{ARGIEF}

“Vergete” Apostel Leierskap

NEK konferensie Stellenberg 2007
Frederick Maris
jfm@sun.ac.za.

In die bekende musiekblyspel, My fair lady, debateer Prof Higgins en sy vriend Pickering oor die vraag waarom vroue nie soos mans probeer wees nie, hoewel komies is die onderliggende boodskap van manlike dominansie duidelik aan die einde met die bevel…be like me.

Why can’t a woman be more like a man?
Men are so honest, so thoroughly square;
Eternally noble, historic’ly fair;

Well, why can’t a woman be like us?

Mrs. Pearce, you’re a woman…
Why can’t a woman be more like a man?
Men are so decent, such regular chaps.
Ready to help you through any mishaps.
Ready to buck you up whenever you are glum.
Why can’t a woman be a chum?
Why is thinking something women never do?
Why is logic never even tried?
Straight’ning up their hair is all they ever do.
Why don’t they straighten up the mess that’s inside?
Why can’t a woman behave like a man?
If I was a woman who’d been to a ball,
Been hailed as a princess by one and by all;
Would I start weeping like a bathtub overflowing?
And carry on as if my home were in a tree?
Would I run off and never tell me where I’m going?

Why can’t a woman be like me?

 

 

Leierskap krisis?:

 My krisis is dat ek nie eintlik graag oor krisisse praat nie.  Want dan klink dit asof ek nie deel is van die krisis nie en ander wel.  Wat ek wil sê moet asb in alle nederigheid verstaan word as van ‘n sondaar tussen sondaars. 
 Verder vind ek die alarmistiese klanke van “krisis –taal” ontmagtigend, wat moet ek nou maak as ek nog ‘n keer hoor van ‘n krisis? Ek sou eerder graag oor uitdagings wou praat.
 Die krisis is egter daar is ‘n leierskap krisis in die kerk en dit is die moeite werd om daaroor te praat en hopelik by mekaar te leer.


  

Die bril waardeur ek die konteks lees:

Ons is in ‘n konteks van ‘n post-apartheid Suid-Afrika met ‘n liberale sekulêre demokratiese bestel gebaseer op ‘n handves van menseregte.  Elkeen van bg woorde verteenwoordig ‘n magsverskuiwing waarby instellings soos gemeentes gedwing word om aan te pas. In kort aan te pas in ‘n konteks waar die bevoorregting van die kerk en geparadgaande magsposisies afgebreek is.  In hierdie tyd van oorgang neem ek waar dat die kerk stelselmatig besig is om te dis-konnekteer met die gemeenskap wat ons veronderstel is om te bedien, of beter gesê waarheen die Here ons stuur.

Gemeentes, neem ek waar het aangepas by baie veranderinge die afgelope 25 jaar sedert die NGK begin kwyn het en die politieke en ekonomiese magsverskuiwing plasgevind het. Die meeste van ons sit in gelukkige gemeentes wat kleiner geword het.  Ek kry die indruk dat ons ‘settle’ daarvoor dat ons vir ‘n groot deel van ons samelewing irrelevant geword het. Baie predikante doen selfs moeite om vir my te verduidelik dat dit eintlik goed is so en onafwendbaar is dat dit met gemeentes in so ‘n tyd moet gebeur. Sommige kom baie naby daaraan om vir my te verduidelik dat ‘n kleiner kerk eintlik ‘n beter kerk is. The lady pretend to much- mompel ek binnensmonds. Ek ruik selfregverdiging en dit het nog nooit goed gemeng met goeie teologie nie.

Meeste woonbuurtes en dorpe het die afgelope aantal jare dramaties gegroei- daar is nie ‘n dorp in die Wes-kaap waar daar leë huise is nie, maar die gemeentes het oor die algemeen kleiner geword. Van die ontvolking waarvan daar dikwels gepraat word sien byna niks, nie eers op Koringberg nie.  Oor die algemeen lyk dit vir my sien Pam Golding ‘n ander prentjie as die gemeentes van die dorp. Sy sien moontlikhede en ontwikkeling, ons sien agteruitgang. Sou dit beteken dat sy meer in haar produk glo as die gemeente in die evangelie? Natuurlik beteken hierdie groei ook ingrypende demografiese veraderinge, daar mag meer mense wees maar die mense lyk anders, praat dikwels ander tale, behoort aan ander kerke, het ‘n ander lewensritme. Meer mense maar ander mense, wat ons so maklik afmaak as nie ons mense nie.

