omtrent heeltemal wegvertaal in die huidige vertaling].

* Maar ons moet seker maak as ons luister. Salomo kies reg, maar binne ‘n breër raamwerk in die Koningsverhaal. [3:1 en 11:1-7]. Hierdie verhaal sê: Dis een ding om reg te kies; dis ‘n ander ding om dit reg uit te voer. En dis hier waar Salomo se dubbele hart duidelik word. Om net vir God te kies, is maar net nie menslik moontlik nie. Hy kies vir God maar hy maak sy koningskap in Israel eers ook stewig vas aan die leier-moondheid van die tyd, Egipte. En hy doen dit met ‘n gerieflikheidshuwelik. En al die ander kontrak-huwelike om die koninkryk van Israel nog stewiger uit te bou, wat volg, is uiteindelik Salomo se ondergang. Mens kan nie twee harte hê nie. Ons kan nie God en Mamon-Mag dien nie. Dit lei iewers tot vernietiging! Maar ai, lewenspolisse is tog noodsaaklik. Dit hou ons onaantasbaar!

* Daar is net een Koning wat radikaal vir God, sy Vader, gekies het: Jesus Christus --- God se Kneg, wat niks gedoen het as Hy nie eers by sy Vader gehoor het wat Hy moes doen nie. Hy is regtig, regtig! ons enigste HOOP.

* Die verhaal spreek hard en duidelik binne-in die markplek in; alle vorme van regering; alle vorme van gesag, ook in 2009. Miskien moet ons die fynste in die kerk begin luister. Hoe lei dominees en ander gemeente-leiers? Hoe ‘belangrik’ is dit nie om by die ringsvergaderings, wat nou weer begin plaasvind, ‘n posisie-tjie te kry nie? En wat van ons sinodale leiers en al hulle magspeletjies, veral in die moderature? Word die Here se mense regtig gedien of nie? Dominees, is ons regtig die Here se knegte, ook as ons kerkraadsvergaderings lei en opdragte uitvoer? Is ons op ‘n baie fyn manier die hond wat die stert rondswaai of nie? Is ons “managers” in die gemeentes of sien die lidmate nederige diensknegte? Staan ons name op die gemeente-kalender heel bo; uitgesonder of sommer maar onder aan die lys van kerkraadslede? Onthou mense sien dieper as wat ons dink. En wat is die resultate hiervan oor baie jare?

Huisbesoek is onvervangbaar in 'n "verre-plattelandse-gemeente"

31 Wednesday, 12 August 2009 12:41
Webmeester Communitas
Huisbesoek is 'n onvervangbare en onvervreembare deel van die gemeentebediening van 'n "verre-plattelandse-gemeente". Huisbesoek laat jou toe om die gemeentelede in hulle konteks te sien en te beleef.

Ek gebruik die term "verre-plattelandse-gemeente" wat op bl 5 in die Salarisomsendbrief No 1/2009 van die SFK gebruik is, omdat dit die enigste manier is om die gemeentes te beskryf waarin ek gedien het en tans dien. Hierdie gemeentes het net selfoon ontvangs in die dorp waar die kerk staan en nie in die res van die gemeente gebied nie. Hierdie gemeentes se area wissel tussen tagtig en tweehonderd kilometer in deursnee. Die paaie in die gemeentes is grondpaaie met baie slegte oppervlakte.

Gemeentelede waardeer huisbesoek geweldig. Aangesien Erediens bywoning nie gereeld geskied nie bied huisbesoek die geleentheid tot kontak en verhoudingbou.

Ek dank julle vir die gesprek oor hierdie baie belangrikke saak.

Vollie Gilfillan
Sutherland
Huisbesoek? , Frederick

Hoe leer ek 'n Ndbele persoon lees en skryf ?

32 Tuesday, 11 August 2009 21:47
wilma pouwels

ek wil graag my bediende leer lees en skryf maar vermoed dat dit die beste sal wees as dit in haar eie taal geskied. Sy's 'n Ndbele. hoe ek dit prsies gaan bolwerk is nog 'n ope vraag want ek kan nie haar taal praat nie.Enige "tips" is daarom bitter welkom. groete, Wilma

Drie-eenheid en gemeenskap oor-grense

33 Saturday, 08 August 2009 07:56
Frederick
So stoei ons oor die oseane eintlik met dieselde dinge, daar was tye wat ons SA ons verlekker het daarin dat ander ook soos ons sukkel met die bou van brue oor grense. Ons is almal jammer die studente toon nie 'n groter gewilligheid nie- hulle is dan die nuwe generasie op wie ons almal ons hoop plaas om beter as ons te vaar in die skep van 'n inklusiewe gemeenskap waar ras en kultuur nie soos in die verlede die skeidslyne terk nie. Jy is reg beide Obama en Jansen toon die soort leierskap wat ons vorentoe gaan help.

Ek herinner jou aan jou bydraes wat die klem le op agentskap- wie is die eintlike agent wanneer die professor en studente mekaar help om te transformeer? Dit help my om te onthou dat wat daar beskryf word niks anders is as 'n beweging van die Gees nie. 'n Onverwagse flietende gemeenskap rondom 'n pakkie chips is die soort kontekste waar die Gees beweging bring, omkeer bewerk, van liefde, respek en onderlinge afhanklikheid. As ek so na daardie prentjie kyk- rol daar 'n berg van probeer en forseer nog meer skuld nog meer nie-goed-genoeg-wees-nie, en kan ek ligter deur die lewe beweeg en my verwonder aan die manier waarop die Gees hoofvaardige professors en onwillige studente transformeer tot koninkryksgemeenskappe- flietend soms byna onsigbaar- maar die Here weet- dit was nie 'n lugspieeling nie, maar 'n egte oomblik wat die konikryk gekom het.

Ons gaan die oor-grens gemeenskappe nie kan forseer nie- onwillig moet ek erken die studente was reg- maar ontvang as geskenk wat my in die eerste plek gaan transformeer- prof Jansen was ook reg. Die koninkryk kom binne die gemeenskap van die Drie-eenheid. Kom ons rus daarin en neem daaraan deel

Luister verder Joh 6:35-51

34 Thursday, 06 August 2009 06:06
Martin Heyns
André, dankie vir jou besondere aanslag in die luister na die teks vir hierdie week. Die nagmaal-misterie het jou verseker aangegryp en jou bydrae help baie.

* Daar is egter ook 'n ander misterie in die verhaal --- God se uitverkiesing. Ongelukkig het die Revised Common Lectionary dit vir 'n groot deel in ons luister na die verhaal uitgehaal --- verse 35-40. Lina Hoffmann het dit ook nie aangeraak nie. Is dit dalk omdat dit te lastig vir moderne mense is? Onthou God se uitverkiesing maak mense magteloos gering! En moderne mense haat hierdie tipe ervarings!

*Nie minder as drie keer [dalk nie so vreemd vir Joodse luisteraars nie] word die misterie van die uitverkiesing in die verhaal herhaal. Dit is net diegene wat die Vader vir Jesus "gegee het" wat Hom "sien" en Hom "glo". En dit is net die verkorenes wat die Lewensbrood eet en lewe!

* Ek reken hierdie verkiesende deel van die verhaal is juis die enigste bron van ware lewenskrag in die week se verhaal. Hierdie daad van God om sy mense na Hom te trek, is ons enigste 'energie' om Jesus te sien en Hom te glo en waarlik te lewe.

* En hierdie daad van God is die misterie van sy uitverkiesende liefde. Liefde wat nie spesifiek vir iemand kies nie bly vaag; is nie regtig vaste, betroubare liefde nie! Só, dat Hy op mense; sy mense "verlief" raak, en dan spesifiek kies, is die wonder van wonders. Verlief raak op gebroke sondaars! Die onmeetbaar grote God, 'mal' raak oor stippel-klein 'stoffies'! Dit is Jesus van Nasaret in sigself! Wow!!

