Leef die Gestuurde Roeping Konferensie – Stories van Gemeentes Vol. 1

Written by Gideon Kok on . Posted in Nuus

  • U moet asseblief net verstaan dat dit slegs kern-aantekeninge is wat deur die sprekers self gemaak is.
  • DVD’s kan bestel word van die Lewe die Gestuurde Roeping konferensie by Helderberg. Die volle pakket kos R150,00 posgeld ingesluit. Bestellings kan geplaas word by Sharon snaude@sun.ac.za of 021-8083381 Die DVD’s sal teen einde van November gepos word..
  • Hier volg volume 1 van 3

1.  SAMARITAANSE VROUE – NG PAARLBERG

Paarlberg is ‘n makrogemeente en tradisioneel baie bedrywig met ‘n klomp bedieninge. Dit het veroorsaak dat ‘n beplanningsnaweek van die Kerkraad vroeër altyd ‘n lang lys doen-goed opgelewer het (nuwe vol blaaibordvelle)

Een van die dinge waaroor ons, sedert ons aansluiting by die Gestuurde Gemeenteproses, baie vrae begin vra het, is geestelike leierskap.

Toe gebeur iets merkwaardigs tydens ‘n beplanningsnaweek in Februarie. 2009Johannes 4 is as teks gebruik en ons het gewandel in die Woord. Die naweek word toe só ‘n geestelike gesprek en belewenis dat ons ná ‘n Vrydagaand en Saterdagoggend huis toe is sonder enige lys met doen-goed.

Gedurende Augustus 2009 gaan ons toe weer weg vir ‘n Kerkraadsbeplanningsgeleentheid. Weer is daar nie veel “planne” om te wys na die tyd nie. Maar 2 belangrike uitvloeisels van dié naweek is:

  • Die predikantespan begin anders vergader – begin met aanbidding, deel dan uit ons eie bediening en kom eers by ‘n verdere “Agenda” uit ná geestelike onderskeiding oor waaroor ons behoort te praat.
  • Ons rig die Kerkraadsvergaderings ook min of meer soos die predikantevergaderings in. Die ideaal is om dit in te rig om meer te wees soos die twee beplanningsvergaderings van Februarie en Augustus.
  • Ná die aanbiddingsgedeelte vra die Voorsitter dan ook op ‘n punt spesifiek die vraag: “Waaroor dink julle wil die Here hê dat ons vir die res van die aand moet praat?”

Dit sou dan kon beteken dat sekere sake op die agenda nie hanteer word nie en dat daar wel gepraat word oor dinge wat glad nie eers op die agenda was nie.

2.  HANNES KOORNHOF – BEDIENING: KERNAANTEKENINGE:

Gedurende die 2000 Visieproses het ons ontdek dat::

  • kommissies werk nie, ou strukture werk ook nie meer nie.
  • Bedieningskoördineerder in proses om aangestel te word – dit is gestop.

Daar is besluit om ‘n proses te volg van netwerkbediening – “ministry” word toe die “bediening”.

  • ‘n Netwerkkursus is aangebied wat deur deur lidmate bygewoon is.

Ander bedieninge vind ook toe plaas.
Dit was “wonderlik” maar nie al die lidmate was betrokke nie.
Die oproep was “wees by jou gawe en passie” – maar dit was nie realisties nie.

LESSE WAT ONS GELEER HET:

1. HELP LIDMATE OM TE BESEF EN TE VERSTAAN DAT JOU BEDIENING IS DAAR WAAR JY LÉÉF!

  • Beoefen Dissipelskap in jou lewe en in jou verhoudinge.
  • Vestig BEDIENING in die gemeente.
  • Skuif oor hoe jy dink en dinge doen.

2. RITUELE IS BELANGRIK –

  • Byvoorbeeld ONS Kerkraad bevestig studenteleiers,
  • Hele gemeente staan op om lidmate in hul nuwe bediening te bevestig.

3.  UITDAGING:

  • Sisteem moet gemeente toerus in en vir hul bedieninge.
  • Kerkrade,  sê altyd JA vir bedieningsvoorstelle!!
  • Netwerkbediening lei en help proses met ander bediening.

VERANDERING HET GEKOM :

  • Toe die Kerkraad nie meer net op beheer gefokus het nie;
  • So is daar byvoorbeeld nooit weer baklei oor geld nie …
  • Dus – elke lidmaat moet ’n gestuurde word (Studente);
  • Binne konteks werk ons in seisoene (Onthou wat nou belangrik is, is dalk volgende jaar nie belangrik nie)

BEDIENING IS NIE DOEN NIE – MAAR WÉÉS!

