{ARGIEF}

David Bosch het byna 20 jaar gelede met sy bekroonde werk Transforming Mission die weg gebaan vir ‘n nuwe visie vir gemeentes. Uit die werk van Bosch en ook Lesslie Newbigin  is daar in die neëntiger jare ‘n Missionale of Gestuurde visie gebore. Hierdie visie het die verbeelding van gemeente wêreldwyd aangegryp. Sedert 2003 het die Gestuurde Visie ‘n aantal gemeentes in Suider Afrika só geinspireer dat hulle vennootkappe begin vorm het en saam met Church Innovations mekaar begin ondersteun in die beliggaming van hierdie visie. Die Suider Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG) tot stand gekom. Ongeveer 200 gemeentes van ‘n verskeidenheid van denominasies en kontekste het sederdien aan die reis begin deelneem.

Na 5 jaar het die tyd nou aangebreek om na te dink en te onderskei oor die pad wat die Here met ons gekom het.  By hierdie konferensie gaan daar gefokus word op die beliggaming van hierdie visie:  Hoe lyk dit as die gestuurde visie geleef word in gemeentes in ons konteks?   Die gesprekke gaan “bottom-up” wees. Ons gaan leer van en by gemeentes wat op hulle eie of in vennootskap met ander deurbrake gemaak het in hulle poging om gehoorsaam te wees aan die gestuurde visie vir die kerk. Navorsers gaan ter voorbereiding van die konferensie uit hierdie verhale vir die eerste keer poog om die patrone vir Gestuurde Gehoorsaamheid in Suider Afrika te identifiseer. Ons gaan poog om so raak te sien hoe die Gees besig is om gemeentes te transformeer in ons konteks.

Die konferensie word gehou in erkentenis van prof Patrick Keifert wat intrumenteel was in die vorming van die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes in Suider Afrika. Prof Keifert en ander internasionale navorsers en kenners van Gestuurdheid sal die konferensie bywoon.

Uitnodiging

Ons nooi graag gemeenteleiers, predikante en navorsers in gemeentesudies uit na hierdie unieke geleentheid van Wandel in die Woord, refleksie, geloofsonderskeiding en viering. Ons glo die Drie-enige God is besig om in ons konteks unieke dinge te doen en dat dit hoog tyd is dat ons aandag gee aan wat God besig is om te doen sodat ons kan deelneem aan wat God reeds besig is om te doen.

Kontak gerus vir Frederick Marais 021-8083265 of jfm@sun.ac.za vir verdere inligting.


 

Conference note:

David Bosch published almost 20 years ago his watershed work on the Transforming of Mission. This paved the way for a new visien for congregational life across the globe. The work of David Bosch and Lesslie Newbigin provides the spark to congregations to from partnerships to support each other in the embodyment of the missional vision. Since 2003 a number of congregations took hands with Church Innovations to support each in the embodyment of the Missional Vision.

After 5 years on this exciting journey, it is time to gather and reflect and discern.The conference will focus on the impact of the missional vision  and practices on congregational live in our context. The conversation will be bottom-up. We are going to listen and learn from congregtions that embark on the yourney to missional embodyment.  A reasearch team will discuss their work and start to draft the first attempt to identify the patterns for missional embodyment in Southern Africa.

The conference is in honer of the work that prof Patric Keifert, has done in Southern Africa to establish the Partnership for Missional Churches in our region. Prof Keifert and other international partners of SAPMC will attend the conference.

Invitation

We invite congregational leaders, pastors and scholars in congregational studies to this unique event of Dwelling in the Word, Reflection, Discernment and Celebration. We believe that the Tri-une God is doing unique things in our context and that it is high time that we should give attention to God’s activity amongst us. This discovery will enable us to participate in what God is up to in Southern Africa.

Contact Frederick Marais for more information 021-8083256 or jfm@sun.ac.za