{ARGIEF}

Visie vir Beliggaming:

Om na God se spesifieke roeping vir ons te luister, om toe te laat
dat God ons stuur en deur die Heilige Gees bemagtig om deel te neem aan
Sy sending na die wereld, sodat ons, in beide ons uitreike en lewe saam
as ‘n kerk, ‘n getuienis is vir Jesus Christus.

Hoe realiseer dit in die praktyk?

By die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes help ons diverse
denominasionele gemeentes om in hulle totale lewe en werk God se
gestuurde roeping uit te leef. In huise, oorkant die straat en regoor
die wereld!

Ons leer saam met gemeentes om onsigbare grense (persoonlik, gemeenskaplik, klas, economies en kultuur) oor te steek.

Ons help gemeentes verstaan dat God ons elke oomblik en gedurigdeur
na plekke, situasies en mense roep om as gestuurdes God se Vrede,
Herstel en Versoening aan mens en omstandighede te bied.

Ons help gemeentes om ‘n kultuurskuif te maak vanuit ‘n
instandhoudingsbediening na ‘n gestuurde bediening. Gemeentes leer op
die platteland en in stede om die tekens van die tye te kan lees en in
te sien dat ons binne ‘n Christendom paradigma kerk is, terwyl ons
omgewing toenemend ‘n post-moderne karakter aanneem. By die vennootskap
help ons gemenetes om deur middel van geloofsonderskeidng as gelowiges
binne hierdie post-moderne werklikheid met hoop en met ‘n gestuurde
geloof te leef.

Ons bou predikante en lidmate se bedieningskapasiteit deur
innoverende programme en prosesse. Gemeentes organiseer binne ‘n
“Cluster” samestelling, waarbinne wederkerige lering en groei
plaasvind.

Ons glo dat dit God is wat ons roep om as gestuurdes te leef en te werk vir die toekoms wat God vir die wereld droom.