{ARGIEF}

Thom Rainer en sy span het navorsingsmateriaal van 50 000 gemeentes
in die VSA gebruik om die karaktereienskappe te identifiseer wat
gemeentes gehelp het om merkwaardig te groei. Die projek is geïnspireer
deur die boek “Good to great” van Jim Collins. Slegs 13 gemeentes is
geïdentifiseer wat ’n plato of afname beleef het en daarna gegroei het
sonder dat die leierskap verander het.

Die vraag is:”Wat het aanleiding tot die groei gegee?” Hoe het
hulle die sprong gemaak terwyl 90 percent van die vergelykende
gemeentes dit nie kon regkry nie? Die span het die groeipatrone,
geskiedenis en leiers bestudeer om te bepaal wat die groei voorafgegaan
het en wat aanleiding tot die groei gegee het.

Faktore wat na vore gekom het was onder andere:

• ’n nederige, moedige en passievolle leier wat bereid is om stappe
in die geloof te neem wanneer ander nie daarvoor kans sien nie;
• leiers wat daarna strewe om ander toe te rus vir die bediening,

• ’n gemeente wat ’n kultuur van uitnemendheid(excellence) ontwikkel,

• visie word bepaal deur te fokus op die snypunt van die leiers se
passie, die nood van die gemeenskap en die gawes van die gemeente

Die boek verskaf beginsels en voorbeelde hoe leiers hulle gemeentes
kan help om ’n sprong te maak van middelmatigheid na uitnemendheid.