{ARGIEF}



Gestuurde gemeentes is…

Gemeentes  wat hulle bediening wil  fokus op dit wat God besig is om in die wêreld te doen

Bootjie1

Daarom is hulle bewus…

  • van hulle konteks.  Hulle weet dat Christendom- die tyd van ‘n kerk met mag-aan die verdwyn is.  Hulle nie verwag dat almal rondom hulle Christene is nie.  Hulle kan die vraag Waar is ons? beantwoord.
  • dat die Bybel en gebed hulle as individue en gemeente vorm soos wat hulle deelneem aan God se sending. Hulle laat God se Gees deur hulle werk en hulle bemagtig om risiko’s te neem ter wille van die Evangelie. Hulle is besig om die vraag Wie s’n is ons? te beantwoord.
  • van hoe God rondom hulle en in die wyer wêreld besig is. Hulle leer meer van God se sending van die verlossing, herstel en versoening van die wêreld deur Jesus Christus. Hulle kan antwoorde gee op die vraag, Wat is God besig om te doen?
  • dat God deur sy Woord en Gees met die gemeente praat. Daarom weet hulle hoe om te onderskei en te luister na God se spesifieke roeping vir hulle. Hulle ken hulle gestuurde roeping en is bereid om daarop met dade te reageer. Hulle is besig om oor grense heen uit te reik ter wille van die Evangelie. Hulle kan die vraag, Hoe is God besig om ons te stuur beantwoord?
  • van hulle roeping om  ‘n teken en ‘n voorsmaak van die toekoms wat God vir die hele wêreld is wees. Hulle lewer getuienis van Jesus Christus in hulle uitreiksoos wat hulle ander uitnooi om burgers van God se koninkryk te word. Wanneer hulle saam as gemeente  is, is hulle ook ‘n getuienis van die Evangelie. Hulle is besig om die vraag, Hoe is ons as kerk nou besig om te lewe volgens die patron van God se toekoms? te beantwoord.