{ARGIEF}

 ʼn Unieke geleentheid

Ons nooi u graag ʼn unieke konferensie.

Die Suider Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG) het 5 jaar gelede tot stand gekom en sedertdien het ongeveer 200 gemeentes van ʼn verskeidenheid van denominasies en kontekste aan die geloofsonderskeidende reis begin deelneem. Baie ander gemeentes in ons konteks het begin om te eksperimenteer en te innoveer om vanuit ʼn gestuurde roeping te leef. Vir die eerste keer gaan gemeentes uit al die verskillende streke bymekaar kom om na mekaar se verhale te luister.

Na 5 jaar het die tyd nou aangebreek om na te dink en te onderskei oor die pad wat die Here met ons gekom het.  Geloofsonderskeidend gaan ons verhale vertel, ons innoverings met mekaar deel en ʼn gesamentlik soek na die pad vorentoe as gestuurdes in Suider Afrika.

Dit is ook ʼn geleentheid om dankie te sê en waardering uit te spreek vir die werk van Prof Pat Keifert. Prof Keifert is ons eregas en ʼn manier waarop ons vir hom dankie sê vir die pioniers werk wat hy in Suider Afrika gedoen het om die gestuurde visie op grondvlak in gemeentes te vestig.

Deelnemers aan die konferensie kan verwag om…

·        verhale uit die hede en die verlede van gemeente en leiers te hoor wat ons gestuurde verbeelding sal verryk,

·        blootgestel te word aan gestuurde innoverings wat gemeentes self ontwerp om in geloofsonderskeiding nuwe geloofsgemeenskap te help skep

·        ons gaan saam ontdek hoe die Here reeds besig is om  gemeentes beweging te bring in ons konteks

·        deelneem aan ʼn geloofsonderskeidende gesprekke oor hoe en waar die Drie-enige God besig is om nuwe geloofsgemeenskappe te vestig in ons konteks

Konferensie met ʼn deelnemende styl

·        die hoofsprekers van die konferensie gaan gemeentes en gemeente-leiers wees. Ons gaan rustig en diep na mekaar luister en die Here om so by mekaar te leer waar die Here deurbrake na gestuurdheid aan ons as ʼn geskenk gee.

·         Die Navorsingspan van die Vennootskap het vooraf na talle gemeentes se verhale geluister en nuwe ontdekkings gemaak oor die unieke manier waarop die gestuurde roeping in Suider Afrika gestalte kry. Die Navorsingspan gaan uit hierdie verhale vir die eerste keer poog om die patrone vir Gestuurde Gehoorsaamheid in Suider Afrika te identifiseer.

·        Ons gaan saam poog om raak te sien hoe die Gees besig is om gemeentes te transformeer in ons konteks.

·        Ons gaan saam wandel in Lukas 24 die verhaal van die Emmaus gangers en

·        ʼn uitgelese groep van buitestaanders gaan luister na ons verhale en hulle indrukke met ons deel.

  

Geloofsonderskeiding van fokus op wat God onder ons aan die doen is in Suider Afrika

Waarnemings wat die navorsingspan reeds gemaak het is dat …

·       Daar is ʼn nuwe taal onder  ons gebore is wat ons nuut help dink en praat en doen het oor God, gemeentes, onsself maar veral die gemeenskappe waarbinne ons leef.

·       Die Here het leiers geleer om op verskillende maniere mag af te lê en die septer neer te sit

·       Ons het geleer dat ons planne soepel genoeg moet wees sodat ons kan leef binne die onvoorspelbare bewegings van die Gees

·       Leiers begin al hoe meer leer om tyd te maak vir geloofsdissiplines om oop te wees vir die verrassende manier waarop God werk

Hoe het die navorsing ons persoonlik geraak?

·         Dit is doodgewoon een van my aangename bedienings-ervarings en iets wat my energie en hoop vir die pad vorentoe gee!

·         En ek voel soos Kleopas se onbekende, naamlose vriend(in) wat so gelukkig was om met julle te kon saamloop en saam te ervaar hoe ons in die ernstige gesprekke om sin te maak uit al die gebeure, sommer net so skielik verras word (herhaaldelik!) deur Jesus wat regtig opgestaan het en leef….!