Meeste van ons ken teen hierdie tyd die storie van die brug in die Honduras wat die orkaan Mitch oorleef het. Die ingenieurs is trots daarop dat die brug die orkaan oorleef waarin daar 3meter reën geval het in ‘n kort tydperk.  Die brug het die storm oorleef, maar die rivierloop het verskuif. Die brug staan sterk en stewig …maar is met niks gekonnekteer nie. ( Nelis Niemandt: Nuwe Drome, 2007, 10)

Ons het kleiner gelukkige sterk gemeentes, maar ons is gediskonnekteer met die gemeentskappe waarin ons leef.

Terselfdertyd leef ons in ‘n konteks wat swanger is aan gelenthede vir gemeentes om hulle apostels uit te stuur om nuwe konneksies te maak.  Is dit nie veral in tye van onsekere nuwe gemeenskappe wat vestig wat daar openinge in die samelewing se struktuur is om nuwe konneksies te maak.

In sulke tye redeneer gemeentes en ringe jare lank(ongelukkig nie ‘n oordrywing nie)  oor wie se gebied en wie se verantwoordelikheid dit is om ‘n nuwe gemeenskappe te betree en is die deuslaggewends vraag dikwels- hoeveel van ons mense is daar wat ons gemeente sterker kan maak.
 
Hoekom ontbreek dit ons aan apostel leiers. Ek maak ‘n lys van redes waarvoor ek nie tyd sal hê om uit tebrei nie, maar net om die kompleksiteit van die saak te belig.

i. Teologies is die ontbreking van ‘n integrasie van die Missio Dei in ons leierskapsteorie.  Té veel word gemaak van menselike vermoëns, of tekortkomings as daar oor leiers gepraat word.  Die beste leiers in gemeentes wat ek ken is mense wat verstaan dat God die bron, die energie, die koers en wysheid gee en dat die Drie-enige God aktief besig is om geloofsgemeenskap te skep waarvoor Hy ons roep om van deel te word. Missio Dei spel leierskap wat begin by die ontvangs van geleenthede om die evangelie te leef en nie by eie kreatiwiteit, beter funksionaliteit of selfs harder werk nie. Die Missio Dei realiteit vra van leiers om goeie luisteraars te wees, fyn waarnemers van die aktiewe teenwoordigheid van die beweging van die Gees.  Ons het leiers nodig wat oor die geestelike oordeel en beskeidenheid beskik om vreesloos op die beweging van die Gees te antwoord. Dit is waar ons verantwoordbaarheid behoort te lê.

Om dit kontreek te maak apostel-leiers begin nie met ‘n swot analise van sterkpunte, swakpunte ens ens  nie. Ook nie met die reëls van die Kerk Orde nie,  maar met gewoontes van geloofsonderskeiding wat probeer onderskei waar is God aan die werk. Vir hulle is die ou waarheid genoeg dat ons God leer ken deur Woord en Gees.

ii. Gemeentelike sisteme(ekkelsiologie) is “selfreverensial” . Daarom  beroep gemeentes leiers en wys leiers aan om hulle te bedien- defenieer hulleself interme van hulleself. Die ou patroon van ingekeerdheid in onsself wat Israel en die dissiples nie ontglip het nie herhaal. Apostel-leiers verstaan dat die kerk gedefinieer behoort te word in terme van die koms van die koninkryk. Die “default” van meeste gemeentes is egter ‘n posisie van mag en selfs missionêre teorie ontglip moeilik hierdie drang tot definiering vanuit eie kring.

Konkreet klink dit so: Ons moet eers ons eie lidmate bedien, ons eie lidmate versorg, húlle eers toerus, en dán sal ons gereed wees om uit te reik na ander. Ek het in al die jare nog nooit gesien dat hierdie strategie iets anders bereik as ‘n bevestiging van ‘n selfgerigte gemeente nie. Dit het tyd geword dat ons die ekklesiologiese fout hieragter ontbloot.  Apostel-leiers wat die beweging van die Gees volg, verstaan dat ons altyd eers uitreik en dan versorg, eenvoudig omdat die Gees ons altyd oor ons eie grense sal lei. Anders gesê die beste versorging vind plaas terwyl ons oor ons grense konnekteer met die gemeeskap. Ek maak later ‘n paar opmekrings uit Handeling om dit te bevestig.

