{ARGIEF}

“Remembering the Heidelberg Catechism in (South) Africa today”/

“Onthou die Heidelbergse Kategismus in (Suid-) Afrika vandag”

Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

30 Oktober – 1 November 2013

 Vanjaar is die 450-jarige herdenking van die invloedryke Gereformeerde belydenisskrif, die Heidelbergse Kategismus. Instellings en gemeenskappe met Gereformeerde wortels (insluitend in Heidelberg, Duitsland, waar die dokument ​​in 1563 ontstaan het te midde van godsdienstige en politieke konflik en polarisasie), herdenk dit met talle geleenthede wêreldwyd. In Suid-Afrika en die res van Afrika het die Heidelbergse Kategismus, as deel van die belydenisskrif van die meeste Gereformeerde kerke, ‘n besonder interessante historiese ontvangs gehad, met ‘n groot godsdienstige en kulturele impak.

Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch herdenk die 450-jarige bestaansjaar van die Heidelbergse Kategismus  deur van 30 Oktober tot 1 November 2013 ‘n internasionale konferensie by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch, aan te bied.

Die konferensie, “Onthou die Heidelbergse Kategismus in (Suid-) Afrika vandag”, sal ʼn oorsig bied oor die ontstaan en konteks van die dokument in die 16de eeu, asook die teologiese en sosiale betekenis, historiese ontvangs en die hedendaagse relevansie daarvan.Verskeie internasionale sprekers het reeds hul deelname bevestig, insluitend Prof Michael Welker (Heidelberg Universiteit, Duitsland), Prof Christoph Strohm (Heidelberg Universiteit, Duitsland), Prof Eberhard Busch (Göttingen Universiteit, Duitsland), Prof Erik de Boer (Vrije Universiteit, Amsterdam, Nederland), Prof Eddy van der Borght (Vrije Universiteit, Amsterdam, Nederland), Prof Frits de Lange (Protestantse Theologische Universiteit, Nederland), Dr Rachel Baard (Villanova Universiteit, Philadelphia, VSA) en Prof Doug Ottati (Davidson College, Noord-Carolina, VSA). Vooraanstaande teoloë uit Suid-Afrika en die res van Afrika sal ook aan die konferensie deelneem.

Vir meer inligting, besoek die webblad http://blogs.sun.ac.za/heidelbergconference of  kontak:
Helette van der Westhuizen, epos hvdwest@sun.ac.za, tel +27 (0) 21 808 3250
Robert Vosloo, epos rrvosloo@sun.ac.za, tel +27 (0) 21 808 3256
Om in te skryf, kliek hier:  HKRegistrationForm
Om die Program af te laai, kliek hier: HKProgramFin