* Maar dis 'n dubbele misterie. Dié op wie Hy "verlief raak" "sien" Hom en die vonk van wederliefde spring en hulle "glo" Hom.

* Om verlief te raak; om in liefde te "val" sal nooit verklaar kan word nie. Dis 'n misterie. Niks kan dit ooit fabriseer nie. Dieselfde soort misterie dat ek en my vrou 47 jaar gelede op mekaar verlief geraak het en nog steeds in die liefde 'gevalle' is. Maar wat 'n vreugde en energie om in die misterie te leef. Dit elke dag te eet en te drink ...
Dis 'n floue afskynseltjie van die misterie van God se liefde vir ons en ons wat Hom sowaar oor lief gekry het en Hom "eet en drink".

navraag leesrooster 2009/10

35 Tuesday, 04 August 2009 12:06
Renee Calitz
Goeie Dag!
Is dit moontlik om nou reeds die leesroostertekste vir volgende jaar (jaar C) te bekom? Ek het die Revised Common Lectionary-webtuiste opgespoor, maar ek wil graag weet of dit die 'regte' tekste is wat deur ons kerk in SA gebruik gaan word.
Ek be-oog om 'n kalender volgens die kerkjaar-seisoene saam te stel, gekoppel aan my kunswerke.
Baie dankie
Renee

Leer vir die gestremdes lees en skryf

36 Monday, 03 August 2009 21:13
Dianne du Preez

Ek is 'n omgee werker by Aanhouwen werkwinkel vir volwasse geestelike getremdes in Somerset wes. Ons het omtrent 65 lede wat wissel in ouderdom vanaf 18 jaar to omtrent 70+. Hulle gestremdhede wissel ook baie. Van hulle was al op skool en kan lees en skryf, (minimaal), maar van hulle is nooit die geleendheid aangebied nie. Ek wil graag vir die van hulle wat wil leer 'n poging maak om hulle te help. Ons is 'n selfonderhoudende instansie met baie lede wat van die minderbevooregde gebiede af kom. Ons is nie een opgeleide onderwysers of maatskaplike werkers maar ons is baie lief vir ons werk. Ek wil weet of daar 'n manier is waarop ons die lede kan help om hulle lewens te verbeter. Baie dankie Dianne du Preez (verskoon asb. my Afrikaans, ek is eintlik Engels spreukend) AANHOUWEN se telefoon nommer 021-8513798 vanaf 8vm to 1nm My sel nommer 0824476668 My huis nommer 0218512429

André Barlow

37 Thursday, 30 July 2009 18:06
A Barlow
Dis 'n briljante inisiatief! Sal daar iets saamgestel kan word vir ons op die outskirts wat nie die kursus kan bywoon nie?

Volledige inhoud van Verantwoordelike Vernuwing 2009 se WERKSWINKELS

38 Thursday, 30 July 2009 10:23
Webmeester Communitas
Hier is die volledige inhoud van die werkswinkels vir Verantwoordelike Vernuwing 2009. Laai dit direk af van http://www.communitas.co.za/Dokumente/VV%20BOEKIE%20FINAAL%20%20AUG%2025-26%202009.doc of gaan na die artikel op die webtuiste by http://www.communitas.co.za/index.php/kursusse--a-konferensies/konferensies1/2009-konferensies/1283-verantwoordelike-vernuwing-2009-program en laai dit by die relevante skakel af.

Kort skakel na die Word dokument: http://tr.im/uI8K

Verantwoordelike Vernuwing 2009 program/ werkswinkels/ inskrywingsvorm

39 Wednesday, 29 July 2009 14:09
Webmeester Communitas
Die skakels vir die Verantwoordelike Vernuwing 2009 is in die artikel daaroor. Hier is vinnige skakels daarheen:
* Program: http://tr.im/uzC1
* Werkswinkels: http://tr.im/uzCx
* Inskrywingsvorm: http://tr.im/uzCJ
Hoop dit help!

Verantwoordelike Vernuwing

40 Wednesday, 29 July 2009 12:14
Johan Engelbrecht
Ek wil graag ander gemeentelede uitnooi na die VV konferensie en hulle nooi met spesifieke verwysing na die inhoud van sommige van die werkswinkels. Kan iemand dalk vir my 'n uiteensetting van die werkswinkels mail wat ek kan forward?

Huisbesoek

41 Saturday, 25 July 2009 18:07
Piet Maritz
Frederick vra ek moet reageer, dan doen ek dit maar. EK sou vreeslik graag dat ons (en kerkrade en alle ander rade) hierdie tipe gsprek aanpak met The Fifth Discipline en stelselbenadering en De Bono se 6 Thinking Hats - ek glo van harte dit sal ons help om ons eie aannames te erken en te verstaan en lei tot beter gesprek voering.

Voorts moet 'n mens baie versigtig wees wanneer jy as Demas praat, want kritiek word nie altyd verstaan en waardeer nie. In my predikantsomgewing het ek dikwels gese jy moet bekommerd raak as ek nie meer kritiek lewer nie - dan is ek nie meer betrokke nie. En vir 'n langtyd nou al pla my dit my hoegenaamd nie wat in my vorige gemeente gebeur nie. Dit so bietjie agtergrond.

DIe probleem van huisbesoek, is 'n BAIE dieperliggende probleem. Dit raak nie net huisbesoek nie, dit raak ons manier van kerkwees. Daar is talle kerke wat groot en sterk is en GLAD nie huisbesoek doen nie, maar waar die pastor, as my kind soos die afgelope week, in Tygervallei instap en hy haar sien, haar vriendelik groet!

Ek dink die NGK probeer te hard om alles vir almal te wees. Ek dink die predikant se EERTSE verantwoordelikheid is teenoor sy meelewende lidmate - en hulle huil en kerm gewoonlik nie oor huisbesoek nie. Niemand kan die randfiguur beter bereik nie, as 'n vriend nie. En 'n predikant kan gewoon nie met almal vriende wees nie.

Die Bybel is 'n ongelooflike boek. As daar iemand is wat belangstel, sal ek hom/haar die tema van 'n Dokterstesis gee - Die Bybel leer die beginsels van moderne bestuurswetenskap. Daarom het ek in Harvard Business Review ongelooflike Bybelse beginsels gelees. Soos NUWE WYN in NUWE SAKKE (Structure follows purpose?) DOEN aan ANDER wat jy wil he hulle aan JOU moet doen. Dienenende leierskap. Die ongelooflike is dat daar talle artikels vanuit suiwer akademiese en besigheidsoogpunt oor die onderwerpe in die HBR verskyn - met geen verwysing na die Bybel nie.

Gun my 'n laaste twee opmerkings: EK het na my ou gemeente 'n boodskap gestuur: Diegene wat in my tyd op die kerkraad was, moet my vergewe, want ek het van HULLE goed verwag wat ek self nie kan doen nou dat ek nie meer 'n Ds is nie.

Tweedens (en Piet Meiring vertel dit met 'n uitstekende storie) die prediking is te veel besig met die predikant se probleme en nie myne nie. Daaroor kan ek nog baie se. In my tyd het ek dit probeer oplos deur preekgroepe te he van mense wat ek geestelik kon vertrou om my te help preek maak. Prof Jonker het een dag gese jy maak preek met die Bybel en Koerant oop op jou lessenaar. Maar dit frustreer my mateloos as 'n predikant met sulke ondeurdenkte, oppervlakkige opmerkings kom. Niks met huisbesoek te doen nie, maar baie met geloofwaardigheid! En of ek HOM sal opsoek (nooit!!!). Hoeveel predikant het al THE FUTURE OF MONEY gelees? Hoe kan jy dan verstaan wat in die ekonomiese krisis gebeur en hoe kan jy jou gemeente lei?

