{ARGIEF}

Pat Taylor Ellison en Pat Keifert sê oor Wandel in die Woord die volgende:

“Ten tye van die skryf van hierdie boekie, kan ons na 18 jaar van samewerking in klaskamers; in optredes tydens groot kerkbyeenkomste; in tye van afsondering saam met personeellede van gemeentes; en gedurende konsultasiegeleenthede reg oor die wêreld, onomwonde verklaar dat die mees innoverende ding wat ons aan mense kon bekendstel, die gewoonte is wat ons noem die “Wandel-in-die-Woord.”

Ons het in die proses ’n magdom materiaal ontwikkel en geskryf oor klein groepe as ’n manier van gedeelde kerk wees; oor konflik as die energie wat missionale kerkwees aanvuur; oor die gedeelde reis van die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes as ’n weg vir gemeentes om in vennootskap met andere hul missionale roeping geestelik te onderskei en te ontdek. Ons het selfs metodes voorgestel oor hoe gemeentes die internet en aanlynhulpmiddels kan gebruik om ’n kerk se geskiedenis, kultuur en roeping tot naastediens te ontdek en te verstaan.

Maar alles in ag genome is ons daarvan oortuig dat geeneen van die bogenoemde die toets van die tye so goed sal deurstaan as die gewoonte om te Wandel-in-die-Woord  nie.

Die seëninge wat beide van ons in hierdie proses van samewerking ervaar het, is verbysterend.

Die vennote wat die Here wêreld-wyd aan ons in die proses hiervan geskenk het, het ons lewens verryk en ons begrip en insig verruim en verryk ten opsigte van wat dit beteken om kerk te wees in ’n magdom van verskillende plekke, kulture, klimate en tale.”