·        Ek het ook meer as ooit besef hoe Hy in ons land pynlike werklikhede in gulde geleenthede omskep; waargeneem dat Hy stilweg, skaars sigbaar, maar kragtig in gemeentes werk om sy kerk te vernuwe en sy koninkryk te bou in ons verwarde tyd en wêreld; watter verrassende geskenke Hy uitdeel wat ons op die reis kan gebruik; hoe Hy roep en stuur en gewillig maak om dié getuienis met ons geloofsgemeenskappe te gaan deel.

·        Ek voel geseënd, of dinge meer in plek geval het in my kop en gemoed, maar meer nog,  ek voel ge-energeer deur die nuwe insigte wat na vore gekom het.- my hart het warm geword!  Dankie aan elkeen van julle se bereidheid om saam te wandel in Lukas 24 en in die lewens van die gemeentes saam met wie ons op reis is.

·        Ek Beskou dit ook as een van my vormende ervarings. 

Konferensie Program

Maandag 9 November

09:00   Registrasie en koffie

10:00   Verwelkoming en Opening Andrew Esterhuizen (Voorsitter SAVGG)

10:30   Erediens van lofprysing, wandel in die woord en nagmaal

11:30   Die ontvouing van die Gestuurde Roeping in Suider Afrika: Ons pad tot hier

            (Inleier Frederick Marais)

13:00   Middagete

14:00   Deurbrake na gestuurdheid- ons verdeel in kleiner groepe om na verhale van  gemeentes te luister

                (ons hoop om aan +- 20 gemeentes geleentheid te gee om hulle verhale te vertel in kort sessies van 15 minute)

15:30     Koffie

16:00     Gesamentlike Geloofsonderskeiding: Hoe gee die Here deurbrake na gestuurdheid in gemeentes

17:30     Afsluiting : Lukas 24             

Dinsdag 10 November

08:30  Koffie

09:00  Erediens van lofprysing, wandel in die woord en nagmaal

           Om die Bybel as gestuurdes te lees (Inleier Marius Nel)

           Om te plons of nie te plons nie- wanneer gemeentes oor hulle grense

           beweeg (Inleier Danie Mouton)

13:00  Middagete

14:00   Gestuurde Innoverings: Ons verdeel in kleiner groepe en gemeentes kry geleentheid om ons bekend te stel aan eie innoverings ( ons hoop om aan +- 20 gemeentes geleentheid te gee om in kort 15min sessies bekendstellings te doen)

15:30   Koffie

16:00   Gesamentlike geloofsonderskeiding: Hoe is die Here besig om ons gemeentes te transformeer met nuwe bedieningspraktyke?

17:30   Afsluiting

Woensdag 11 November

08:30    Koffie

09:00    Die gestuurde roeping het my op ‘n persoonlike reis van transformasie  geneem: (Inleiers Theo Marais en Eben Morries)

10:00   Terugvoer van luisterspan ( Pat Keifert, Klippies Kritzinger, Xolile Simon en Japhet Ndhlovu)

11:00   Tee

11:30   Geloofsonderskeiding

12:15   Afsluitingsdiens Prof Pat Keifert

13h00  Verdaag

Uitnodiging

Ons nooi graag gemeenteleiers, predikante en navorsers in gemeentestudies uit na hierdie unieke geleentheid van Wandel in die Woord, refleksie, geloofsonderskeiding en viering. Ons glo die Drie-enige God is besig om in ons konteks unieke dinge te doen en dat dit hoog tyd is dat ons aandag gee aan wat God besig is om te doen sodat ons kan deelneem aan wat God reeds besig is om te doen.

Konferensiefooi: R300-00 (sluit ʼn spesiale konferensiejoernaal, koffie/tee, verversings en middagetes in)

Inskrywings en registrasie: Ansoné du Toit ( (021) 851 5582 Ÿ 9 086 606 3050 Ÿ ansone@nghelder.co.za

Volledige inligting is beskikbaar by  Divine Robertson of Frederick Marais ( 021-808 3265 Ÿ dr@sun.ac.za Ÿ www.communitas.co.za