{ARGIEF}

Die ervaring was dat dit in baie opsigte was soos om in ‘n “tydmasjien” te klim en ‘n kykie te kry van toekomstige tendense wat ons in Suid Afrika te wagte kan wees en wat reeds op verskeie vlakke aan die orde is in ons land

(Oorsese studietoer 12 – 26 April 2010)
Toerleiers:
Prof Nelus Niemandt (Prof by Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria)
Dr WA Pretorius (Diensraad voorsitter van Gemeente-ontwikkeling Noordelike Sinode)

Persoonlik dink ek dat ons in Suid-Afrika tog in talle opsigte ‘n paar tree voor ons Engelse, Nederlandse en VSA vriende is en dat daar talle “geboortes” alreeds plaasgevind het.

Gedurende die toer van 14 dae het ons met 16 predikante uit verskillende sinodale streke, 19 verskillende organisasies/groeperinge en 30 verskillende persone oor ‘n baie wye spektrum van spiritualiteite, kennis gemaak. Ons het hoofstroom-kerke sowel as ontluikende (alternatiewe) kerke besoek.
Die doel van die toer was: Om na tendense en die toekoms van die kerk in Engeland, Nederland en in Suid-Afrika te kyk.
Die ervaring was dat dit in baie opsigte was soos om in ‘n “tydmasjien” te klim en ‘n kykie te kry van toekomstige tendense wat ons in Suid Afrika te wagte kan wees en wat reeds op verskeie vlakke aan die orde is in ons land.
Sean Callaghan (’n voormalige Suid-Afrikaner en missionêre kerkplanter) is ‘n oud-Suid-Afrikaner wat in Melville ‘n kerk geplant het. Volgens hom is Engeland ‘n baie goeie plek om by te leer, aangesien Engeland ‘n goeie 20 jaar voor ons (en 10 jaar voor Amerika) is as dit gaan oor generatiewe ontwikkelinge. Volgens hom verander die konteks baie vinnig. Kerk is lankal vir baie mense nie meer die “default”-keuse nie. Die tempo waarteen die “mainline churches” in Engeland leeggeloop het, is ‘n bewys hiervan.
Daar was verskillende reaksies op hierdie tendens. In Amerika het die “seeker-sensitive” beweging begin waarvan Bill Hybels en sy Willow Creek kerk een van die luidenste stemme was en is. Dan was daar die Alfa-kursus respons uit Engeland, ‘n benadering wat mense op ‘n non-outoritêre manier wou wys hoe die Bybel se boodskap relevant is in hulle lewens. Derdens was daar die “House Church” Movement wat natuurlik die probleem het dat die risiko vir dwaalleer groot is omdat daar geen “accountability” is nie. Die “alternative worship”-beweging was ‘n belangrike reaksie in Engeland. Mense het begin sê as jy nie goed kan praat of musiek maak nie, is daar nie ‘n manier vir jou om deel te neem aan dienste nie. Daar is begin eksperimenteer met alternatiewe vorms van eredienste, weg van die “sermon-sandwiched-between two hymns” benadering. Hierdie dienste het daarop gekonsentreer om almal te betrek, om ‘n bydrae te maak. Laastens was daar dan die “Integral mission”-benadering waarin sosiale geregtigheid die hoofrede vir die kerk se bestaan was.
Hierdie benaderings word deesdae verder verfyn in hoofsaaklik vier denkskole:
Die “Emerging Church” beweging. Hierdie beweging het wortels in die Baptiste en Charismatiese kerke van die VSA.
Die “Alternative Worship”-beweging wat liturgiese wortels het en word hoofsaaklik aangetref in die VK, Nieu-Seeland en Australië.
Die “Fresh Expressions”-beweging wat veral hier in Londen baie gewild is en uit die Anglikaanse tradisie ontwikkel het.
Die “Small, Missional Communities”-beweging wat met ‘n “highly participative” model werk en baie na buite gefokus is.
Al bogenoemde denkskole het ‘n geweldige diepe besorgdheid oor sosiale geregtigheid (armoede, rassisme, vigs ens.) Hierdie besorgdheid word deesdae vanuit vier bronne gevoed, naamlik:
Die liberale Protestantisme en die Episkopaalse vleuel van die Anglikaanse kerk.
Die Bevrydingsteolgie-bewegings uit Suid-Amerika en Afrika.
Die nuwe oplewing in Koninkryksteologie van NT Wright, Brian McClaren en baie ander.
Tim Keller met sy bediening in New York. (Sy mantra is glo: “Work for the good of Babylon while longing for Zion.”).

