{ARGIEF}

2. Patrone van Gestuurdheid.

Daar is op die webblad vir die Vennootskap ʼn afdeling geskep vir die Gestuurde patrone.  Ons is besig om bronne en programme wat gemeentes kan gebruik ten opsigte van die patrone op te laai.

  • Indien julle gemeente programme of bronne ontwikkel het om ʼn spesifieke patroon in die gemeente te vestig, stuur dit asb. aan vir Gideon Kok by kokgj@vodamail.co.za sodat hy dit kan plaas.
  • Daar is reeds kort opsommings van die patrone en ʼn preekreeks van Somerstrand gemeente.

Ons sien uit daarna om op hierdie manier mekaar se vennote te wees.

3. GESPREK – Die bewegings van die Gees.

Daar is tans op www.communitas.co.za ʼn gesprek aan die gang oor die bewegings van die Gees soos wat gemeentes dit hierdie Pinkster beleef het.  Die eerste 5 bewegings is geplaas.

Jannie Swart is ook besig om op sy blog “Tussen-in” op www.communitas.co.za interessante boeke te bespreek oor die werk van die Heilige Gees.

4. KONFERENSIE : 9-11 Nov 2009 : “Beliggaming van die Gestuurde Visie.”

Die Vennootskap se leesspanne is besig om die leesverslae op te stel van 20 gemeentes wat reeds 5 jaar met die reis besig is.  By die konferensie in November gaan ons na die verhale van gestuurde transformasie luister en saam onderskei oor die wyse waarop die gestuurde visie gestalte vind in Suider Afrika.

Stuur asseblief hierdie nuus aan na soveel moontlik belangstellendes.

Frederick Marais
jfm@sun.ac.za
SAVGG Projekleier
Communitas Stellenbosch
(0)21 808 3265 of 0833801657