Skies, Frederik, ons het nou 'n wye draai geneem wat moontlik lyk asof dit weg is van huisbesoek, maar wat juis illustreer, as jy aan 'n klein draadjie torring, dan is die hele naar gou los.

Demas signing out! :)
Huisbesoek? , Frederick

Wat is die doel van huisbesoek?

42 Saturday, 25 July 2009 11:27
Frederick
Petrus en Piet,

Dankie vir julle kommentaar wat kom uit ryk ervaring in die bediening.

Petrus, yy vra 'n belangrike vraag: "hoe op aarde leer ek lidmate ken? En kan ek daarom toepaslik preek vir hulle as ek nie deur 'n sistematiese program van huisbesoeke gereeld met hulle kontak het en na hulle kan luister nie"?

Jou belangstelling in huisbesoek is nie om as betaalde amptenaar "namens" die gemeente "alle aspekte van kerklosheid en selfs antagonisme tot geestelike ondersteuning van aktiewe lidmate self en alleen te doen nie".

Ek wil graag onderskei tussen intensie en plan:

Ek deel die belangrikheid van jou intensie, nl dat leraars baie goeie kontak met lidmate - hou steeds van Heinrich se voorstel dat ons eerder praat van mense - moet hê om ander dele van hulle werk te kan doen soos bv om te preek. Ons hoef nie daaroor verder te praat nie. Almal stem daarmee saam. Daarom sê Piet Maritz, hang huisbesoek af van of hy en die ds darem saam kan tee drink na die kerk ens.

Wat wel die vraag is: Werk ons plan van geroetineerde besoek om juis dit te bewerkstellig? My artikel het beweer van nee. Die plan werk nie meer in ons huidige konteks so goed nie, want die konteks het baie verander. Wel daar is natuurlik plekke waar dit nie verander het nie en waar die plan nog goed werk. In baie gevalle het wyke ingeplof, is daar nie meer kerkraadslede vir die wyke nie, ens., ens. Sit dan nog die realiteit van sekuriteitsareas by waar jy nie sommer maklik inkom nie, die programme van mense en hulle mobiliteit en jy kom agter dat daar 'n hele boel gewone dinge is wat huisbesoek moeilik en soms onmoontlik maak.

Maar ek dink daar is belangriker redes agter my artikel. Ons veronderstel lidmate wil dit graag hê as metodiek vir geestelike versorging. Ek bevraagteken daardie veronderstelling. Ek dink dit is nie waar nie. Ons sal dieper na lidmate moet luister. Die behoefte aan 'n roetine besoek van 30 min een keer 'n jaar, het oa geskuif na 'n behoefte aan verdiepe verhoudinge, aan verdiepte spiritualiteit, aan groter eerlikheid en 'n veilige ruimte waar ek my worstelinge op die tafel kan sit en deurpraat. Huisbesoek kan dit nie doen nie. Daarvoor moet ons ander planne maak.

So ek antwoord einlik met 'n vraag: Is die belangrikste vraag, hoe kry die dominee kontak met die lidmate, of is die vraag, hoe ontwikkel ons koinonia, begelei ons lidmate tot dissipelskap en hulle identiteit in Christus?

In een sin: Dominees moet goeie kontak met mense hê waar hulle kan luister en leer oor die lewensomstandighede van die mense wat hulle bedien en ons sal in gemeentes planne moet maak om lidmate te begelei tot dissipelskap. Hoe hou ons aan altwee vas? Ons sal by mekaar moet leer en dit is oa waarom ons hierdie forums ontwikkel.

Nawoord: Piet- wat homself die Demas noem wat die teenswoordige wereld liefgekry het - gaan ons beter help om by die antwoord uit te kom as ons wat so diep binne-in die sisteem sit. So, kom aan Piet deel jou wysheid met ons.
Huisbesoek? , Frederick

Huisbesoek

43 Friday, 24 July 2009 22:21
Petrus Moolman
Vraag is: Wat sou die doel van huisbesoek wees? Sekerlik NIE om as betaalde amptenaar alle aspekte van kerklosheid en selfs antagonisme tot geestelike ondersteuning van aktiewe lidmate self en alleen te doen nie. Ek het deur die jare van my bediening, benewens aksies van lidmaat-bedienings in die gemeente, die volgende bereik en ervaar deur middel van huisbesoek: 1) Ek het die lidmaat en gesin in die konteks van hulle leefwêreld leer ken 2) ...Daarom kon my prediking hoe langer hoe meer 'grond vat' en 3) ... het wonderlike gesprek en interaksie op huisbesoek plaasgevind en 4) lidmate het juis op grond van die kontak deur huisbesoek my leer ken en vertrou en toenemend die vrymoedigheid ontwikkel om aan te klop vir pastorale begeleding wanneer nodig. Sonder huisbesoek sou ek nie `n idee gehad het wie die mense is wat Sondae voor my sit nie en sou my bediening in `n vakuum plaasgevind het. Hoe op aarde leer jy jou gemeente (nie net die getroue groepie dissipels nie) werklik anders ken?
Huisbesoek? , Frederick

Demas en Huisbesoek

44 Wednesday, 22 July 2009 08:28
Piet Maritz
Uit my ervaring as predikant (van 1998 – 1997) in Worcester, stem ek heelhartig saam met die bevindinge van die artikel. Ekhet tot die gevolgtrekking gekom dat huisbesoek ‘n vermorsing van tyd is.

My sinvolste gesprekke was waar ek informeel saam met lidmate goed gedoen het (by skottelgoed was na ‘n begrafnis, vuurmaak voor ‘n braai, selfs as ek skole rugby gaan kyk omdat my lidmate se kinders speel – ek het net dogters). Dan het die vrae wat ek graag by huisbesoek sou wou bespreek dikwels uitgekom.

Sedert 1997 was die Ds 1 of 2 keer by my. Of ek hom sal opsoek, hang af van hoe ek sy pastorale ingesteld beleef of die kansel of tydens tee na die diens.

Maar dit is maar net Demas (hy wat die teenswoordige wereld liefgekry het) wat praat. Tog dink ek predikante sal goed doen om meer met die Demasse te praar – hulle ken twee werelde.

Sterkte aan al die Dominees – julle het nie ‘n maklike job nie.
Huisbesoek? , Frederick

Ds

45 Tuesday, 21 July 2009 08:02
Etienne Pheiffer
Sal u asb so vriendelik wees om die pamflet na e-pos of na faks 0866312931 te stuur. Sal graag wil inskryf maar die nodige detail soos die koste is onduidelik en te klein op die webtuiste. Baie dankie. Groete Etienne

Nog voorstelle op vrae oor huisbesoek

46 Monday, 20 July 2009 22:48
Frederick
Ek reageer op Rethie en “gewone stadsdomine” se vrae en opmerkings:

1. Hoe begin ‘n mens die gesprek?

Jy spreek die voorveronderstellings wat geldig of ongeldig oor huisbesoek mag wees aan- my oorspronklike artikel oor huisbesoek was besoel om so-iets te wees. Die rede hoekom mense so emosioneel word oor huisbesoek dui op heelwat vooropgestelde idees- waaroor daar op ‘n verantwoordelike manier gereflekteer moet word. Dalk wil julle my bydrae verbeter- dan skep ons iets wat ander ook kan gebruik.

2. Wat is voorveronderstellings/vrae oor huisbesoek waaroor ek wonder:
a. Dit is die beste manier om ‘n verhouding tussen dominee en lidmaat te bou?
b. Wat is die soort verhouding wat oor die langtermyn ontstaan met roetine huisbesoek?
c. Moet die dominee die primere pastorale versorger vir al die lidmate in die gemeente wees.
d. Kan huisbesoek meer doen as versorging/instandhouding van ‘n lidmaat verhouding- of kan dit ook bemagtigend wees.
e. Is huisbesoek ‘n werklike behoefte of ‘n aangeleerde behoefte van lidmate?