Wat het ons geleer:

Die tendense en tekens van die toekoms asook die verandering wat dit meebring, is alreeds in ons kultuur aanwesig en besig om nog verder in ons kultuur neerslag te vind.

Kerkwees sal eietyds en binne ‘n bepaalde konteks hergedefinieer moet word. Ons sal nuut en oop moet dink oor bestaande gemeentes en die plant van nuwe gemeentes en geloofsgemeenskappe.

Missionale kerkwees en ‘n koninkryk perspektief, om aan te sluit waar God Drie-enig alreeds aan die werk is, moet al meer in die prediking en ten diepste in die kultuur van ‘n gemeente/geloofsgemeenskap, neerslag vind.

Om as pioniers, voortrekkers (terme wat prof. Henk de Roest van Nederland gebruik) die unieke uitdagings en geleenthede van ons tyd, binne ons bepaalde konteks, sinvol en met ‘n openheid aan te spreek.

Om te waag om grense oor te steek en risiko’s te neem. Diversiteit en ons andersheid te vier.

Om meer betrokke te raak by die gemeenskap en sosiale geregtigheid (armoede, vigs, rassisme, seksisme ens.) aan te spreek en op te tree as mede-skeppers van ‘n meer geloofwaardige wêreld.

Om weer persoonlik maar ook gesamentlik die misterie en grootsheid van die Drie-enige God te ontdek, te beleef en te deel met die mense rondom ons.

Om telkens deur God verras te word en oop te wees daarvoor dat Hy steeds aktief besig is om te skep en te herskep. Selfs in Nederland en Engeland het Hy, soos Martin Luther sê: “Christus hou self Sy kerk in stand” ten spyte van mense se idees en planne.

Die talle netwerke wat alreeds bestaan en die persone en organisasies waarby ons as groep aansluiting kon vind, hou die deure oop vir verdere dialoog en samewerking.

‘n Groot samebindende faktor en gemene deler was om weer opnuut iets van die samehorigheid en katolieke/algemene gedeelde waardes en tradisies wat ons deur die eeue, saambind, te beleef. Ons “wortels” is weer bevestig!

Persoonlik dink ek dat ons in Suid-Afrika tog in talle opsigte ‘n paar tree voor ons Engelse, Nederlandse en VSA vriende is en dat daar talle “geboortes” alreeds plaasgevind het. Die volgende merkers sal ons moontlik kan help op ons unieke reis:
Ons lidmate, predikante en teoloë is en word aan so ‘n wye verskeidenheid teologië, spiritualiteite en diverse denke asook voortdurende veranderinge blootgestel, dat daar ‘n groter openheid en verdraagsaamheid te bespeur is.
Die eerlike soeke om die andersheid/diverse te verreken en te vier in ons “Reënboog land” word by talle ‘n passie en leefstyl.
Om grense oor te steek en aanpassings te maak op verskeie vlakke is deel van ons alledaagse lewe.
Ons konteks wat voortdurend aan die verander is asook die talle onsekerhede waarmee ons daagliks mee gekonfronteer word en mee saamleef, bied nuwe uitdagings en geleenthede.
Die konteks en demografie waarbinne ons daagliks werk, woon en lewe stel ook nuwe unieke uitdagings, openheid en kreatiewe oplossings asook eise aan ons.
Ons taalgebruik en vrae oor God, die teologie en die kultuur asook ons konteks dwing ons om skeppend, innoverend en nuut te dink oor ‘n aantal “sekerhede” van die verlede. Nuwe taal en inhoud word geskep en die “misterie” van God word weer ontdek en beleef.
Daar word met ander, nuwe oë, ore en hart gesoek na die verrassende en verfrissende belewing van God en Sy betrokkenheid by die skepping en totale kosmos.
Die Missio Dei, die ongekende en hernude belangstelling in die Sturende God wat alreeds en steeds in Sy kosmos, skeppend en herskeppend aan die werk is, spreek mense weer aan en daag hulle uit.
Talle lidmate, predikante en geloofsgemeenskappe tree al meer op as mede-skeppers van ‘n meer geloofwaardige wêreld en heler kosmos. Betrokkenheid as gestuurde, binne jou bepaalde konteks, verseker dat verandering en vernuwing plaasvind wat helend is vir almal (projekte, uitreike, dienste, omgee ens).
Talle gemeentes/geloofsgemeenskappe se identiteit en kultuur het oor ‘n tydperk begin skuif en verander. Dit is méér as kosmetiese veranderinge wat dus plaasgevind het.
Die studietoer was voorwaar vir elkeen van ons ‘n wonderlike en unieke ervaring. Ons het soveel bymekaar geleer en talle nuwe brûe is gebou. Grense is oorgesteek en daar is ‘n nuwe en opregte waardering vir ons diverse land en sy/haar mense. Die eeu oue aanhaling van Martin Luther is net weer in ons gedagtes vasgepen: “Christus hou self Sy kerk in stand!”
Ons sal deur geestelike onderskeiding en die bou van nuwe kapasiteit moet meewerk om die kultuur en identiteit van ons geloofsgemeenskappe te verruim en te verskuif. Ons sal moet waag en die risiko’s neem om te wag op die regte brander. As ons te haastig en ondeurdag optree gaan die brander oor en op ons breek met moontlike katastrofiese gevolge. Indien ons te lank wag om die nodige aanpassings te maak, kan ons te laat en passief toekyk hoe die brander onder ons uitbeweeg met net sulke verreikende gevolge en verspeelde geleenthede. Of ons as geloofsgemeenskappe kan biddend en afhanklik van die Drie-enige God die risiko’s neem en die uitdagings aanvaar, om dan die brander te ry en in dié verrassende momente iets van die misterie en verwondering van die Sturende God te herontdek!
Hier is ‘n paar webwerwe indien jy verder wil lees. Hierdie webwerwe het
hoofsaaklik hul wortels in Nederland: www.pkn.nl/missionair ;
www.simplechurch.eu; www.dawneurope.net ;

