{ARGIEF}

Ekerk bied in Mei 2014 ‘n opwindende leer geleentheid aan as webinaar. Die tema is ” Die pad van Dissipelskap   en sal spesifiek wees vir enige leraars en enige iemand wat meer wil weet en saam wil gesels oor die tema. Sien al die inligting hieronder, of kontak vir pierre@ekerk.org om meer uit te vind.
 learningcommunity2
Hierdie geleentheid bied 5 VBO punte.
Meer oor die webinaar:
Tema : Die pad van dissipelskap
Dissipelskap. Ons hoor dit so baie by gelowiges en in die gemeentes.

  • Wat is dissipelskap?
  • Moet elke gelowige nie ‘n dissipel wees nie?
  • Waar leer ons as geestelike leiers van dissipelskap?
  • Wat is ons rol as geestelike leiers om mense as dissipels toe te rus?
  • Wat is die rol wat die Bybel speel ten opsigte van dissipelskap?
  • Wat kan Lukas en Handelinge ons leer van dissipelskap?
  • Moet ‘n dissipel ‘n buitengewone gelowige wees?

Waar: Webinaar
Wanneer en sprekers:

  • 22 Mei 2014: Mynhardt van Pletsen wat gaan gesels oor waar ons moet reg begin om dissipelskap reg te verstaan.
  • 29 Mei 2014: Pierre Engelbrecht wat gaan kyk na dissipelskap vanuit Lukas-Handelinge en wat Jesus ons leer van dissipelskap.
  • 5 Junie 2014: Stephan Joubet waar hy gesels oor  ‘n paar leefreëls vir gewone mense wat buitengewone lewens wil leef.

Tyd: 10:30 – 12:00.
Koste: Gratis.
Die voorgeskrewe boek vir die webinaar:

Registreer deur die volgende link te volg: http://form.jotformpro.com/form/41283252802953