Ons uitdaging is om ons nie te defenieer interme van onsself nie maar in terme van wie God is en sy droom van die koninkryk.

iii. Ons kerklike kultuur is ‘n kultuur van leierskap ontmagtiging. Byna alles in ons sisteem beskerm die “guardians” en ontmagtig die leiers- dit gaan só ver dat daar dikwels in kerklike kringe gewonder word of ons mag sê dat die kerk leiers het- gewoonlik deur burokrate wat aspireer om die mag in die hand te hou. Ek wonder dikwels wat ons met ‘n Moses, ‘n Dawid, ‘n Jeremia om nie van ‘n Jesus van Nasaret te praat sou gemaak het nie? Omdat die leierskap dikwels in bestuurs en burokratiese hande beland, het daar oor die jare ‘n kerklike sisiteem ‘n sisteem van wantroue ontwikkel.  Met sisteem bedoel ek, dat wantroue so ‘n kultuur by ons geword het dat ons almal deel het daaraan.  Ons “default” is om te wantrou en nie om te vertrou en te bemagtig nie.  Ek vergelyk dit graag met die ballingskap era in die OT, toe die balling sekerlik met dieselfde wnatroue moes gedink het oor die geestlike leiers van Jerusalem wat hulle mislei het. In baie gemeentes waar ek kom is die eerste hantering van probleme om leiers te verkwalik en te blameer vir al die probleme in die gemeentes, sonder dat daar ‘n breë bereidheid is om saam met leiers te werk om die probleme aan te spreek:  Kom ons noem dit maar die huisbesoek-sindroom. Natuurlik is koinonia en versorging baie belangrik, ons kan nie genoeg daaroor praat nie.  Maar om te dink dat jaarliks toetine huisbesoek ons gaan help om weer te konnekteer met die gemeenskap is op soveel vlakke onsinnig dat ek nie eers weet waar om te begin nie!
iv. Ons gebrek aan ‘n geintegreerde teologiese verstaan van leierskap of ampsvertaan,  skep ‘n vakuum waarin die evangelie van Maxwell, Collins, Kotter en kie defenisie kom gee.  Hoewel ons baie by hulle moet en kan leer moet ons dit ten minste met ‘n ernstige knippie sout neem, omdat die kruis gewoonlik in hierdie modelle ontbreek. Lois Barret se navorsing het bewys dat hierdie teorie nie help wanneer dit kom by die ontwikkeling van gestuurde gemeentes nie.   Die CEO’s met hulle MBA’s en besigheids modelle sal ons altyd wil help om die kruis te vermy omdat die paradigma van waaruit hulle dink te make het met die boot op die water hou en dit meer suksesvol of effektief te maak, eerder as om dit te laat strand ter wille van dit wat nuut gebore moet word.   Aposltel-leiers verstaan dat sisteme soms tot nuut moet gaan sodat iets nuuts gebore kan word. Is dit nie dalk waar dat baie van ons sit in gemeentes wat in hulle huidige vorm moet sterf sodat ‘n nuwe apostoliese geloofsgemeenskap tot stand kan kom. Douglas Hall noem dit die Disestablishing of the Church: God is offering us another possibility, a new form, indeed a new life. But we may accept this gift of the new only if we relinquish the old to which we are stubbornly clinging. (The end of Christendom, John Douglas Hall)

v. Vir die apostels onder ons  wat besef dat ons in ‘n krisis sit, en dit waag om uit die self gesentreerde tradisionalisme te breek, het ons nie daarin geslaag om ruimtes te skep waar hulle beskerm kan word nie. Hulle ervaar soos Petrus dat die wolwe nie in die eerste plek die gemeenskap is nie maar die kerklike leiers wat inisiatief sal kelder om eie posisie te verskans. Dit is die verband se werk om sulke leiers te begeleie en te beskerm.  Op hierdie stadium lyk dit vir my gaan hulle eerder ondergronds om te oorleef.  Ek hoop dat ons by die volgende sinode van die Weskaap die werk van GO beter vestig om so ‘n ruimte te bied waar die apostels in ons sisteem bemagtig kan word.

Ek gaan vir die res van die tyd ‘n paar opmerkings maak oor die belangrikheid van die herstel van Apostol leierskap in ons kerk, veral as ons by hierdie konferensie dink oor maniere waarop ons gemeentes weer kan konnekteer met die gemeenskap en die vestiging van nuwe geloofsgemeenskappe of die planting van nuwe gemeentes.