www.postgereformeerd.nl; www.Ploeterenenpionieren.nl en
www.gemeentestichting.nl

Dr. Jan Botha (Voorsitter van die Algemene Sinode se Taakspan van Diversiteit)

 

 

 

 

DETAIL PROGRAM EN BESOEKE:
(Opgestel deur Jan Botha en Gawie Snyman)
Maandag 12 Apr.
Ons ontmoet in die Vertreksaal van OR Tambo Internasionaal om 18:45.
Ons vertrek om 21:45 op vlug MS 840, land 5:45 in Kaïro en vertrek dan weer 9:30 na London.

Dinsdag 13 Apr.
“Foreign Missions Club” (The Highburry Club) Hier bly ons vir die volgende paar dae in London.

Vulkaan begin as uitstoot en alle vlugte in VK en dele van Europa word gestaak!
Woensdag 14 Apr.
Sean Callaghan (’n voormalige Suid-Afrikaner en missionêre kerkplanter.) is ‘n oud-Suid-Afrikaner wat in Melville ‘n kerk geplant het. Volgens hom is Engeland ‘n baie goeie plek om by te leer aangesien Engeland ‘n goeie 20 jaar voor ons (en 10 jaar voor Amerika) is as dit gaan oor kom generatiewe ontwikkelinge. Volgens hom verander die konteks baie vinnig. Kerk is lankal vir baie mense nie meer die “default” keuse nie. Die tempo waarteen sg. “mainline” churches in Brittanje leeggeloop het is ‘n bewys daarvan. Daar was verskillende reaksies op hierdie tendens. In Amerika het die “seeker-sensitive” beweging begin waarvan Bill Hybels en sy Willow Creek kerk een van die luidenste stemme was en is. Dan was daar die Alfa-kursus reaksie uit Brittanje, ‘n benadering wat mense op ‘n non-autoritêre manier wou wys hoe die Bybel se boodskap relevant is in hulle lewe. Derdens was daar die “House Church Movement” wat natuurlik die probleem het dat die risiko vir dwaalleer groot is omdat daar geen “accountability” is nie. Die “alternative worship” beweging was ‘n belangrike reaksie in Engeland. Mense het begin sê as jy nie goed kan praat of musiek maak nie, is daar nie ‘n manier vir jou om deel te neem aan dienste nie. So is begin eksperimenteer met alternatiewe vorms van eredienste, weg van die “sermon-sandwiched-between two hymns” benadering. Hierdie dienste het daarop gekonsentreer om almal ‘n bydrae te laat maak (gisteraand het die pionier van hierdie beweging (Nass Gregoreuos) ons vertel hoe hulle dit al in die laat tagtigers gedoen het-baie interessant). Laastens was daar dan die “Integral mission” benadering waarin sosiale geregtigheid die hoofrede vir die kerk se bestaan was.
Deesdae word hierdie benaderings verder gevat in hoofsaaklik vier denkskole:
Die “Emerging Church” beweging. Hierdie beweging het wortels in die Baptiste en charismatiese kerke van die VSA.
Die “Alternative Worship” beweging wat liturgiese wortels het en kom uit die VK, Nieu-Seeland en Australië.
Die “Fresh Expressions” beweging wat veral hier in London baie gewild is en uit die Anglikaanse tradisie ontwikkel het.
Die “Small Missional Communities” beweging wat met ‘n “highly participative” model werk en baie buite hulleself gefokus is.
Al bogenoemde denkskole het ‘n geweldige besorgdheid oor sosiale geregtigheid (armoede, rassisme, vigs ens.) Hierdie besorgdheid word deesdae vanuit vier bronne gevoed:
Die liberale Protestantisme en die Episkopaalse vleuel van die Anglikaanse kerk.