3.  “KALUNGA”
DE WET STRAUSS

Op ’n dag maak die president van Namibië die uitspraak en sê “In Namibië aanbid ons voortaan net vir “Kalunga”.Hierdie uitspraak het tot groot ontsteltenis in NGK Gemeentes gelei.

Almal was baie ontsteld, behalwe Mariaan.

Mariaan is ’n agterkleinkind van Finse sendelinge wat in Namibië kom sending doen het. Sy het dikwels gehoor dat haar ma “Kalunga” gebruik het as Vambo-woord vir “God.”
Hierdie ontdekking lei tot verdere navraag deur die gemeente.

’n Swart  kollega verduidelik toe dat die Finne met hul aankoms besef het dat God reeds in Afrika teenwoordig is. Hulle het dus by die Vambo’s navraag gedoen oor hulle naam vir God en toe hul eie verkondiging van die Evangelie hierby aangesluit.

Baie van hierdie Finne het met Vambovroue getrou en uiteindelike heeltemal verinheems.

In die lig hiervan het die Gemeente hulleself begin afvra: “Het die President nie dalk tog ’n punt beet nie?”

Watter implikasie het Filippense 2 vir die manier waarop ons die Evangelie dra in Namibië?

Opgeteken: Gert Cordier

4.  DOMINEE’S WAT DINGE MOET AFLEER…
Ronald (Belhar-Oos VGK)

Dit was vir my absoluut bevrydend om te ontdek dat ek as Predikant nie al die antwoorde hoef te hê nie!

Mens moet besin oor jou rol as predikant.

  • Mense behoort nie nie afhanklik te wees van die predikant nie.
  • Ek moes dit “unlearn” om mense van my afhanklik te maak, want dit het ernstige implikasies tot gevolg (Gewildheid, gesondheid, ensovoorts.)

Insig het gekom toe ek besef het mense wat van predikante afhanklik is, beleef God “tweedehands.”

  • Ek moes “unlearn” sodat mense self ’n belewenis met God kon hê.
  • Mens kan “unlearn”as jy besef jy hoef nie vrug te soek nie. Dit is God se proses en dit is God se vrug.

Kyk wat is jou “default” en wees sensitief daarvoor.

Hoe hanteer jy “Skuldgevoelens”?

  • Dikwels dryf skuldgevoelens vir my as predikant en dan weet ek dat dit is tyd om weer na die basiese dinge toe terug te beweeg.


5   DIE VERHAAL VAN ZODWA
Gerhard van Tonder Noord-Kaap

Die verhaal speel af op ’n myndorp.

Die gemeente het geleidelik gemeenskapsgerig geraak en begin oopgaan.

In Junie 2008 – Bybelstudiegroep:

  • ‘n Vrou vertel daar van ’n buurvrou se sestienjarige seun wat aan ’n hartaanval beswyk het. Die vrou se naam was ZODWA, ’n Zoeloe-vrou.
  • Die Bybelstudiegroep besluit toe om vir Zodwa te gaan troos.
  • Die Dominee kom later daar en hy voer ’n pastorale gesprek met haar.
  • Toe die tyd vir die begrafnis aanbreek, besluit Zodwa om nie die tradisionele rouprosesse te volg nie, maar om die Christelike troosproses te volg.

Later sluit Zodwa by die betrokke Bybelstudiegroep aan.

  • Sy vertel toe vir die groep die storie van wit motorfietsryers wat op haar as sestien-jarige “gegwel” het en hoe sy as gevolg hiervan ’n diepe wrewel teenoor wit mense in die algemeen ontwikkel het.
  • Sy vertel toe egter ook dat hierdie Bybelstudiegroep deur hul optrede teenoor haar na haar seun se dood, haar skoon gewas het van haar wrewel teen witmense sedert die insident met die motorfietsryers.
  • Sy het ook die hele verhaal vir die Gemeente vertel.

Later is Zodwa opgeneem in die Gemeente en die Kerkraad het haar met ope arms ontvang.

Hierdie gebeure het die Kerkraad gehelp om regtig oor grense te gaan.

Tweede Storie:

  • Troosdiens in arm gebied
  • Ete daarna
  • Betekenis vir plaaslike gemeenskap = beduidend.

Beide hierdie verhale het ons gehelp in die proses van transformering na ’n gemeenskapskerk.

Trackback from your site.

Leave a comment