Hoekom sal lidmate dikwels uit ons kerk na ander kere beweeg en in die nuwe kerk waar daar nie huisbesoek is nie- nooit daaroor kla nie?

3. Ek vind in beide van julle geldige vrae dat julle vertrekpunt kom vanuit die werk en taak van die dominee- hoe sal dit lyk as ons die hele saak bekyk vanuit die oogpunt van die lidmate, of nog beter in terme van die ontwikkeling van ‘n sorgkultuur in die gemeente?

4. Die oorgangsfase:

a. Dit is altyd ‘n goeie idee om ‘n gevestigde praktyk wat uitgedien geraak het te vervang met iets anders wat in die nuwe konteks meer betekenisvolle verhoudings kan stimuleer. Ons sit in gemeentes waar daar geweldig behoefte is aan verdiepte verhoudings, maar mense weet dikwels nie hoe om hierdie verhoudings te ontwikkel en instand te hou nie. Ek het by baie gemeentes geleer dat hulle met hierdie uitdagings kreatief omgaan en met wonderlike versorgingsplanne of strategie na vore kom. . Dit sal in julle gemeente ook waar wees. Hou op om te dink , of deur ander voorgeskryf te word, dat julle as dominees die eintlike versorgers in die gemeente moet wees. Rethie se idee oor verjaarsdae is ‘n voorbeeld van ‘n kreatiewe alternatief

b. enige oorgang wat nie goed deurdag en beplan is nie- is gedoem om terug te keer na die verstekposisie.

c. Voordat ek in ‘n gemeente wat gewoond is aan roetine huisbesoek sou dink daaraan om huisbesoek te vervang sou ek met ‘n proses van opleiding van beraders begin sodat daar genoeg leiers in die gemeente is om ‘n sorgkultuur te demostreer en uit te leef.

d. Luister baie goed na mense oor wat hulle versorgingsbehoeftes is- ek bedoel die werklike behoeftes en nie die aangeleerde kerklike behoeftes nie

e. Na jy dit alles gedoen het- moet jy in die gesprek Godsvrae begin vra- wat is God se roeping vir die gemeente en hoe pas die versorging- ingesluit huisbesoek- hierby in

5. Verhouding met die dominee: Die realiteit is dat julle as dominees meestal in gemeentes is waar die getalle te groot is om met al die lidmate betekenisvolle verhoudings aan te knoop-of julle “diens” almal en dit bly ‘n oppervalkkige verhouding- of julle is in wese net in “verhouding”met ‘n 20-30 mense. Gewone stadsdominee se: En vir baie lidmate gee die feit dat ons nog (probeer) huisbesoek doen, 'n mate van troos dat die dominee darem iewers besig is. Jy is reg- maar as dit die rede is waarom ons huisbesoek doen- dan moet ons weer dink en ek bedoel saam met ons leiers dink wat ons eintlik aan die doen is.

6. Ek hoor by beide julle vrae ‘n behoefte om in julle pastoraat eintlik in ‘n nuwe verhouding met julle lidmate te tree waar hulle nie van julle afhanklik is nie maar waar julle saam met hulle groei in julle vermoe om as gemeente te sorg vir mekaar en vir die mense wat die Here oor julle pad stuur. Hoor ek reg of lees ek goed daarin? Indien wel is dit ‘n keuse- wat gaan op die langtermyn die gemeente se kapasiteit die beste bou om in die wereld die sorgsame weerlose liefde van christus 24/7 uit te leef die beste bou- ek het in my artikel probeer aantoon dat roetine huisbesoek alleen dit nie gaan doen nie! Indien ek reg is- hoekom hou ons dan daarmee aan?
Huisbesoek? , Frederick

As jy huisbesoek wegvat, wat kom in die plek daarvan?

47 Monday, 20 July 2009 18:21
Gewone stadsdominee
Ek wonder saam met Rethie oor die begin van so 'n gesprek in jou gemeente. Kan jy nie vir ons leiding gee oor hoe jy so 'n gesprek kan begin nie. Ek glo ons gemeente staan voor so 'n keuse. En vir baie lidmate gee die feit dat ons nog (probeer) huisbesoek doen, 'n mate van troos dat die dominee darem iewers besig is.

Aan die ander kant is ek versigtig, omdat ek glo ek tog baie kontak gaan inboet, my 'reg om iemand pastoraal te versorg' is daarmee heen as ek iemand nie ken nie. Hoe anders, as deur huisbesoek, leer ek my gemeente ken?

'n Laaste opmerking wat ek wil maak is dat lidmate emosioneel raak oor huisbesoek. Ek het nou die dag in 'n gesprek met 'n ander predikant, rondom 'n braaivleisvuur, oor die blog van jou gesels - ja, ja, ek weet mens gesels nie oor sulke goed rondom 'n braaivleisvuur nie - en die ou het omtrent ballisties gegaan toe ek s^e huisbesoek kan sleg wees vir die gemeente.
Huisbesoek? , Frederick

waardeer

48 Saturday, 18 July 2009 11:45
Rethie van Niekerk
sjoe, dis pragtig. dankie Jannie

vrae

49 Friday, 17 July 2009 10:57
Rethie van Niekerk
Enkele opmerkings / vrae
1. dankie vir hierdie artikel - dit help mens om 'n paar goed te verwoord.
2. hoe gaan 'n mens in gesprek met jou gemeente se leiers hieroor? hoe bring ek hierdie inligting onder hulle aandag?
3. nog praktiese raad oor die oorgangsfase, asb?
4. ek het verlede jaar begin om lidmate te bel wanneer hulle verjaar. dit is redelik min moeite, maar het 'n massiewe impak - mense ervaar my teenwoordig in hul lewens, al is ek nie noodwendig fisies in hul huise nie. sondag by die kerk vertel hulle dan wat in hul lewens aangaan.
5. ek woon nie binne ons gemeente se grense nie. dit het soveel negatiewe implikasies! veral as ons die gemeente wil aanmoedig om na hul buurte uit te reik - in my "gewone lewe" is ek teenwoordig vir ander mense as dié wat binne die gemeentegrense woon. ek sou sê predikante moet goed dink voordat hulle buite hul gemeente se grense gaan woon.
Huisbesoek? , Frederick

promotor

50 Friday, 17 July 2009 10:08
NELIS GROVE
Ek bemark gospel kunstenaars en sal graag wil kyk na gospel optredes in u gebied met wie kan ek kontak sal ook graag by projrkte betrokke wil raak . dankie NELIS

Huisbesoek re-invent

51 Thursday, 16 July 2009 14:13
Frederick
Heinrich
Dankie vir jou kommentaar- ek dink dit is die soort innovering wat ons nodig het en met mekaar oor moet praat. Ek het persoonlik bie gehou van jou voorstel oor die ontwikkeling van netwerke- my ervaring is dat dit net goed werk indien daar baie tyd spandeer word aan die ontwikkeling van leierskap om die netwerk te laat werk.- wat lekker is van netwerke is dat dit plooibaar is en kan aanpas gelang die plaaslike omstandighede. Dit geld mi vir stad en platteland- dink maar aan hoe gemeentes in die platteland geraak is deur kinders wat elders skoolgaan- baie van daardie mense is nie meer naweke met hulle kinders op die dorp war hulle gemeente is nie- maar dit beteken nie dat ons nie met hulle 'n netwerk kan vorm nie.