Enkele opmekrings oor Apostel leierskap in die lig van  Handelinge 1-15:

Ek het al baie gewonder waarom die tradisionele begronding van die amp as koning, priester, profeet die apostel uitsluit. My betoog is dat die uitdagings van ons tyd vra dat ons apostel leiers nodig het in ons gemeentes.

David Bosch, Loren Mead, Pat Keifert, Allan Hirsch, Al Roxburgh en ‘n groeiende groep missioloë en navorsers van gemeentelike sisteme is oortuig dat ons ‘n tyd te gemoed gaan wat vergelyk kan word met die eerste 4 eeue van die kerk, die sg apostoliese tyd. Hoewel sommige dit die Post-Christendom tydperk noem, dink ek Pat Keifert is reg wanneer hy dit ‘n nuwe era van gestuurde uitdagings noem.   Ek gaan daarom ‘n paar opmerkings uit Handelinge maak en spesifiek stiltaan by die uitdagings van Apostel-leiers.  Dit is interessant dat die 5 “gawes”van Ef 4:11 Apostels, evangeliste, profete, herders en leraars, dit die Apostel-amp of gawe is wat in onbruik geraak het in die gevestigde kerk.  Lees ‘n mens Handelinge uit die hoek van apostelskap kom daar ‘n interessante prentjie na vore.

Ek dink Pat Keifert se beskrywing van die Apostoliese era help ons baie om ons tyd te verstaan. Hy beskryf dit soos volg:  Die era tussen die hemelvaart van Christus tot en met die anvaarding van die Christendom as een van die wettige godsdienste van die Romeinse Ryk in die 4de eeu na  Christus.  Die bestaansdoel van die klein huisgemeentes in daardie tyd was om God se missie na die wêreld, in hulle geval die gemeenskappe waarin hulle gewoon het, te volg deur hulle getuienis van Jesus Christus. Met die val van die Romeinse ryk het het die kerk toenemend hierdie apostoliese roeping verloor en besig geraak met die instandhouding van die Westerse kultuur, dit het die begin van die Christendom denke ingelui.  Byna alles wat ons ken as kerk en gemeente is gestempel deur dié Christendom denke eerder as die Apostoliese leierskap van die vroee kerk. (Ons is nou hier, BM 2007, 160)


 

Hoe lyk ‘n apostoliese era en apostoliese leiers in ons tyd:

Die apostoliese tyd  sal die pastorale-lerende model van leierskap ons nie help sonder die apostel-dimensie wat die gemeente help om te konnekteer met die gemeenskap nie.  Sonder die apostolaats-dimensie word die pastorale-lerende leierskap slegs dienstig aan die drang tot instandhouding van die gemeente.

o Apostels funksioneer sonder institusionele gesag of mag vanuit die gesag van hulle roeping om die gemeeskap te skep met die buitestaander. Apostels dekonstrueer mag, want hulle per defenisie grens oorskryders.  Apostels is nie kerklike agente wat proselute maak om mense te oortuig om te word soos ons nie, maar gestuurdes wat sensitief is vir waar daar nuwe geloofsgemeenskap gevestig kan word, juis omdat hulle ‘n blindheid het vir die beperkinge van die institisionele struktuur. Hoewel die profete ook dikwels teen die instituut se ideologie proklameer, is die apostel per defenisie in ‘n soort niemandsland waar die dogma’s en konfensies van die instituut geen gesag dra nie.

o Apostels oppereer in onseker tye en tereine met meer vrae as antwoorde- maar gebruik dit as geleenthede om antwoorde buite die bekende eerder as om laer te trek. Vir die eerste gemeente in Jerusalem moes dit min of meer so gevoel het:

o Dit was in die tyd toe ons nog ‘n baie jong beweging was, amper asof ons nog nie gebore was nie. Ons het nog nie eintlik geweet dat ons ‘n beweging is nie. Dit was die morsige tye van die eerste eeu. Ons was platgelaan deur sy vinnige vertrek.  Jy sien ons het geglo hy gaan vir ons die weg wys…en nou is hy weg.

