Die NGK gemeente van Somerstrand in Port Elizabeth het in 2007 ‘n kwartaal lank stilgestaan by gestuurdheid. Deel daarvan was ‘n reeks oor die 8 Gestuurde Patrone wat oor ‘n tydperk van 2 weke, 3 Sondae met 5 aande van ‘n Sendingweek, gelewer is.
Hier is ‘n oorsig van die preekreeks.
Hieronder is die titels van die reeks, met 5 van die preke wat reeds afgelaai kan word.
Dit is uiteraard baie spesifiek gemik op die gemeentestorie, maar steeds bruikbaar as vertrekpunt vir prediking hieroor.
Somerstrand is ‘n Gestuurde Gemeente
As Gestuurde Gemeente leer ons om:
Sondagoggend 22 Julie 09:00
ons missie te onderskei
Sondagoggend 29 Julie 09:00
deur die Bybel gevorm te word as dissipels
Sondagaand 29 Julie 18:30
risikos te neem as alternatiewe gemeenskap
Maandagaand 30 Julie 18:30
God se bedoeling met die wêreld te demonstreer
Dinsdagaand 31 Julie 18:30
eredienste te hou wat ‘n openbare getuienis is
Woensdagaand 1 Augustus 18:30
afhanklik te lewe van die Heilige Gees
Donderdagaand 2 Augustus 18:30
die koninkryk van God te laat kom
Sondagoggend 5 Augustus 09:00
die gesag van ons missie te aanvaar