Dan wil ek jou opmekring oor die beskikbaarheid van die predikant vir "mense"nie lidmate nie onderstreep. Ek dink dit het 'n tweerlei belang. In die eerste plek is lidmate mense- en moet ons waak daarteen in gemeentes om hulle te sien as objekte van ons bediening wat net in die rol van lidmate leef- hulle mense en wil graag as mense in hulle volle menslikheid erken en ontvang word. In die tweede plek- beteken dit natuurlik dat predikante ne daarmee die gemeente se sorgsisteem nie net vir lidmate bedoel is nie- maar vir mense in hulle behoefte aan gemeenskap en versorging. In die hele gesprek oor huisbesoek is dit seker die eintlike saak- huisbesoek in sy tradisionele vorm neig om die gemeente se fokus te neem na die versoring van lidmate asof die gemeente haar bestaansdoel daarin vind. Die omgekeerde is waar- die gemeente as sorgsisteem- is bedoel om gefokus te wees op die gemeenskap- ja op die mense wat die Here daagliks 24/7 oor ons pad bring. Dankie vir jou korreksie

'n Ander reaksie wat ek op die bydrae oor huisbesoek gekry het het te make met die oorgangsfase van 'n gemeente wat roetine besoek omskakel in 'n ander vorm van 'n sorgsisteem- hierdie omskakeling kan maklik backfire indien dit nie noukeurig gedoen word en daar nie genoeg aandag gegee word aan die oprigting van sorgsisteme- waarvan die opleiding en begeleiding van leiers die belangrikste is- soos hierbo reeds genoem

ek hoop daar kom nog gesprek oor die saak sodat ons by mekaar kan leer
Huisbesoek? , Frederick

Geloofsvorming

52 Tuesday, 14 July 2009 11:33
Martin Heyns
Dankie Jannie vir die saam luister wat jy aan die gang sit oor geloofsvorming.

Jou vertrekpunt dat die gemeente se geloofsvorming deur ‘n Persoon, Jesus Christus, plaasvind, artikuleer ek net bietjie meer. Dié Persoon is die Opgewekte Jesus, wat gekruisig is; die Lewende. Op die manier word ons dus genoop om weer na die opwekkingsverhale van Jesus in die Evangelies te luister om daarin te probeer hoor hoe Hy sy mense se geloof in die proses gevorm het: Geloofsvorming in die kragveld van Jesus se Opwekking uit die dood!

* ‘n Eerste ding wat ons in die verband, uit die verhale ontdek, is: Die Here se mense kon geen ‘greep’ op Hom as die Opgewekte kry nie. Hulle was meer in hulle “geloofsvorming” ‘gepuzzled’, as iets anders”. Terloops, die ‘gevegte’ oor die opstanding in die NG Kerk, is natuurlik direk ter sprake. In die verband skryf Eugene Peterson verhelderend, betreffende die kennis-aspek in die proses van geloofsvorming: “Two of our primary ways of dealing with reality are by understanding and by using. Understanding takes a new item of experience or information and makes sense of it by fitting it into all other things we already know. Using tests out the new experience or information in the actual routines of what can be or has to be done. But this resurrection is inaccessible to either of these. Understanding and using are displaced by sheer wonder, astonishment, amazement …” [Uit “Living the Resurrection”]

* Hieruit moet ons agterkom dat ons nooit in beheer van geloofsvorming, in die lig van Jesus as die Opgestane, kan wees nie. In dié verband is die volgende vir my rigtinggewend:

- Baie soorte ‘opwekkingsverhale’ het in die leefwêreld van Israel, en die hele wêreld van die Nabye Ooste, in die harte van die mense, in die tyd voor Jesus, geleef. Maar die dag toe God Hom tussen hulle uit die dood opwek, was die bes voorbereides heeltemal onkant gevang. Ons is nooit in ‘n posisie om te weet hoe geloofsvorming in die kragveld van die opgewekte Here plaasvind nie. Dit gebeur heeltemal buite die kategorieë van ons kennis, psigologiese ervarings en morele ingesteldhede. Hier is ook nie plek vir eksperte nie. Ons is en bly almal beginners in die buite-ons-beheer gebeure.
- Dit is ‘n verrassende openbaring dat die opwekkingsverhale fokus op Jesus en die gemarginaliseerdes in die samelewing; by uitstek die vroue. Hulle word die eerste geloofsgetuies. Maria Magdalena was seker die mees uitstaande randfiguur in die verband. Miskien moet ons ernstig kennis neem dat mense wat dalk vandag die meeste deur God in sy gemeentes vir ons geloofsvorming gebruik word, die armes, die wat nie tel nie, die noodlydendes, die uitgestotes , die digters en ander kunstenaars, die kinders, is. ‘n Wekroep, sou ek sê, vir multikulturele, oop kerkgemeenskappe; gemeentes wat regtig die samelewing waarbinne ons leef, verteenwoordig.
- Geloofsvorming in die opwekkingsverhale geskied eintlik in stilte. Hoewel daar baie energie aan die werk was in hierdie verhale, beskryf dit nêrens ‘n groot ‘show’ nie. Miskien moet ons maar weer diep nadink: Moderne kommunikasie tegnieke en geraas-musiek is dalk toe nie sulke goeie bykomstighede vir geloofsvorming nie!
- Geloofsvorming in die verskyning van die Opgewekte Here het alles te maak met ‘vrees’. Vrees is die mees uitstaande ‘geloofsrespons’ in die verhale. Ons ken dit al uit die Eerste Testament as die vrese-van-Here. En dit het alles te make met verwondering. Miskien druk die woord ‘awe’ dit dalk die beste uit. Onkant-gevangde-verwondering oor God wat net soveel meer is as wat mense in hulle beste vermoëns ooit kan bedink --- dit is hoe God sy mense vormend ‘aangeraak’ het . Mense wie se harte brandend gemaak is deur die Woord; waar hulle saam geëet het [Nagmaal] en in die gemeenskap van “vriende” wat nou aan mekaar verbonde was as ingelyfdes in die Liggaam van Chrisus [Besnedenes/gedooptes]. Sonder hierdie verwondering, word geloofsvorming so maklik ‘n selfhelp besigheid. Geloofsvormingstegnieke word ontwikkel; ons help mekaar met allerhande vraelyste om ons gawes te ontdek; ons werk missie-doelstellings uit, ens. Ongelukkig is die meeste van hierdie goedbedoelde dinge niks anders as ‘n dekonstruktiese van ‘verwondering oor God’ se verrassende werking in ons in die Opgewekte Here nie.

* Die bydrae van Eugene Peterson, veral in van sy jongste publikasies: “Practice the Resurrection”; “Eat this Book”; “The Jesus Way”, is in hierdie verband van onskatbare waarde en dit is vir my baie aangenaam om hom ook op die manier erkenning te gee in sy ietwat eensame stryd teen die modernisme wat so diep in ons are vloei.
Dr
53 Monday, 13 July 2009 10:25

anoniem

Dagse Frederick

Ek (Heinrich Theunissen)gebruik 'n ander naam want die program meen my regte naam is reeds in gebruik.

Na 20 jr in die bediening (2 gemeentes op die platteland)stem ek heelhartig saam met julle waarneming. Dit lyk my ook dat 'n paar goed belangrik is in vandag se tye en nie noodwendig met roetine huisbesoek ondervang word nie.

Een is die toeganklikheid van 'n predikant vir mense (nie net lidmate nie), en dan in die eerste plek as 'n medemens (mede reisiger).

Twee het te make met netwerking. Iewers, gemeentegrootte ensomeer in ag geneem, moet ons kontak maak en behou met mense. Dit verhoog uiteraard toeganklikheid.

Drie gaan oor die netwerking van die gemeente. By ons gebruik ons 'n leierspan wat meer as 10% van die gemeente beslaan en in kleiner groepe netwerk.

Groete Heinrich
Huisbesoek? , Frederick

Ons sekerhede le in 'n toekomstige verhouding

54 Thursday, 09 July 2009 08:21
Frederick
Jannie- ek het dit baie geniet om die bydrae oor gelofsvorming te lees. In 'n onlangse gesprek met predikante het ons "ontdek" dat ons geneig is om in terme van geloof te dink dat ons sekerhede in die verlede le. Die "mental model" verhoed ons om met "wide-awakening" soos jy dit stel te leef.