Ons het maar in die geheim bymekaar gekom die eerste paar keer. Alles was so deurmekaar, niks het sin gemaak nie. Sommige het  gesê hulle het hom weer gesien, maar almal het eintlik deurmekaar gepraat en gedoen. Dit was asof ons in ‘n waas geleef het. Soos wanneer jy in ‘n maalstroom is wanneer iets jou meëvoer van een onverwagse wending na ‘n volgende.  Eers was dit sy dood, vreeslik, skandelik. Toe sy graf, die diefstal van sy liggaamvroue en dissiples wat vertel hulle her hom weer gesien, ander stories van ‘n opvaring na die wolke sommer net so die lug in…en toe daardie dag met die winde die tonge vuur en die tale en Petrus, bid jou dit aan, maak ‘n toespraak.

o Apostels hou aan om te getuig as daar bedreiging is (Hand 4:23-31)
Kom ons leef ons vir ‘n oomblik in in die konteks van die eerte gemeente:

Julle weet hoe groei is, dit is ‘n snaakse ding, hoe meer ons geword het, hoe groter was ons  probleme.  Ons eerste groot uitdaging was die vraag of ons moes voortgaan om te preek.  Dit mag nou vir julle snaaks klink maar, vir ons was dit nie so vanselfsprekend nie. Onthou Petrus en Johannes is gevange geneem juis omdat hulle gepreek het. Ons het gevrees vir ons lewens.(Hand 4:17-18)  Van ons het gevoel Petrus en Johannes was,  kom ons sê nou maar, bietjie oormoedig om die gesag van die Raad so uit te daag. Ons het uit radeloosheid gebid, ons harte voor die Here uitgestort in ‘n belydenis van wie Hy vir ons is, maar ook ons kommer oor die bedreiging wat ons ervaar.

Ons is nie noodwendig in ‘n tyd van lewens-bedreiging as ons die evangelie verkondig of uitleef nie, want ons leef in ‘n land van godsdiensvryheid. Wat wel waar is is dat dit toenemend polities inkorrek raak om té oortuig entoesiasties oor die evangelie te wees.  Dieselfde het gebeur met die christene in Egipte toe dit deur Islam binnegeval is.  Die christelike geloof is nie verbied nie, in die woorde van Andrew Walls, dit het net “inconvenient” and “expensive” geraak.  Die effek was ‘n geleidelike uitkalwing van die christelike gemeenskap.  Oor tyd het dit eenvoudig vir vele christene te veel gevra om aan die geloof verbind te bly en het Egipte ‘n oorwegend Moslem gemeeskap geword.

Ons uitdaging is of ons oor die apostel leierskap beskik om in sulke tye wanneer dit ‘n verleentheid raak, met dieselfde integriteit en oortuiging die evangelie te leef as dissiples as in die tye toe die christendom gemeenskap ons beskerm het.  Ek sien meer en meer tekens in ons samelewing wat herinner aan die uitdagings van die eerste gemeente in Jerusalem en wat die christen moes die hoof bied in Egipte. Dit is eenvoudig so dat meer en meer christene vandag werk in plekke waar eintlik nie durf getuig van hulle geloof in christus nie.

Om terug te keer na die apostels, hulle is deur die gesag van die tyd beveel om nie verder te preek nie(Hand 4:18) maar Petrus en Johannes het dit eenvoudig ge-ignoreer in gehoorsaamheid aan God ( :19) Apostel leiers het ‘n soort koppigheid en vreesloosheid in ‘n uiters kwesbare situasie omdat die drang om te getuig sterkter is as die vrees vir gevaar of verwerping.

o Apostels skep ‘n sorg gemeenskap met mense sonder mag (Hand 6:1-7) 

Die gemeente in Jerusalem het onderling vir mekaar gesorg (sien oa Hand 2:44 alles met mekaar gedeel en 4:32-36) en ook omgesien na die siekes en die weduwees. Kort voor lank het die ou sonde van na onsself kyk ook hier kop uit gesteek. As ons ons inleef in hulle situasie kom die volgende prentjie na vore:

Dit was ‘n netelige situasie, jy sien ons het in die stad bekend geword vir ons sorg vir die weduwees en die wese. Buiten ons vrymoedige woordverkondiging was dit soort van dié uitstaande kenmerk wat ons anders gemaak het as die res van die gemeenskap.  Dit was  veral die randfigure, die weduwes en wees-kinders wat by ons kom skuiling soek het. Dit het ‘n groot “las” op ons geplaas, ons moes vir hulle sorg. Julle sou praat van ‘n bestuurs of ‘n logistieke probleem, maar dit was nie dit nie. Die probleem het dieper gelê, ons wou nou nie regtig mense weggejaag nie,? maar wel eerste het ons die Hebreeusprekende weduwees gehelp, julle weet ons mense, en dan as ons kon, ook nie die Griekssprekende weduwees. Dit is soos wat dit was en ek het ook nie daarmee ‘n probleem gehad nie, charity begins at home. Wel die Grieke het maar soos wat hulle altyd maak, gekla daaroor en ek het by myself gewonder, nou wat het julle dan verwag, hiedene! Julle kan bly wees ons probeer darem nog. Maar die apostels het baie sterk  leiding geneem van die situasie. Jy sien die feit dat ons die diakens aangewys het in nie die eintlike storie nie, dit was die eerste keer dat die Apostels so sterk leiding geneem het en dit is tot my verbasing met goedkeuring aanvaar.(Hand 6:5)