Die Bevrydingsteolgie bewegings uit Suid-Amerika en Afrika.
Die nuwe oplewing in Koninkryksteologie van NT Wright, Brian McClaren en baie ander.
Tim Keller met sy bediening in New York. (Sy mantra is glo: “Work for the good of Babylon while longing for Zion”).
Annie Kirke
Annie is uit die sosiale-geregtigheid skool. Sy vertel dat sy van kleins af geleer is dat die kerk sosiaal aktief en betrokke moes wees. Haar grootste ywer is dat die kerk charismaties en inkarsioneel moet wees dus betrokke in die wêreld in die krag van die Heilige Gees.
Annie bereik mense deur fisies saam met ander Christene in gebiede te gaan bly en tussen hierdie mense te woon, te werk en te lewe. Hulle hou dan gemeenskapsetes waarby mense aan mekaar voorgestel word. Sy gee ‘n inkarsionele teologie hoog op. Sy glo die kerk moet sy hande vuil maak en ‘n fisiese “presence” hê in die haglike plekke wat hulle wil transformeer. Sy is ook van mening dat die kerk moet wegbeweeg van ‘n “events” georiënteerde benadering (“kom ons hou ‘great events’ wat mense sal trek”) na ‘n model waarin dinge organies groei met die samewerking en idees van almal betrokke-dis ook hoe die gemeenskapsetes benader word. “Presence” en “proximity” is woorde wat ek oor en oor by haar gehoor het. Haar diep liefde vir die Here is ooglopend en treffend.
Matt Wilson
“Hoodies” is die kodewoord vir die sosiale laerklas van Brittanje. Matt was betrokke in bedieninge wat probeer het om hierdie “hoodie-tieners” met die evangelie te bereik, hoofsaaklik deur programme. Hy het daar ‘n geweldige geestelike honger onder hulle opgetel. Dit was ‘n generasie wat dikwels nog nooit Jesus se geboorte verhaal eers gehoor het nie agv van ‘n verskeidenheid van faktore. Hulle het besef dat dit eenvoudig nie genoeg sou wees om net die evangelie te deel nie. Wat hulle nodig gehad het was om fisies in hierdie arm gemeenskappe te gaan bly en “faith communities” te plant. Hulle het sukses daarmee gehad en het dit gaan “copy” in ander probleem areas. Hulle spesialiseer dus om Christene te gaan plant in probleem areas wat op so ‘n manier hulle getuienis uitleef dat dit mense lok en die haglikheid in die konteks verander.
Matt voel sterk daaroor dat ons mense volgelinge van Jesus moet maak en nie volgelinge van ons kerkkultuur nie. Hy som sy benadering op deur twee frases: “Jumping Sharks” (neem risiko’s) en “Sleighing Cows” (skiet die heilige koeie!). Wat sy werk hom geleer het is dat nie net die medium (die verpakking) waarin die evangelieboodskap gebring word verander nie maar ook die boodskap self omdat dit so geweldig ryk is en in elke konteks ‘n byna onherkenbare vorm kan aanneem as jy die kultuur waarin jy dit plant nie ken nie. Hy gee dit ook hoog op vir sosiale verandering. Vir hom is dissipelskap nie om opleiding te gee in hoe om “Christen-dinge” te doen nie maar opleiding oor hoe om kontekste te verander-“It’s all about engaging with pockets of deprivation in an incarnational way”. Hy sê kerke moet altyd onthou daar is ‘n verskil tussen ‘n “servant” en ‘n “service provider” en pasop vir te veel professionele “ministries”. Kerke se nuwe fokus moet nie “chrurch growth”wees nie maar “community change”!