As jy reg is, en ek dink jy is, dat ons sekerheid, noem dit maar belydenis, gesetel is in 'n verhouding met Iemand wat die inisiatief geneem het om eerste met ons in 'n verhouding te tree en dat hierdie verhouding in die toekoms op verassende wyse gaan ontwikkel, nie as gevolg van ons inspanning nie, maar as gevolg van die eskatologiese aard van die verhouding met Christus- dan moet ons die historiese mental model ten minste aanpas met 'n eskatologiese een.

Dan word gemeentebediening 'n avontuur van voortgaande ontdekking soos wat die waarheid in die verhouding ontvou. Ek moet se stem my tot entoesiasme oor die dag wat voorle- wie weet watter sekerhede ek op die pad vandag gaan ontvang?

The City in Biblical Perspective

55 Thursday, 02 July 2009 07:32
Chris van Wyk
Hi Rethie
Stuur die artikel vir ons aan, dan plaas dit ons hier.
Groete
Webmeester

found it!

56 Wednesday, 01 July 2009 10:50
Rethie van Niekerk
Ek het die artikel "A new king and a new order" gekry! Dit fokus meer op Jesus se koningskap nav Kol 1, maar kan die gedagtes rondom die stad en koningskap goed aanvul. As iemand belang stel, kan jy my mail.

Hulp?

57 Wednesday, 01 July 2009 09:22
Rethie van Niekerk
Nog Brueggemann:
Ek sien hy het 'n artikel geskryf juis oor hierdie gedeelte:
"A new king and a new order", The Christian Century, October 28, 1992, p. 963.
Mens kan dit net kry as jy by 'n akademiese bib ingeskryf is, via atlas. Is daar iemand daar buite wat toegang het hiertoe en dit vir my kan mail, asb? rethie by global punt co punt za

Die Stad

58 Wednesday, 01 July 2009 09:18
Website wil nie intekening aanvaar
In reaksie op Martin se kommentaar: Brueggemann skryf 'n briljante artikel genaamd "The City in Biblical Perspective: Failed and Possible", (http://www.luthersem.edu/word&world/Archives/19-3_Politics/19-3_Brueggemann.pdf) waarin hy die verhaal van die Dawidstad vertel.
"Old Testament Jerusalem is a metaphor for the concentration of power and meaning that marks our own cities. Jerusalem failed, committed to a false ideology, just as our cities are failing. The prophets provide a voice and a program of hope."
Gaan lees dit gerus - dis inspirerend en spreek die waardes onderliggend aan die "stad" aan.
Rethie van Niekerk

Ook nog geluister 2 Sam 5

59 Tuesday, 30 June 2009 08:28
Martin Heyns
God se nuwe Koers [lewe onder die Heerskap van God] kry ‘n nuwe momentum in hierdie verhaal van Dawid. God stel Dawid amptelik aan a sy prins [heerser] en as sy herder oor al sy mense. Die hele Israel is nou ter sprake. ‘n Prins is natuurlik nie self in beheer nie. Daar is net een Koning in beheer! ‘n Prins kan maar net in die Naam van die Koning optree, as hy daartoe gevra word. ‘n Herder is ‘n versorger; ‘n dienskneg; die afhanklike slaaf van Ps 123. Herders lewe net uit genade.

Maar wat ‘n voorreg; wat ‘n verantwoordelikheid dat God gewone mense so hoog ag om in sy Naam vir Hom diensbaar te wees, ter wille van Sy mense en die Sy hele skepping! Om hulle met liefde agter hulle te kyk; hulle op te bou en hulle in God se vrede [Jerusalem, Shaloom] te laat lewe...

Mens hoef nie ver te rek om onsself in die verhaal te ontdek nie. Ons wat op hierdie prins-en-herder-pad gevat is in Christus Jesus, die ware Prins van vrede [Jerrusalem] en Herder-versorger: “Soos die Vader-Koning, My gestuur het, stuur ek julle!” En die Heilige Gees rus julle toe om dit te doen. So blaas Die Skepper/Herskepper Gees toe mos hierdie Nuwe Lewe in ons in; sit ons amptelik, soos Dawid, op Koers [Joh 20].

Hoe respondeer mense op God se aanstelling? Die Lectionary wil lyk my, die verhaal ontduik! Hoekom is vers 5:6-8, wat die Lectionary betref, uitgelaat? Omdat dit een van die moeilikste tekste in die Bybel is, sê die meeste verklaarders?

Dit lyk my ons moet die week tog maar na die hele verhaal probeer luister. Die prins wat toe vir hom ‘n paleis-stad soek en van die Jebusiete gaan vat: Jerusalem; eintlik na die oorname, toe die “Dawid-stad” genoem. So het die meeste volke en konings in die omringende kulture gedoen? Is dit ‘n prins van die ware Koning wat só moet maak? Is dit nog ‘n prins dié, of is dit dalk ‘n prins wat klaar ‘n “koning” probeer wees? Ek kan nie help om hierdie ondertone in die verhaal van die skrywer te hoor nie. Onthou die Koningsboeke was onder meer kritiek op die herders wat despote geword het.

Wat hierdie ondertone baie sterker maak, is Dawid wat die “kreupeles en blindes”, wat hom gekoggel het, uit die Dawid-stad uitsluit, met ‘n ewige haat. Jerusalem se herder-prins sluit mense uit met ‘n ewige haat? Ek kan nie help om die eerste krake in die prins/herder se amptelike diensmondering, namens God te hoor nie. Lê Dawid dalk hier die eerste boustene van die Sionsteologie wat later verseker ontwikkel het en God se mense eintlik daarop laat roem het om “die-ander” uit te sluit? Die van-Koers-af-lewe wat al die ware profete en later Jesaja probeer nek omdraai het [Jes 56]?

Uit die God-stories van die Bybel en uit eie ervaring, lyk dit my dis al waartoe ons prinse en herders in staat is. Ons vat sommer oor asof ons in ons eie naam lewe en werk. Ons word van kleinsaf so geleer en die moderne tegnologie en wetenskap maak ons gode, wat wou prinse-herders! Ons vrek oor mag en beheer in plaas van die gewone simpel diensbaarheid vir die Koning. En die eerste tekens hiervan: Ons vorm ‘n kliek wat ander eerder uitsluit as insluit. Die ander bedreig skielik ons eie “koninkrykies”. Die voorbeelde is legio in die NG Kerk se geskiedenis en ons eie ‘sionsteologie’. En ons verniel mekaar tot in die grond en God se hele skepping [ekologie] daarmee saam. Die verhaal sê vir my: Luister mooi, só is mense!

Ons Hoop is net in die ware Prins, die Gekruisigde wat opgewek is en lewe! En kyk mooi hoe was die Vredevors, Prins-Herder van God, gekoggel, deur al wat leef. En Hy het toe niemand uitgesluit en daarvoor gehaat nie. Onthou, Hy het selfs vir die koggelaars by sy Kruis gebid: “Vader, vergeef hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie”. Voorwaar Hy is ons Prins en Herder wat ons ware Jerusalem-vrede en -lewe gee.

Hel, ons moet Hom dien! Hom eer! Hoe kan ons anders?

Tweede gedagtes 2 Sam 1

60 Friday, 26 June 2009 08:51
Lusaka, Heyns
Vir iemand wat dalk saam met my na die God-storie uit 2 Sam 1 die week luister.
Die volgende het my uit die verhaal aangespreek:

* Die Amalekiet in die verhaal maak die pad vir Dawid oop die koningskap waarvoor hy deur die Here gesalf was, te vat. Die kroon en ander koningsimbole was in sy hande. Dis net die Here wat die pad só vir hom kon oopmaak. Die Here het self sy ‘vyand’ [Saul] uit die pad gevat. Wat ‘n bestiering, sou mens kon sê. Kyk net hoe werk die Here.