Die Apostel leierskap kom hier baie sterk na vore, dit is apostels wat onthou dat die gemeente in besonder daar is vir die buitestaanders en veral vir die weerloses, hulle wat sonder mag is. Dit is interessant dat die aanwysing van diakens om om te sien na hierdie mense skeinbaar tot gevolg gehad het dat die kerk geweldig gegroei het. (Hand 6:7)

o Apostels waag dit om mag weg te gee aan buitestaandes.(Hand 9:26-30)   
Leierskap moes vir die jong gemeente in Jerusalem ‘n voortdurende uitdaging gewees het. Daar was geen struktuur en roluitklaring nie, en daarom was daar maar dikwels konflik. Dit is duidelik dat die Apostels in beheer was, maar aan die ander kant ook ander leiers sou moes bemagtig om tred te hou met die groeiende gemeente. Die Apostels was ‘n geslote groep wat gedien het in die groep van twaalf.  Daar het egter gou ander leiers gekom soos die diakens en ook Stefanus. Hulle was so onder vervolging, met Saulus as die grootste gevaar. (Hand 9:1 Saulus het soos ‘n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig.  Die vervolging was so hewig dat van die gemeentelede en leiers uitgewyk het na Samaria, Filipus verkondig die evangelie aan die ontmande Etiopiër.

 


 

Die grootste uitdaging het egter gekom toe Saulus tot bekering gekom het.

 

Kan hy aanvaar word as leier in die gemeente? In Hand 9: 26-30 kry ons ‘n kykie in die konflik wat daar in die gemeente geheers het hieroor.

Ons derde uitdaging het uit ‘n onverwagse hoek gekom Saulus, daardie man wat alles in sy vermoë gedoen het om ons tot ‘n val te laat kom, het skynbaar ‘n bekering ondergaan op pad na Damaskus. Moet my nie so gou veroordeel nie, ek was nie daar nie en daar was allerlei gerugte wat die rondte gedoen het. Ek dink julle ken die storie, maar julle moet nou mooi verstaan, dit is een ding om te sorg vir weduwees, ja selfs Griekse weduwees, maar ‘n “bekeerde” Saulus was heeltemal ‘n ander saak. Ek het eintlik onmiddellik geweet dit is ‘n lokval. Dink mooi, ons het ‘n geweldige probleem geraak vir die Raad, hulle kry ons nie gestop nie. Hulle kan dit ook nie polities bekostig om ons  aan te vat nie, te veel mense was ons goedgesind, so nou beraam hulle ‘n ander strategie om ons van binne in te infiltreer. Dit kon ons einde beteken. Ek was bang dat almal nie deur die plan sou sien nie en het heftig beswaar gemaak teen enige poging om Saulus te laat aansluit by die volgelinge van Jesus.  Barnabas het anders hieroor gedink, en hy het hom ontferm oor Saulus en aan die apostels die volle getuienis van sy bekering en ywer vir die evangelie vertel. Toe ons daarna sien dat Saulus met dieselfde ywer, hy was nou nie ‘n Jan-Salie gewees nie, as wat hy ons beveg het nou gestry het vir die evangelie, kon ons nie anders as om hom met ope arms in te neem onder ons geledere nie.  Ons het vir hom ‘n nuwe naam gegee, Paulus, en hom onder ons beskerming geneem toe hy onder bedreiging was.