Mark en Sia (swart predikant uit SA)
‘n “Pioneer Angligan Priest”, deel van ‘n anders-denkende groep Anglikaanse geestelikes wat hulleself “Fresh Expressions” noem en eksperimenteer met nuwe uitdrukkings van geloof (soos jy uit die naam kan aflei). Ook hy was op ‘n lang “sendingreis” deur Suid-Afrika se groot stede waar hy God op nuwe en opwindende maniere gesien werk het. Grondvlak dissipelskap vir openbare veranderinge en “events” is sy passie. Hy beskryf sy benadering as die middelpuntvlietende (missionele, na buite gerigte) krag in sy kerk.
Mark het verduidelik hoe belangrik dit is vir die kerk om sy relasionele kapitaal in ‘n gemeenskap op te herwin. Ons moet baie meer energie instoot in verhoudingsbou en dit ‘n prioriteit maak voor ons dink om projekte in ‘n gemeenskap aan te pak.
!2:00 besoek ons Ian Mobsby se kerk. Hy is die skrywer van die boek “Emerging and Fresh Expressions of Church”. Ons besoek daarna die Sint Pauls katedraal en woon vroegaand ‘n kort diens daar by.
Donderdag 15-Apr
Ons het gesprekke met “Fresh Expressions”, se Bob Franklin van Nieu-Seeland, van die Anglikaanse kerk. (http://www.freshexpressions.org.uk/) asook biskop Graham Cray een van die hoof biskoppe in die Anglikaanse staatskerk, in Engeland en die een ontwikkelaars van “Fresh Expressions” vanaf 08:30 – 14:00. Slegs 7% van die Anglikane gaan nog kerk toe. “Contextual Ministeries” en ‘n “Mission shaped church” is weer nodig om die mense binne hulle bepaalde konteks aan te spreek. Daar moet weer op alle vlakke van die samelewing en menswees hoop geskep word. Diversiteit moet ook gevier en verreken word. Die “dying to live” beginsel moet weer toegepas word.

Die kerk moet weer leer om te luister:

Na die Gees
Na die gemeentelede (scattered or gathered)
Na die gemeenskap, kultuur en konteks

SA Gemeente in London en kom reeds 16:00 by hulle kerk in Cherry Lane aan. Ds Dawie van Vuuren en sy span lig ons volledig in oor hulle werk en die unieke uitdagings. Ons eet saam en vertrek om 22:00.

Vrydag 16-Apr
Nigel Coles en David Shosanya, ook betrokke by die “Partnership for Missional Churches”, by “Kings Cross Baptist”, vanaf 9:00-12:30.

Sea Bulela
Grootgeword in ‘n gesin van 12 kinders. Sy pa was ‘n myner maar ook ‘n leier in ‘n “African Independent” kerk. Hy was min by die huis en hulle was baie arm. Het later probleme begin ontwikkel oor die on/nie-Afrika manier waarop Jesus geskets is en hoe sy kerk glad nie met die “social ills engage” het nie. Hy is vir sy anti-apartheids bedrywighede in die tronk gegooi. Die speurder het ‘n Bybel in sy hand gedruk. Dit het hom vir lank ‘n renons gegee in godsdiens totdat hy wat hy beskryf as ‘n bonatuurlike ontmoeting met God gehad het wat sy lewe verander het. Sy lewensvreugde en entoesiasme is ooglopend. Hy het eventueel ‘n priester geword in Edinburgh en die kultuurskok was vir hom groot. Skielik was daar homoseksuele mense in sy gemeente en soortgelyke dinge wat hy onversoenbaar gevind het. Dit het hom op ‘n pad gesit waarop hy weer moes dink oor die manier waarop hy die evangelie verstaan het. Vandag is hy ‘n baie suksesvolle kerkplanter in Manchester. Sea het nie self gepraat nie en gewoon deelgeneem aan die gesprek.
Ian Mobsbey
Ons het die middag hierdie interessante Anglikaanse priester besoek. Hy het ‘n bediening met die naam “MOOT” wat ‘n passie het vir mense wat geïnteresseerd is in spiritualiteit maar nie in godsdiens nie. 70% van die mense in sy bediening het geen kerk agtergrond nie en 30% is sg. “dechurched” m.a.w het een of ander vae “memory” van die kerk wat nie aangeneem is nie. Hy wou in plaas daarvan om die kerk aan te val oor waar hulle gevaal het eerder met alternatiewe eksperimenteer. Hy het die moeilike pad gestap om die Anglikaanse leierskap te oortuig van die legitimiteit van sy benadering en uiteindelik ondersteuning gekry. Hierdie ou gee baie goeie insig in hoe ‘n mens te werk gaan om jou hoofstroomkerk se ondersteuning vir ‘n missionêre model van kerkwees kan kry.
Alhoewel mense se deelname aan godsdiens dramaties afneem vergroot hulle honger na spiritualiteit by die dag. Hy beskryf die era wat ons ingaan as “post-secular”. Mense voel leeg en ontnugter veral na die resessie en het ‘n nuwe honger vir spiritualiteit. Dit word teweeg gebring deur “consumerism” en die informasie tegnologie wat mense ‘n verlange gee na iets transendents. Op Woensdae aande kom daar byvoorbeeld ‘n groep bankiers by hom bymekaar wat ‘n gesprek voor oor spiritualiteit. “An age of holistic spirituality” is die groot epog verandering waarby die kerk hom moet aanpas.
Die hoof sosiale veranderinge hier onder mense is:
Globalisasie-mense kom van oral oor. Hierdie tendens is akuut in groot stede maar te wagte reg oor die wêreld.
‘n Toename in geestes ongesteldheid en dwelmgebruik-Mense “cope” nie en hanteer dit op die verkeerde manier
Individualisme-elkeen vir homself
Vriende word die nuwe familie omdat mense ver van hulle families woon
“Network-society”- mense het netwerke vir al hulle behoeftes
Mense kry veel later as gewoonlik eers kinders. Generasiegaping tussen ouers en kinders raak baie groot