* Dawid het dus saam met manskappe goeie rede gehad om te ‘celebrate’!

* Die nuwe Koers in die Dawid verhaal [God se Koninkrykspad] maak Dawid egter anders na God. luister:

-- In plaas van na die mag in sy hande gryp, sien Dawid God [die enigste Mag] se eer is op die spel. God en sy gesalfde is aangetas en diep “verneder”.
-- Dit laat Dawid en sy manskappe in sak en as rou! Rou ipv ‘celebrate’! Dawid die eintlike gesalfde, verneder homself en sy manskappe magteloos in die openbaar; alles ter wille van God se eer.
-- Die erns van sy hartsgesindheid, sit hy dan om in dade, deur die deur die Amalekiet dan en daar te laat doodmaak. Die instrument wat God se eer aantas moet uit die pad van God se koers kom.
-- En dan skryf Dawid ‘n grafgedig [lied] wat almal moet aanleer [akrosties] om sy vyand [Saul] en sy vriend [Jonatan] in opregte liefde te besing. In die gees van die “ou koers” klink dit vals; ten minste sy lied oor Saul. Maar op God se nuwe Koers met ons is respek vir God onafskeidbaar van respek selfs vir jou grootste vyand. Hierdie vyandsliefde is natuurlik in Jesus van Nasaret, de Opgewekte Here, in ons glashelder verwerklik. Maar God het sy gesalfde, Dawid, ook al op die Koers gevat in die eerste Testament.

* Oor hoe die Opgewekte Heer prakties in ons lewe werk en doen, is dit dalk net goed om “Living the Resurrection” van Eugene Peterson [NAVPRESS] te lees. Inderdaad Dawid kon die ander Koers in 2 Sam 1 nie uit homself loop nie. Dalk daar in Betlehem toe hy so onverwags gesalf is; of toe hy die beer en die leeu ter wille van die skape se oorlewing, vreemd kon oorwin, het die wonder van God, as die Lewende Teenwoordige Een, Dawid oormeester. Maar verseker, net hierdie verwondering oor wie God is, kon hom op die Nuwe Koers agter God aan vat. Die Evangelie is regtig ‘n goeie Boodskap!

Gestuurdheid word meer as 'n droom

61 Thursday, 25 June 2009 08:11
Frederick
Jannie as 'n mens kennis neem van die soort inisiatiewe laat dit jou droom oor hoedat daar ook in ons land gestalte gegee kan word aan die drome en ideale van die Gestuurde Visie op gemeentewees. 'n Mens bly verwonderd oor hoedat die Gees mense kreatief en konkreet lei om gemeenskap binne die realiteit van die Triniteit te realiseer.

Ek het onlangs met 'n leraar gesles wat vertel het hoedat hy in 'n konflik situasie daarin kon slaag om kop te hou omdat hy homself die hele tyd die realiteit van 'n lewe binne die Triniteit voor oe gehou het! So lei die Gees ons op verskillende plekke en kontekste met die EEN ROEPING (Ef4)

Nog gedagtes 1 Sam 17

62 Wednesday, 17 June 2009 23:55
Lusaka
Dawid en Goliat se verhaal vat aan mens se lyf as jyself rug teen die muur staan. Jy’t kanker wat in jou groei; twee van jou kinders is in ‘n oogwenk in ‘n gru ongeluk dood; jy’t skielik, sonder waarskuwing, jou werk verloor, met hope onnodige skuld wat jou op alle maniere doodwurg ens.
Dan staan die magtige, onoorwinlike, koggelende Goliat met sy brutale, uitdagende mag skielik reg voor jou in die pad; enige tyd --- dag en nag – middernag-sweet, maar veral in die oggend en aand [vers 16] as jy dalk probeer bid. En al wat jy kan doen is weghardloop [vers 24]. Ver weghardloop!
In plaas van bid en vertrou; raak ‘bargaining’ met die sigbare/meetbare, ‘n haalbare opsie. Die lokaas; wortel voor die neus [Mamon] gee bietjie hoop. Ons koop [omkoop] ons uit die moeilikheid. En wat kan Mamon se lokaas nie alles vermag nie [vers 25]? Die beste en duurste mediese behandeling; die oulikste terapeut en die knapste skuld-bestuurder ens.
Maar hoe ons ook al koop [omkoop] en “bargain”, die Here weet! dit help eintlik niks. Goliat is, met jou rug so styf teen die muur, net elke keer as hy oor en oor [40 dae woestyn-lank]verskyn, hopeloos te sterk. Trouens hy lyk elke keer net sterker en onoorwinlik groter! Die duur behandeling het, na die toetse uitgekom het, tog nie die verwagte uitkomste nie; die spoke van die ongeluk, na baie terapie, wil maar net nie uit jou kop nie—jy voel jy gaan mal word; die skuld probleem druk jou laaste asem al meer uit jou uit.
Alles wurg jou uit jou geloof uit! Die storie sê: só is dit gesteld met gelowiges; kinders van God – die linies van Israel. Die kragreuse van die ‘wêreld’ het oorgevat. En dieselfde gees van die wêreld manifesteer [vat oor] net op ‘n ander manier as die Goliat-gees, binne in ons!
Maar daar is ‘n ander Koers. Die Dawid Koers. Die Nuwe Lewe Koers [Koninkryk]. Iemand wat snaaks genoeg nie teen Goliat vaskyk nie. Iemand wat nie regtig vir Goliat bang is nie, maar “God vrees”. Want hy kan doodgewoon nie toesien dat Goliat met God-en-sy-mense so mors nie --- hulle so vernietigend die skrik op die lyf jaag nie. Vir hom gaan die lewe, met al die Goliat-magte daarin geweef, oor God! God en God se eer is op die spel [vers 29; 45-47].
Dis erg dat sy eie mense [mede-uitverkorenis] nie dié Koers uit die gemors raaksien nie [soek eers die Koninkryk van God en wat reg is!]; dis nog erger dat hulle die Koers uit eie geledere teenstaan en probeer verydel [vers 28]. In plaas van eenheid, verdeeldheid! Dis sowaar die kerk van die Here wat nog altyd presies so lyk en doen! Flip Theron het eenkeer gepreek: Kerk en wêreld in dieselfde bootjie!
Maar die Dawid-Koers het geen keer nie. Wat ‘n troos?!! Dis sonder magsvertoon; dis lagwekkend gering. Dis heeltemal oudmodies. Dis klipvel-krag teen moderne atoomkrag! Dis so simpel soos kniel [bid] by ‘n stroompie; in afhanklikheid van God alleen, klippies optel en korrel en gooi en God wat alle mag in hemel en op aarde het, laat die klippie koersvat, dwarsdeur die sogenaamde ondeurdringbare wapentuig deur. ‘n Moderne, gesofistikeerde rekenaar-beheerde projektiel, kan nie so akkuraat wees nie! Die onmoontlike het gebeur. Goliat is dood! Morsdood.
En voor ons ons kan kry dink ons: Wat ‘n oulike knapie; die bloesende, oopgesig seun met sy groot geloof! En kan hy nie goed gooi nie? Ons wil ook so wees! Ons sal Dawid, met ons eie vreesaanjaende Goliat’s in ons pad, moet namaak.
Die storie sê: Moenie. Jy kan nie. Jy mis dan die eintlike Storie. Dis nie die oulike Dawid nie. Hy was nie oulik nie --- luister daarvoor na sy hele lewensverhaal. Dis die Gees van God, wat God die Vader, Self op Dawid in oorvloed uitgestort het [16:13]. Dis God wat heeltyd kragtig by Dawid was [16:18]. Dis alles God se werke. Dit móét ons inderdaad glo; God hiervoor op sy Woord vat! Omdat ons niks ander kan doen nie. Rug teen die muur!
En die God-storie dwing/dring my/ons op my/ons knieë: Ekskuus Here; vergewe my asseblief, Here, my God, dat ek só wêrelds is; só maklik val vir die tipiese“Filistynse”omkoop-planne teen Goliat. En dit laat my smeek: Ek vat U op u Woord in die Storie, Here. Maar kom asseblief my ongeloof te hulp. Om kinderlik te glo is verskriklik moeilik. Destyds en vandag --my ongeloof; ons ongeloof, in die Nuwe Koers wat U in Christus met ons, deur die Heilige Gees gevat het …

Tweede gedagtes 1 Sam 16

63 Thursday, 11 June 2009 16:03
Lusaka
‘n Storie oor die Nuwe Koers wat God met sy mense lank gelede ingeslaan het—die Koers [Koninkryk] waarin Hy nog altyd regeer en die enigste Een in beheer is; die Koers wat op die ou einde, hoewel baie vreemd, die enigste sin is.

