{ARGIEF}

MemaImpak

Prys: R150.00
KLIK HIER OM TE KOOP
Nadat ’n kort videogreep van Nataniël by die NG Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland 2015 as deel van die verkorte aanbieding oor lidmaatbemagtiging gewys is, het die video “viral” gegaan. Dit het gelei tot enorme blootstelling vir Lidmaatbemagtiging en die ontstaan van die Impak-projek.
Die Impak-DVD bevat videogrepe, ‘n voorgestelde program vir ‘n Toerustingnaweek en ‘n joernaal. Die Toerustingnaweek kan saamval met Toerustingsondag op 13 September 2015.
• Die doel van die videogrepe is om lidmate te bemagtig en te laat saamgesels oor hoe om innoverend dissipels van Jesus in hulle eie konteks te wees.
• Die voorgestelde program stel gemeentes in staat om ʼn Toerustingnaweek te reel.
• Die joernaal gee aan lidmate die kans om tydens die Toerustingnaweek hulle gedagtes oor lidmaatbemagtiging en dissipelskap neer te skryf.
Die uitkoms van Impak is dat ons innoverend dissipels van Jesus in ons eie konteks sal wees.