Daar is vier groepe “seekers” in London:
“Mystical questers”- wat opgaan in kristalle en sterre ens.
“Restoritive questers”- wat vanweë probleme soos verslawings en gesinskonflik spiritualiteit begin verken. Hierdie is ook die grootse groep
“Displacement deniers”- wat ontken dat hulle ‘n geestelike vakuum ervaar en opgaan in stokperdjies en deur hierdie stokperdjies transendente bevrediging kry
“Post-religious reconstructors”- wat verby die tradisionele godsdiens kyk en hulle eie aanvaarbare godsdiens rekonstrueer.

God roep ons om die evangelie na al hierdie groepe toe te neem. Daarvoor is baie verskillende vorme van kerk nodig. Party hiervan is ver buite ons verwysingsraamwerk. Ian hulle byvoorbeeld het ‘n stalletjie by die jaarlike “mind body and soul fare” waar al wat fortuinverteller en Boeddhis is. Daar bring hulle Bybelse waardes op uniek wyses. Daar is byvoorbeeld ‘n tegniek wat hulle gebruik bekend as die “Jesus – deck”. Dit is ‘n pak kaarte met kunswerke uit tonele in die Johannes evangelie op. Hierdie kaarte word voor ‘n persoon uitgepak in fortuinverteller styl. Die persoon moet dan wys watter toneel resoneer met wat tans in sy lewe aangaan en so lei dit dan tot ‘n gesprek oor die betkennis van die gedeelte vir sy lewe-baie kreatief hê! In die nuwe benadering moet ons wegbeweeg van ‘n “either/or” na ‘n “both/and” styl. Mense is meer geïnteresseerd in wat werk as wat waar is. Soos daar voor die drukpers ‘n pre-woord kultuur in die kerk was van beelde, multi sensoriese ervarings en belewenisse, is daar nou met die internet en die visuele tegnologie ‘n post-woord era waar mense meer op prente en belewenisse ingestel is as op monoloë en tekste. Daarom spreek van die vroeë gebruike en simbole van die kerk mense weer aan. Waar ons eers met ‘n “Believe-behave-belong” paradigma gewerk het, moet ons nou begin werk met ‘n “belong-believe –behave” paradigma. Ons moet mense eers laat deel voel en sodoende ‘n veilige ruimte skep waarin hulle, hulle geloof kan uitwerk/vind of definieer en dan prakties kan uitleef. In die ou paradigma het ons vooraf van mense verwag om in te koop op ons geloofsisteem en dogmas, hulle dan gevra om daarvolgens te lewe en eers dan werklik in die gemeenskap van gelowiges verwelkom.