* Ons hoor onder meer dis ‘n Nuwe Lewe waarin God altyd weer die inisiatief neem. Net soos Hy met sy Skepping en met sy Herskepping na die sondeval in die paradys gedoen het. Mense is net in staat om vir Hom en vir hulleself [staties] weg te kruip/weg te hol of vasgeloop te sit en ‘sulk”, soos Samuel in hierdie verhaal. Dankie tog. Hy ons enigste vaste Hoop!
* Maar nou sê die verhaal: God se inisiatiewe om ons te laat lewe, sit ongelukkig heeltemal dwars op ons sieninge van wat lewe is. God vat ons op só ‘n vreemde, nuwe pad, hierdie enigste ware lewenskoers! Dis só heeltemal vreemd, dat Samuel doodbang daarvan wou terugdeins. Ja, dis inderdaad soms gevaarlik om agter God aan te gaan! Dit lyk my om in God se teenwoordigheid, naby agter Hom, aan te loop, is meestal erg ongemaklik. Dis nie so ‘cosy’ soos ons dit soms graag vir onsself voorstel nie.
* Maar, dis duidelik uit God se verhaal: Daar is net een manier om agter Hom aan te gaan: Gehoorsaamheid. Onvoorwaardelik. Doodgewoon net doen wat God sê! Soos Samuel toe gedoen het.
* Die Nuwe Pad agter God aan, met Hom in beheer, gooi ons egter heeltemal uit beheer. Arme Samuel het die erediens daardie dag, nogal op God se bevel, so netjies in Betlehem beplan. Menslik gesproke het daar egter niks volgens plan geloop nie. Is dit regtig hoe God ons lei?

- In plaas daarvan dat die mense met vreugde “kerk” toe gekom het, was hulle aanvanklik agterdogtig en selfs ontsteld. Is dit ons verwagting van erediens toe gaan?
- En toe met die ‘salwery’ van die nuwe koning. God wat sy nuwe dienaar-leier vanuit die erediens, gestuur het. Kan ons dalk sê: uitgestuur vanuit die sakramentele deel van die diens, soos die gemeentes vandag nog? Hiervan het daardie dag niks vir Samuel in plek geval nie. Sewe [volmaakte] kandidate word voorgestel. Ek sien in my verbeelding: Die eerste een met die imponerend voorkoms,charisma en al –gebore leier; die ander een met uitstaande geleerdheid agter sy naam; die ander een met die uitstekende mense-verhoudinge; nog een, ‘n fantastiese organiseerder – hy weet van delegeer; die volgende wat uitstekend met finansies kan werk; die voorlaaste is so ‘n goeie familie-mens--- ‘n voorbeeld vir almal; die laaste een met die onkreukbare karakter. Maar God kies nie eers uit “sewe”, dws sy eie volmaakte getal, nie! Kan dit regtig so werk as ons Hom volg? Dit kan mens net verwar?
- En toe die onverkwiklike lang wag. Daar is toe wel ‘n agtste kandidaat. Maar hy was nie eers gereken om erediens toe te kom nie; te jonk vir die ‘sakrament’ dalk? Hy pas liewer, saam met die ander herders, skape buite in die veld op. Maar God sê hy móét kom. Eers moet hy ook nog deeglik gereinig word – mens kom nie sommer onvoorbereid, soos jy wil, voor God nie! Kan ons dink hoe lank was die gewag daardie dag? Party, so hoor ek in my verbeelding, sê: “Niemand sien my weer by dié ‘kerk’ nie. Ek soek ‘n ‘uur-kerk’; netjies, met ‘powerpoint’ en al, dit hou my wakker en dis hoe dit tog in die markplek werk!
- En toe kies God sowaar, in hierdie deurmekaar erediens, die onverwagte rooierige outjie. Die agste een. Dis die heel laaste wat ons sou doen. En God se Gees neem hom in besit. Hy is sy nuwe mens op Sy Nuwe Pad.

* En ek glo elkeen het daardie dag met die seë van die Here huis toe gegaan. Dis só anders, dis só vreemd dat jy bang kan word; dalk só verskriklik eenvoudig; só deurmekaar! Maar dis hoe in die storie op sy nuwe Koers met mense werk. En sy seën op die pad is eg. Mens kan nie daarsonder nie.
* Of ons wil weet of nie, dis ook ons storie. Ons wat God later in Jesus van Nasaret ook weer heeltemal nuut [wedergeboorte deur sy Gees] ontdek het. Hierdie Jesus was ook die laaste Een wat mense sou kies [Jes 53]. En om Hom te volg, is nog duideliker, net soos in Samuel se dae...
Tweede Gedagtes: 1 Sam 15:34-16:13 , Chrisna van der Merwe

Harry is gevaarlik

64 Tuesday, 09 June 2009 10:00
Harry
Ek dink nie Harry Potter het enigiets met "towenaar goed" te doen nie, maar alles met fiksie. Ek dink ook nie die stemme in Etienne se kop het enigiets met die Heilige Gees of die duiwel te doen nie. Dit mag egter op iets ernstigs dui en ek sou hom aanraai om met 'n dokter of psigiater daaroor te praat. Dit is nie die soort goed wat 'n mens moet ignoreer nie, want dié stemme kan dalk eendag vir hom sê om iets te doen wat slegter gevolge kan hê as om vir mense briewe te stuur om van God se liefde te vertel.

Die Gees werk waar ons uitreik

65 Tuesday, 09 June 2009 07:06
Chris van Wyk
Die verhaal is vir my baie inspirerend. Dit wys my ook hoe die Gees net ervaar en gehoorsaam kan word, waar 'n mens uitreik en die risiko neem om God te vertrou. Dit is dié tipe verhale wat weer lewe bring in 'n kerk wat laer getrek het en versigtig geraak het vir kontak oor grense heen.

Harry is gevaarlik

66 Saturday, 06 June 2009 16:49
Etienne Marais
Iemand het 'n ruk gelede aan TV Plus 'n brief geskryf om te se hoe gekant hy teen Harry Potter is. As 'n Christen wil ek net se dat ek saam stem met dit wat hy gese het oor hoe duidelik die Bybel se moet niks met towenaar goed te doen he nie.
Toe ek 14 jaar oud was het ek stemme gehoor wat oor en oor in my kop:'Harry moet weg' gese het. As 'n Christen wil ek baie graag vir almal wat mal is oor Harry Potter vertel dat hulle nie die selfde stemme wat 'Harry moet weg' se wil hoor as wat ek gehoor het nie.
Ek het al baie gebid vir die bekerings van almal wat met Harry Potter te doen het en e-posse gestuur om hulle van God se liefde te vertel en ek sal aanhou om vir hulle bekerings te bid.

Soekers na en draers van die waarheid maar nooit besitters nie

67 Tuesday, 02 June 2009 17:25
Frederick

 

Add a comment

Kommentaar en gesprek