o Apostels deurbreek die grense wat die tradisie stel.   Na ‘n tyd van rus het ons grootste uitdaging gekom…en dit het alles begin met ‘n droom., of nee laat eerder eerlik wees, by ‘n lastige bekering. Die bekering van Kornelius volgens berigte ‘n godsdienste man en ‘n kaptein in die Italiaanse regiment. Wel nou natuurlik nie sy bekering nie, wie kan nou teen ‘n bekering wees, al is dit soms lastig as dit nie inpas in jou eie raamwerk nie. Eintlik was dit die onbesonne ding wat Petrus loop saan en doen het deur die man, wat natuurlik nie ‘n Jood was nie, te doop saam met sy familie.(Hand 10:48)  Dit het soos ‘n skokgolf deur ons brose beweging van dissipels versprei. Nou ons weet mos Petrus is soms baie naief. Wel hierdie keer het hy nou sommer net kom moeilikheid maak. Hoewel ons goed was vir alle mense, soos julle opgemerk het met die sorg van ook die Griekste weduwees, was almal van ons tot op daardie stadium Jode. Jy kan maar sê ons was ‘n Joodse beweging van die dissiples van Jesus Christus en van plan om dit te bly.

o Apostels laat toe dat ons roeping ons nuut of her-defenieer ‘n joodse beweging word .   Julle weet mos hoe dit gaan met sulke dinge, uiteindelik is die ding op die spits gedryf oor dies aak van die besnydenis, terwyl dit eintlik gegaan het oor die vraag of ons ‘n Joodse beweging gaan bly en of heidende toegelaat gaan word?  Die kampe was duidelik, aan die een kant die sendeling een aan die ander kamp die bewaarders van die Joodse identiteit in Jerusalem. Nou teen hierdie tyd was ek nie meer so bang vir konfrontasie nie, ek het julle mos al ‘n paar keer stories hieroor vertel.  Ons het ookal ‘n vorige vergadering hieroor gehad, kort na die doop van Kornelieus, waar Petrus se optrede goedgekeur is. Soos wat julle weet moet ‘n mens soms maar meer as een keer ‘n vergadering hou oor belangrike sake voordat almal tevrede is. Laat ek julle net eers gerusstel, elke keer wat ons baie sterk menigsverskil gehad het, en ons kon slaag om dit uit te praat , was die uiteindegroei in ons vermoë om Jesus se “mekaar” opdragte uit tevoer.. Ek hoop julle done dit ook, ek meen om lekker oop een eerlik te verskil van mekaar. Dit is nie die konflik gesprekke wat ons seer gemaak het nie, maar eerder die agteraf praatjies van sommige in Antiogië, dit het ons seer gemaak want mense is daardeur verwar. Ons is nie spyt daaroor dat ons konflik gehad het nie, dit was  vir ons geleenthede om te onderskei wat God se roeping vir ons regtig was.

o Apostels betree die onseker pad van geloofsonderskeiding:  Soos julle nou al agter gekom het, as ons in die soort gesprekke is gaan ons terug na die geskrifte van die profete en wat julle vandag die Ou Testament noem.  Wat julle egter nie moet miskyk nie is dat ons eers vir die sendelinge  Paulus en Barnabas kans gegee het  Hulle het onbeskaamd getuienis gelewer van die wonders en tekens. Kom julle agter dit het ‘n gewoonte by ons geword?, Eers was daar getuienisse van die sendelinge en dan is daar na die skrifte gegaa.om ons te help om die stories te  interpreteer. Julle sien ons was oortuig dat die Here gewerk het deur sy Gees en ons moes eenvoudig die stories hoor om duidelikheid te kry oor waarheen God met ons oppad was. ‘n Mens kan in julle taal sê, ons kon nie konsitueer sonder om eers na die verhale van dit wat God aan die done was te luister nie. Ons kon ook nie die verhale verstaan sonder om weer na die skrifte te gaan nie, en dit is uit hierdie gesprek wat daar by ons ‘n geloofskonsensus ontstaan het.  Dit was Jakobus wat hierdie keer uit die profeet Amos aangehaal het. Dit was veral toe hy aanhaal uit Amos 9:17 van die heidene wat die Here sal soek, en dat dit die Here is wat hulle geroep het om sy eiendom te wees, wat dit vir ons glashelder duidelik was dat dit wat op die sendingveld gebeur die werking van die Heilige Gees is, en ons was gereed om ‘n besluit te neem. Die volle betekenis van Petrus se visie op die dakstoep in Joppe het nou vir ons duidelik geword, en ons kon eenparig saam met die gemenete besluit  om nie verder die las van die besnydenis op die mense uit die heidendom te plaas nie.  Só oortuig was ons en die gemeente, dat ons verklaar, “Die Heilige Gees en ons het besluit…”(vers28)