Die kerk bestaan volgens hom uit drie sfere: “Worship, Community en Mission”. “Worship” het ons oorbeklemtoon ten koste van “community and mission” en dit het tyd geword om die balans te herstel. Hy beklemtoon ook die belang daarvan om dissipels van Jesus te maak eerder as volgelinge van ‘n kerk se manier van doen. ‘n Sterk klem op die Triniteit as motivering vir sy benadering was deurgans sigbaar.
Saterdag 17- Apr
Vertrek per trein na Birmingham na ons hotel – Plough & Harrow hotel
Die aand en Sondag is ons saam met Martin Robinson (http://togetherinmission.co.uk/)

Die kern van sy boodskap was: Leierskap is belangrik, bou van verhoudings en die verwelkoming van die vreemdeling. Dit is vir kerk moontlik om groep mense te mobiliseer wat ‘n verskil kan maak.

“Consumerism” is besig om al meer stoom te verloor en die kerk moet weer betrokke raak en “connect” met die gemeenskap. Iets daarvan kan gevind word in die ‘Ancient /future” implementering van die bepaalde boodskap

Die kerk moet sisteme in plek kry waarmee hulle sukses meet ( dissipelskap is die fokus en nie hoeveel mense kerke toe kom nie). Die kerk moet buiten die sisteme wat in plek gekry behoort te word ook bewus wees van die kultuur en die droom van die mense waar hulle funksioneer

Sondag 18-Apr
Woon verskillende eredienste in Birmingham by

Maandag 19-Apr
Vertrek per trein na Oxford, ons bly oor in die “Express By Holiday Inn Oxford- Kassam” hotel.

Jonny Baker
CMS om 14:00 by CMS se kantore. (Sien www.cms-uk.org).
Jonny werk vir die CMS (Christian Mission Society) in Oxford. Die geloofgemeenskap waarvan hy die leier is, “Grace”, probeer om ‘n derde weg te vind. Daarmee bedoel hy dat daar gewoonlik een van twee opsies vir die kerk is. Een is tradisioneel, hoog kerklik en die ander charismaties laag kerklik. Hulle byeenkomste is baie interaktief. Dit is snaakse vermenging van die “ancient” en die moderne. Die artistieke speel ‘n groot rol in hulle benadering. Jonny het sy eie webtuiste waar ‘n mens sy idees en liturgie materiaal kan aankoop (proost.co.uk) Hy slaan verbeelding se rol in gestuurde kerkwees geweldig hoog aan.
Hy het gepraat oor hoe verandering plaasvind. Daar is in enige veranderingsproses, die sg. “early adapters”. Dit is die ouens wat die visie sien en dadelik inkoop. Dan is daar 40% “slower adapters” wat later bykom. ‘n verdere 40% vat baie lank om te verander en die laaste tien persent kan dan beskou word as die non-konformiste wat nooit sal verander nie. Ek het hierdie model al gesien maar dit was goed om daaraan herinner te word. Die volgende aanhaling het my ook diep getref:
“At a time of substantive change the church of England needs to learn to be more an anticipation of God’s future than a society for the preservation of the past. Perhaps our greatest need is of a baptism of imagination about the forms of the church”.
Sy ander “slogans”: “Creativity, Participation, engage, risk”; “Never call anothers light darkness” “sin is the last truth to be told”.
Die aand het ons ‘n “sendinghuis” besoek wat CMS in Oxford geplant het. Die beste manier om dit te verduidelik, is om te sê dit is ‘n studente huis maar daar is ‘n hele paar belangrike verskille… Die inwoners beoefen wat hulle noem “intentional missional living”. Hulle motivering is om saam ‘n getuienis te wees deur die manier waarop hulle saamlewe. Hulle bly in ‘n groot huis. Hulle is 8 persone maar kry ook gereeld gaste. Daar is twee getroude paartjies onder hierdie 8 en beide het kinders. Hulle eet elke aand saam en daar is sekere ander aktiwiteite wat hulle saam doen. Elkeen het verantwoordelikhede. Almal help mekaar. ‘n Mens kan die warmte en liefde aanvoel. Hulle is ook baie ekologies ingestel en spaar waar hulle kan. Hulle hou inligtingsaande by hulle huis vir mense in hulle straat rakende omgewingskwessies wat dan sommer as geleentheid gebruik word om vriendskappe te bou. Ons het hulle lank uitgevra oor die pro’s en cons van alles wat hulle doen en sommer baie lekker saamgekuier.

Viva ‘n Christelike organisasie wat reg oor die wêreld hulle beywer vir kinderregte en mense uitstuur om letterlik kinders se lewe te red. ‘n Voorbeeld is in Kambodja waar meer as ‘n duidend kinders ‘n dag in “sweatshops” of bordele ingespan en uitgebuit word. Die hoof van hierdie organisasie is ‘n Deen en dit is bemoedigend om sy lewensvreugde en liefde vir Jesus en sy kerk te sien.
Chris Woo. Die aand vanaf 19:00 tot 22:00 besoek ons Chris Woo en 244 Iffley Road – ‘n gemeenskapsendingprojek.
Dinsdag 20-Apr.
09:00 by Sas Conradie, ‘n Suid-Afrikaner wat in Oxford woon en werk. Ons bring die dag deur saam met hom. Hy stel ons bloot aan CMS ( Christian Mission Society) en Prof Wang van Korea en Philip, ‘n swart sendeling van Barkino Faso in Afrika. Daarna vanaf 16:00 besoek ons ‘ n organisasie met die naam VIVA Equip en gesels met die Deense sendeling Patrick en Justene, ‘n Suid-Afrikaanse meisie wat hier uitreik en werk.
Woensdag 21 Apr.
Die dag word grotendeels opgeneem deur reis. Ons vertrek na Heathrow en is een van die eerste vlugte wat uit Engeland vertrek nadat hulle die lugruim om 13:00 geopen het. Alle vlugte in VK en dele van Europa word vanaf 13:00 hervat na amper ‘n week! Ons vlieg saam met 14 ander persone, dus 30 mense, in die grote Boeing 747, wat plek het vir 180 mense na Schiphol in Nederland. Ons vertrek na Utrecht en bly die volgende paar dae daar in die “Guesthouse” van die Protestantse Kerk in Nederland.
Donderdag 22 Apr.
Goes. Vertrek na Goes in Zeeland vir die hele dag en sluit aan by Hans van Ark en Nynke Dijkstra van “Missionair Werk en Kerkgroei Protestantse Kerk” waar ‘n byeenkoms van die “Missionaire Ronde” ( sowat 18 Nederlandse predikante) plaasvind. Hy verduidelik van die Modelle 30 wat deur/in die PKN (Protestantse Kerk van Nederland) ontwikkel is. Die middag is ‘n byeenkoms van predikante en die aand kom lidmate en kerkraadslede by. Ons vertrek 22:00 terug na Utrecht. Www.pkn.nl/missionair

Vrydag 23 Apr.
’n Gesprek met Marc v d Woude en Nico Dirk van der Louw van “DAWN European Network” (Vennote van Alan Hirsch).

www.simplechurch.eu
www.dawneurope.net
www.emergingnetwerk.nl
www.postgereformeerd.nl
www.Ploeterenenpionieren.nl
www.gemeentestichting.nl

“Emerging” = protes teen verstarde kerkvorme
Netwerke is belangrik
10% kerk is missioner van alle kerke
Bestaande kerke kan skuif maar soms ongelukkig net tot op ‘n bepaalde punt:
“Simply church” plant
“small is good” tussen 3 en 20 mense
“very relational/food is important”, kos is belangrik “itchen table or cafe”
“no paid clergy”
“no church building”
“church happens everywhere”
“not place where you bring people but to be with people”
“missional”
“multiplicable

As jy begin, begin met ete
Baie “online communities”
www.joelnews.org – internet wat gebeur vandag
Waarom vicar – as vrou nie erken nie en my gawes nie gebruik nie, jong mense wat beweeg van kerk na vicar

Vrydag middag: Proff’e: Jan v d Watt en Petre Nissan van die Universiteit Nijmegen.
Geen land in Europa waar die getal kerke besig is om te groei nie
Reformasie kan weer die manier word waarop ons kan reageer

Redes waarom mense uit die kerk gaan:
Meer modernisties in hul leefstyl
Meer indiwidualisties
Meer geskool
Meer mobiel/beweegbaar

Van Staatskerk na straatkerk ( kerk het 4 funksies wat hy gaan vervul):
Godsbeeld van persoon na mag/God gebeur, nie mag nie
morele funksie
wêreld ekumene
straatkerk diensbaar aan lokale

Saterdag 24 Apr.
Ontmoeting met Proff’e. Rein Brouwer en Henk de Roest van die Nederlanse Universiteit van Utrecht vanaf 09:00 – 13:00. Beide is bekende teoloë in Suid-Afrika en skrywers van verskillende boeke.

Sondag 25 Apr.
Ons vertrek om 15:45 op vlug MS 758 na Kaïro en Johannesburg. Aankoms in Johannesburg om 8:00 Maandag oggend.